Die fossielrekord bevestig die Bybel

{jcomments on}Onderstaande met kommentare is gekopieer van facebook/kerkbode – http://www.facebook.com/kerkbode/posts/133952636739629.

Kyk ook:

 

Hennie Mouton -> Kerkbode

Die fossielrekord bevestig die Bybel

Sou die evolusiehipotese waar wees, en die geologiese kolom eintlik ’n tydskolom wees, behoort mens fossiele te kry wat ontwikkeling toon van eenvoudig heel onder in die kolom, tot kompleks heel bo. Maar dis nie die geval nie. Die diepste fossiele wat gevind word, dui op geweldig komplekse organismes. J Bergman noem die volgende in ‘The putative evolution of the animal eukaryote cell ultrastructure’, Creation Res. Soc. Quart. 35:221–231, 1999; p. 228:

“A preserved protistan (single celled eukaryote) apparently dated to 1.4 billion years old appears to have had well-developed organelles, confirming the lack of evolutionary development of these structures and that fully functional organelles were always present in eukaryotes.”

“Were always present” bevestig spesiale skepping soos geopenbaar in die Bybel, want dit impliseer dat vandat die eerste lewe bestaan het, dit kompleks was.

Sou evolusie waar wees, en mens kyk byvoorbeeld na die diereryk, behoort daar aanvanklik net een spesie te gewees het, want almal in die diereryk het tog een gemeenskaplike voorganger gehad. Soos tyd verloop het, en evolusie sy natuurlike gang gegaan het, behoort nuwe spesies wat al meer van mekaar verskil, ontstaan het. Later behoort hulle soveel te verskil het dat hulle aparte soorte gevorm het. Nog later soos die verskille al meer geword het, behoort verskillende families, ordes, klasse en stamme te gevorm het. Die geologiese kolom behoort dus hierdie evolusionistiese stamboom te wys met een stam, en dan al meer takke soos mens hoër op in die kolom kyk. Maar dis ook nie die geval nie. Feitlik alle dierestamme word in die kambriese lae gevind met feitlik geen in die pre-kambriese lae nie. Die “skielike verskyning” is so dramaties dat dit bekendstaan as die kambriese ontploffing.

Selfs tussen prokariotiese en eukariotiese vlakke is daar probleme.

WF Doolittle stel dit soos volg in ‘Uprooting the tree of life’, Scientific American 282(2):72–77, 2000:

“Many eukaryotic genes turn out to be unlike those of any known archaea or bacteria; they seem to have come from nowhere.”

[ http://creation.com/is-the-evolutionary-tree-changing-into-a-creationist-orchard ]

Die fossielrekord ondersteun dus nie die evolusiehipotese nie.

Al hierdie “skielike verskynings” bevestig die Vloed van Noag met gepaardgaande katastrofiese sedimentêre bedekkings.

Prof. Kobus van der Walt, wat elke Saterdagoggend op RSG praat, het nou die oggend in sy verdediging van evolusie beweer dat fossiele nooit uit plek in die fossielrekord gevind word volgens die evolusiemodel nie. Buiten die pasgenoemde kambriese ontploffing wat sy stelling klaar weerspreek, bestaan daar nog talle spesifieke voorbeelde wat wys dat hy hopeloos verkeerd is. Maar die evolusioniste se oplossing is eenvoudig om die periodes waar sekere organismes moes bestaan het, te vergroot en selfs te laat oorvleuel:

1.   Die selakant moes volgens die fossielrekord en evolusioniste se vertolking van die geologiese kolom, 65 miljoen jaar gelede uitgesterf het. Maar hulle is springlewendig in die vorige eeu ontdek. Sy bestaanstydperk is eenvoudig met 65 miljoen jaar verleng.
2.   Soortgelyk is ontdek dat die Wollemi-den nog steeds lewe en sy bestaanstydperk is in die vroeë 1990’s met 150 miljoen jaar aangepas.
3.   Hierdie en talle ander sogenaamde lewende fossiele plaas ’n groot vraagteken op die geloof dat die geologiese kolom as ’n tydskaal vertolk kan word.
4.   Haaie se eerste verskyning moes met 25 miljoen jaar vervroeg word.
5.   Landplante se eerste verskyning moes ook 25 miljoen jaar vervroeg word.
6.   In 2004 moes die eerste gevleuelde insekte met 80 miljoen jaar vervroeg word.
7.   In die laat 1990’s moes die eerste eukariotiese selle (het ’n selkern en sekere komplekse strukture) met 1 miljard jaar vervroeg word ten opsigte van vorige evolusionistiese denke.

[http://creation.com/fossils-wrong-place]

Hoe groter die mate van oorvleueling hoe minder ondersteuning bied die fossielrekord vir die evolusiehipotese, maar nogtans laat dit skynbaar min evolusioniste se geloof in hul vertolkings wankel. En talle teoloë hardloop maar net blindelings agter die huidige meerderheidsopinie van die wetenskaplikes aan.

Dis weer dieselfde probleem wat in Galileo se tyd bestaan het toe die Roomse kerk ook die meerderheidswetenskaplike opinie verdedig het.

 

Kommentare:

 

Ben van der Merwe ‎

“A team of Australian and British geologists have discovered fossilized, single-cell organisms that are 3.4 billion years old and that the scientists say are the oldest known fossils on earth.”

http://www.nytimes.com/2011/08/22/science/earth/22fossil.html?_r=1

 

Hennie Mouton

Indien hierdie aanspraak van Brasier genoegsaam aanvaar word, gaan evolusioniste maar net weereens hul tydperke van lewe rek, op dieselfde wyse wat ek hierbo met talle voorbeelde gewys het. Hierdie gaan moontlik dus nog ’n voorbeeld vir my argument word. Dis jammer daar word nie veel van die kompleksiteit van hierdie hopelike sel gesê nie. So die tydperkverlenging sal hulle waarskynlik doen ongeag hul eie verbasing oor die bevinding wat vorige evolusionistiese wyshede weerspreek, soos blyk uit die volgende:

“Their assertion, if sustained, confirms the view that life evolved on earth surprisingly soon after the Late Heavy Bombardment, a reign of destruction in which waves of asteroids slammed into the primitive planet, heating the surface to molten rock and boiling the oceans into an incandescent mist. The bombardment, which ended around 3.85 billion years ago, would have sterilized the earth’s surface of any incipient life.”

Die tydperk om die sogenaamde sterilisasie te oorkom, sal dienooreenkomstig maar net moet krimp. Spekulasie vier hoogty in die evolusionis se gedagtewêreld.

 

Jac de Villiers

Daar is iets wat my verskriklik verwar. Ewolusie ouens kla die kreasioniste aan vir mindless en mors hul verstand. As ek nou my verstand gebruik sonder die Bybel dan kan ek nie die storie glo nie. My verstand kan nie eers begryp hoe lank is 3.5 biljoen jaar nie. Wat sou die ewolsie ouens vir my se as ek nie dit kan glo nie omdat my verstand dit nie kan verwerk nie. Dis net onmoontlik om dit glo en ek is eerlik. Hulle sal seker vir my se glo dit net. Maar as christene se dit is baie meer realisties dat die aarde net rondom 6000 jaar oud is dan is dit glo blinde geloof.  Verder as ek nou na Young Island kyk wat biljoene jare oud lyk en almal weet dit het maar 40 jaar terug verskyn en ons se maar dis dan moontlik dat dinge baie vinniger oud kan word as die blinde modelle van die ewolusie, dan ketter ons nou. Ek weet net dat as ek myself uit my geloof boksie haal kan ek nie die storie glo nie. My verstand wil nie werk daarmee nie. Konklusie: ewolusie is n blinde geloof wat alle verstand te bowe gaan.

 

Hennie Mouton

Jac, die blinde geloof van evolusioniste word onder andere geïllustreer deur die volgende soos aangehaal uit https://www.glodiebybel.co.za/index.php/boeke-dvds-ens-m/61-boeke-kat/120-skepping-en-evolusie-onversoenbaar-hennie-mouton.html, bl. 167-168 **.

In 2005 is verslag gelewer dat sagte, veselagtige verbindingsweefsel en bloedvate in T. rex-bene gevind is. Dit is toevallig ontdek toe navorsers ’n T. rex-been moes breek weens sy grootte om in ’n helikopter te vervoer. Die been was nog grotendeels hol en nie soos gewoonlik met minerale opgevul nie. Die been is na die evolusionis dr. Mary Schweitzer gestuur omrede haar vorige bevindings in die verband. Sy het die weefsel en bloedvate ontbloot en verklaar dat:

• die bloedvate nog buigbaar was;
• in sommige gevalle die inhoud nog uitgedruk kon word; en
• van die sagte verbindingsweefsel nog heel elasties was.

(Enige normale vars been bestaan uit ’n matriks van harde been en sagte verbindingsweefsel.)

Schweitzer het daarna soortgelyke sagte weefsel in ander dinosourussoorte ook gevind. Weens haar evolusionistiese voorveronderstellings maak sy egter nie die logiese afleiding dat die dinosourusse onmoontlik 65 miljoen jaar oud kan wees nie, maar sy het haar verwonder oor die vermoë van die rooibloedselle en die weefsel om so lank te bly bestaan en die weefsel om sy elastisiteit te behou het. Haar aanvanklike opmerking in 1997 was die volgende:

It was exactly like looking at a slice of modern bone. But, of course, I couldn’t believe it. I said to the lab technician: “The bones, after all, are 65 million years old. How could blood cells survive that long?”

Dit wys net hoe oorheersend die voorveronderstelling van miljoene jare in evolusioniste se vertolkingsvermoë ingeweef is. Inderwaarheid is voorafgaande baie sterk getuienis dat hierdie dinosourusse op die meeste ’n paar duisend jaar oud is, en waarskynlik nog heelwat jonger.

** Skepping & Evolusie – onversoenbaar! – Hennie Mouton

 

[Ek het lankal besluit dis waarskynlik nie die moeite werd om vir Uri Bekker te probeer antwoord nie.  Onderstaande is een van sy tipiese onsinnige kommentare.  Dis strydig met die Bybel, met skeppingswetenskap en selfs met die evolusiehipotese.]

 

Uri Bekker

Evolusie vind wel “in” die mens plaas ; sy gees onwikkel. As dit nie so was nie, was ons nou nog soos prehistoriese grotbewoners. Die idee dat die mens uit die dier ontstaan is ’n totaal verkeede interpretasie van evolusie. Dis presies omgekeerd ! Diere het uit die mens ontstaan.

Soos die mens se gees evolueer verbreed sy uitkyk op die lewe wat later die geestelike realmes weereens sal insluit maw hy word meer goddelik. Die probleem met wetenskaplike intepretasie is dat hulle vanuit die huidige matrialistiese miljeu na die verlede probeer kyk maar die aarde is nou baie meer solied as sê 10000 jaar gelede toe daar nog “sagte” gedeeltes was. Ons kan daarom gladnie op wetensaplike bevindings staatmaak nie omdat dit verkeerde aannames maak om mee te begin.

Die mens is nou ongeveer ontwikkel to op ’n stadium waar die volgende rangorde wesens genaamd ; Engele, 15000 jaar gelde was.

Sien Steiner.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui