Debat met fisioloog

Die volgende e-pos debat was tussen Daniel Louw en iemand met ’n fisiologie-agtergrond. Fisiologie is die wetenskaplike studie oor die funksie van lewende wesens. Dit sluit in hoe organismes, orgaansisteme, organe, selle, en bio-molekules die chemiese of fisiese funksies uitvoer wat in ’n lewende stelsel bestaan. Dus behoort hy mutasies, natuurlike seleksie en die vermeerdering van genetiese inligting baie goed te verstaan. Dit is egter baie interessant dat hy nie die begrip van ’n vermeerdering in genetiese inligting verstaan het nie. Dit is ook duidelik dat hy nie die verskil tussen operasionele en historiese wetenskap verstaan het nie.

Ek het dele verwyder om nie sy identiteit te verklap nie. Kommentaar in [bruin blokhakies] is later bygevoeg.

Verwante artikels:

*******************

From: Daniel Louw
Sent: 30 May 2011 08:15 PM

Oom Abc

Ek het maar net gewonder of oom die artikel [verwyder] in Beeld geskryf het. [Dit was ’n artikel wat duidelik gewys het dat hy in evolusie glo.]

Groete

Daniel

From: Abc
Sent: 31 May 2011 08:17 AM
Daniel, Ja ek het. Behalwe die opskrif gedeelte wat sê [verwyder]. Dit het die koerant bygesit. Groete vir julle! Abc

From: Daniel Louw
Sent: 31 May 2011 06:56 PM

Oom Abc

Ek weet nie of oom weet nie, maar ek glo aan ’n letterlike 6-dagse skepping en ek glo nie dat evolusie moontlik is of dat God dit gebruik het om te skep nie. Vir meer hieroor kan oom die artikel Het God evolusie gebruik om te skep, is Genesis 1-11 in ballingskap geskryf en was die sondvloed werklik ’n globale vloed? lees as oom wil. Ek het dit geskryf.

Net ’n kommentaar oor oom se artikel: Die implikasie van oom se teorie is dat [verwyder].

Hoe versoen oom evolusie met God? Hoe glo oom het God evolusie gebruik om te skep. Het God slegs die eerste lewe geskep en vandaar het alles self ontstaan? Glo oom dat genetiese inligting spontaan kan vermeerder? (Hoe evolusie werk en hoekom dit nie werk nie)

Groete

Daniel

From: Abc
Sent: 02 June 2011 07:45 AM

Beste Daniel, Hieronder my opmerkinkies in rooi. Hoop dit gaan baie goed met julle. Abc

*******

Oom Abc

Ek weet nie of oom weet nie, maar ek glo aan ’n letterlike 6-dagse skepping en ek glo nie dat evolusie moontlik is of dat God dit gebruik het om te skep nie. Vir meer hieroor kan oom die artikel Het God evolusie gebruik om te skep, is Genesis 1-11 in ballingskap geskryf en was die sondvloed werklik ’n globale vloed?lees as oom wil. Ek het dit geskryf. Ek waardeer jou standpunt met groot respek. Ek glo egter ten volle aan evolusie – nie eers net langtermyn evolusie nie, maar ook kort termyn, soos posduif en ander duif telers baie duidelik sien dat ’n duiffamilie binne twee geslagte kan verander. As mens nie aan die ouderdomsbepalings in die paleontologie glo nie, moet jy ook jou selfoon weggooi want dit berus op dieselfde tegnologie.

[Gedeelte verwyder om nie Abc se identiteit te verklap nie.]

Hoe versoen oom evolusie met God? Hoe glo oom het God evolusie gebruik om te skep. Het God slegs die eerste lewe geskep en vandaar het alles self ontstaan? Glo oom dat genetiese inligting spontaan kan vermeerder? (Hoe evolusie werk en hoekom dit nie werk nie) Ek versoen nie evolusie met God of ’n god nie. Genetiese inligting kan ‘spontaan’ verander en hoe meer mense, diere en plante op die wêreld kom, hoe meer kan dit vermeerder en verander want elke individu dra genetiese inligting. Met uitsterwing van ’n spesie kan inligting weer verlore gaan.

Lekker dag vir julle!

Groete

Daniel

From: Daniel Louw
Sent: 02 June 2011 08:56 PM

Oom Abc

Dit gaan baie goed hier. Die werk hou my nogal besig, maar met die kinders gaan dit baie goed.

Ek wil oom tog antwoord hierop:

Dit is interessant dat oom sê dat oom in evolusie glo, maar die eerste (en enigste) voorbeeld van evolusie wat oom dan gee is mikro-evolusie (ook genoem natuurlike seleksie). Ek glo ook daaraan. Weet oom wat die verskil is tussen mikro- en makro evolusie? Kyk Hoe evolusie werk en hoekom dit nie werk nie. Oom sê dat genetiese inligting vanself kan vermeerder: dit is soos om vir ’n aap ’n tikmasjien te gee en te dink dat daar op een of ander manier ’n boek tot stand gaan kom. Dit kan net nie. Watter voorbeelde is daar waar genetiese inligting vermeerder het?

Oom sê: “As mens nie aan die ouderdomsbepalings in die paleontologie glo nie, moet jy ook jou selfoon weggooi want dit berus op dieselfde tegnologie.”
Daar is ’n verskil tussen operasionele en historiese wetenskap: selfoontegnologie is operasionele wetenskap en paleontologie is historiese wetenskap. Kyk It’s not science [en Operasionele vs historiese wetenskap]. Kyk ook wat sê evolusioniste self oor paleontologie: Aanhalings – Paleontologie

Oom sê: “Ek versoen nie evolusie met God of ’n god nie.”
Ek verstaan nie mooi nie. Oom is mos ’n Christen. Wat sê oom was God se rol in die skepping?

Groete

Daniel

From: Daniel Louw
Sent: 02 June 2011 08:59 PM

Terloops, ek weet nie hoe baie oom in hierdie onderwerp belangstel nie, maar hier is ’n onlangse debat van ’n vriend van my, Hennie Mouton: Debat oor skepping en evolusie op Kerkbode-aanlyn vanaf Februarie tot Mei 2011

Groete

Daniel

From: Abc
Sent: 03 June 2011 10:52 AM

Hallo Daniel, Daar het op een-of-ander manier ’n paragrafie verlore gegaan gister so ek stuur vir jou hierdie geskriffie van ’n vriend van my wat in die Gereformeerde Kerke se Kerkblad verskyn het. Dit som tot ’n mate my sienings ook op. Die tweede bladsy is op die volgende epos. [kyk Bylae A – dit is baie duidelik dat prof Harm Moraal, die skrywer van die stukkie ook nie die verskil tussen operasionele en historiese wetenskap verstaan nie.] Die lys van voorbeelde van langtermynevolusie is te veel om op te noem.

[Gedeelte verwyder om nie identiteit van Abc se verklap nie.]

Sê groete vir Ronel en die kindertjies.

(O, terloops ’n voormalige Biochemie-kollega van my, [verwyder], voorheen [kerkverband], is nou ’n prediker in ’n kerk wat se uitgangspunt presies is waarin jy glo).

From: Daniel Louw
Sent: 03 June 2011 08:21 PM

Oom Abc

Daar is baie wat ek kan skryf oor die artikel wat oom vir my gestuur het, maar kom ek vra oom net eers dit: Het oom begrip vir die verskil tussen operasionele en historiese wetenskap? Stem oom saam dat ons almal na dieselfde feite kyk, maar dat feite verskillend geinterpreteer kan word? Die feit is dat Grand Canyon uit verskillende lae bestaan: evolusioniste sê dat dit deur miljoene jare plaasgevind het en skeppingsleerders glo dat dit met die sondvloed gebeur het. Ons sien vandag dat ape en mense baie dieselfde lyk – inteendeel, alle diere het ’n soortgelyke bou, vyf vingers, ens. Evolusioniste beweer dat dit ’n bewys is vir ‘’n gemeenskaplike voorvader en skeppingsleerders sê dit is so omdat alles deur ’n gemeenskaplike ontwerper of argitek ontwerp en geskep is. En so kan ’n mens aangaan met voorbeelde.

Wat is die voorwaarde vir iets om wetenskaplik bewys te wees? Dit moet herhaalbaar en waarneembaar wees. Niemand het gesien hoe die Grand Canyon gevorm het nie, dus sal ’n mens seker nooit kan bewys hoe dit gevorm het nie. Ek glo egter dat daar getuies was wat die sondvloed gesien het en dit vir ons opgeteken het. Sal oom wetenskaplik kan bewys dat Jan van Riebeeck in 1652 in die Kaap geland het? Nee, oom sal nie. Dit is wel opgeteken vir ons en ons glo die mense wat dit opgeteken het, maar dit kan nie bewys word nie. Net so glo ons dat die Bybelskrywers vir ons die geskiedenis van die aarde opgeteken het.

Dink oom werklik dat evolusie wetenskaplik bewys is? Kyk weer Operasionele vs historiese wetenskap.

Het oom begrip vir die feit dat evolusie se doel was om ’n teorie te kry wat alles verklaar sonder God? (Charles Darwin questions and answers)

Die term “langtermynevolusie” is vir my nuut. Wat beteken dit? Oom sê oom het baie voorbeelde waar genetiese inligting vanself vermeerder het?

Groete

Daniel

From: Abc
Sent: 06 June 2011 10:32 AM

Lees hieronder my kommentaar tussen-in jou skrywe. Werk lekker. Oom Abc

****************

Oom Abc

Daar is baie wat ek kan skryf oor die artikel wat oom vir my gestuur het, maar kom ek vra oom net eers dit: Het oom begrip vir die verskil tussen operasionele en historiese wetenskap? Baie goed. Stem oom saam dat ons almal na dieselfde feite kyk, maar dat feite verskillend geinterpreteer kan word? Ja, alhoewel ons wetenskaplikes praat nie sommer van feite nie eerder van hipoteses wat oor en oor getoest word tot ons met ’n sekere persentasie sekerheid kan sê iets is eerder waar as vals, of omgekeerd.[Dit is nie heeltemal waar nie. Evolusie word baie maal aanvaar as die waarheid en word selde bevraagteken, maar presies hoe dit gebeur het, word soms bevraagteken.] Die feit is dat Grand Canyon uit verskillende lae bestaan: evolusioniste eintlik geoloë sê dat dit deur miljoene jare plaasgevind het en skeppingsleerders glo dat dit met die sondvloed gebeur het . Die geoloë gebruik delikate, akkurate toetsinstrumente. Die skeppingsleerders gebruik nie instrumente nie want hulle berus by die Bybel as hulle Christene is Ons sien vandag dat ape en mense baie dieselfde lyk – inteendeel, alle diere het ’n soortgelyke bou, vyf vingers, ens. Evolusioniste beweer dat dit ’n bewys is vir ’n gemeenskaplike voorvader daar is baie meer hipoteses as dit wat dui op gemeenskaplike ‘voorvaders’ en skeppingsleerders sê dit is so omdat alles deur ’n gemeenskaplike ontwerper of argitek ontwerp en geskep is. Maw ’n persoon? En so kan ’n mens aangaan met voorbeelde.

Wat is die voorwaarde vir iets om wetenskaplik bewys te wees? Dit moet herhaalbaar en waarneembaar wees. Niemand het gesien hoe die Grand Canyon gevorm het nie, nee, maar geoloë en ander wetenskaplikes, chemici, fisici, paleontoloë, ens meet weer en weer ouderdomme van grondlae, beendere, klippe dus sal ’n mens seker nooit kan bewys hoe dit gevorm het nie. Ek glo egter dat daar getuies was wat die sondvloed gesien het en dit vir ons opgeteken het. Sal oom wetenskaplik kan bewys dat Jan van Riebeeck in 1652 in die Kaap geland het? Nee, oom sal nie. Ek kan darem van sy getekende briewe en dagboek gaan lees wat in museums in Holland en Kaapstad lê. Van Moses het hulle nog niks gekry nie. Dit is wel opgeteken vir ons en ons glo die mense wat dit opgeteken het, maar dit kan nie bewys word nie. Net so glo ons dat die Bybelskrywers vir ons die geskiedenis van die aarde opgeteken het. Die betroubaarheid kan egter nie gestaaf word nie, veral nie dat die aarde met sy verskeidenheid in ses dae gemaak is nie veral in die lig daarvan dat daar nou nog nuwe spesies ontstaan. Of dat die aarde plat is – daar word selfs in die Bybel gesê hy staan op vier pilare.

Dink oom werklik dat evolusie wetenskaplik bewys is? Beslis! Kyk weer Operasionele vs historiese wetenskap.

Het oom begrip vir die feit dat evolusie se doel was om ’n teorie te kry wat alles verklaar sonder God? Nee, dit is ’n vakrigting watontstaan het uit wetenskaplike nuuskierigheid fyn waarneming en fyn meting. Ek dink eerder die skeppingsleerders het evolusie gesien as iets wat die skeppingsverhaal bedreig.( Charles Darwin questions and answers)

Die term “langtermynevolusie” is vir my nuut. Maar net dat sekere veranderinge oor miljoene jare plaasgevind het. Wat beteken dit? Oom sê oom het baie voorbeelde waar genetiese inligting vanself vermeerder het? Elke kind wat gebore word dra by tot vermeerdering van die geenpoel en kan selfs nuwe (gemuteerde) genetiese materiaal bydra.

Groete

Daniel

From: Daniel Louw
Sent: 06 June 2011 10:41 PM

Oom Abc

As oom die verskil tussen operasionele en historiese wetenskap ken, waar dink oom lê evolusie en die bepaling van die aarde se ouderdom?

Oom sê dat skeppingsleerders nie instrumente gebruik om die ouderdom van dinge te bepaal nie, want hulle het die Bybel. Dit is reg. Maar oom gebruik ook nie instrumente om te bepaal wanneer Jan van Riebeeck in die Kaap geland het nie. Oom lees die geskiedenis. En ons lees die Bybel wat die geskiedenis van die aarde vertel.

Net omdat ons niks van Moses gekry het nie beteken nie dat hy nie bestaan het nie. Moses het baie langer terug geleef as Jan van Riebeek toe bitter min mense kon skryf en toe skryftegnologie (met wat en waarop geskryf is en die bewaring van geskrifte) nog min ontwikkel was.

Glo oom nie God is ’n persoon nie? Hoe glo oom oor God? Deïsties, panteïsties, panenteïsties? Teïsties is mos om aan God as ’n persoon te dink.

Oom sê: “Of dat die aarde plat is – daar word selfs in die Bybel gesê hy staan op vier pilare.”

Kyk Countering the Critics Questions and Answers onder ‘Does the Bible really teach a flat Earth?’ [of Verkondig die Bybel dat die aarde plat is? ]. Die Bybel bestaan uit verskillende genres: geskiedenis, poësie, gelykenisse, ens. Die Bybel praat van ’n plat aarde in poësie. En die Bybel verkondig nie ’n plat aarde nie. Al wat dit sê is dat dit lyk of sommige mense van daardie tyd aan ’n plat aarde geglo het.

Oom sê: “Elke kind wat gebore word dra by tot vermeerdering van die geenpoel en kan selfs nuwe (gemuteerde) genetiese materiaal bydra.”

Het oom bewyse daarvan? Ons verloor eerder genetiese materiaal met tyd. Kyk Mutations: evolution’s engine becomes evolution’s end!

Groete

Daniel

From: Abc
Sent: 07 June 2011 10:58 AM

Beste Daniel, Ek waardeer en geniet jou skrywes baie!

Om baie lang stories kort te maak: Ek het vreeslik empatie maar ook respek met mense wat vandag nog glo die Bybel is reg. Ek dink egter nie so nie. Hy verkondig wat my betref ’n klomp dwaalleere, soos oa die maagdelike geboorte en dat die aarde in ses dae gemaak is. Verder het uit die mensgemaakte Bybel vermeng met die politiek van die dag ’n klomp mensgemaakte belydenisskrifte ontstaan, bv die geloofbelydenisse wat mense verder op ’n dwaalspoor gelei het, bv ek glo nie vir ’n oomblik ek of jou kinders is in sonde ontvang en gebore nie, eerder in liefde. Trouens ek dink dis indoktrinasies soos sulke belydenisse wat die oorsaak is van die epidemies van angs, depressie, selfmoord, gesinsmoorde, geweld, rassisme, ens. Plaas dat ons ons kinders leer om rasioneel met die aannames wat hulle maak om te gaan leer ons hulle om fiksie as feite te aanvaar – alhoewel ons huidige kerke sê dit moet ’n geloofsaak wees (so eintlik behoort hulle nie na historiese bewyse vir die bybelstorie te soek nie, hulle moet dit BLINDelings, kinderlik glo).

So alhoewel ek baie respek en liefde vir die ‘Christelike‘ lewenswyse het, en wat godsdiens gedoen het om die historiese mens te kalmeer tov die teenspoede in sy omgewing en allerhande onverstaanbaarhede, en om ’n beter mens te word, en ek hou ook van ’n goeie preek en is lief vir kerkmusiek (nie gospel nie) en is glad nie kwaad vir die kerk nie, glo ek al van St 9 af nie dat daar ’n omie met ’n grysbaard iewers sit wat die gang van my lewe bepaal nie, of die aarde geskep het nie. Ek vat self verantwoordelikheid vir my lewe en ek vertrou aan die wetenskaplike proses om onduidelikhede vir my te help opklaar.

Die verband tussen historiese en operasionele wetenskap is baie relatief en interessant. Fisisci kan vandag baie akkuraat duisende ligjare akkuraat ver sien. So hulle kan ’n ster wat honderduisend ligjare gelede ontstaan het, sien ontstaan.

Beste groete

Oom Abc

[Hierdie het vir my as ’n skok gekom. Ek het nie besef dat dit sy geloofuitkyk is nie.]

From: Daniel Louw
Sent: 07 June 2011 06:44 PM

Oom Abc

Kan ek net seker maak: as oom nie glo dat daar ’n god is wat oom se lewe reel nie en dat daar nie ’n god nodig was om alles te skep nie, is oom dus ’n ateïs wat kerk toe gaan?

Verstaan ek reg?

As ek mag vra, wat het in standerd 9 gebeur dat oom hierdie siening gekry het?

Groete

Daniel

From: Abc
Sent: 08 June 2011 09:53 AM

Daniel, Ek dink die meeste mense se godsbegrip, dws definisie van god verskil. Party glo hoegenaamd aan niks spiritueels nie. Verder benader ek ander mense se ‘geestelike’ lewe met privaatheid, asof dit vir hulle ’n binnekamerbelewenis is. Ek wonder dus nooit oor iemand wat ek mee te doen het se geloof of ongeloof of kerkgewoontes nie, en dit speel ook nie ’n rol in my kies van vriende nie of die verhouding teenoor my kollegas nie.

Nee, daar het niks in St 9 gebeur nie. Ek het maar net baie gewonder en gelees oor die dinge. Het van kleinsaf ’n neiging gehad om dinge tot op die been en in die murg in te probeer verstaan, te rasionaliseer. Ek hoop die antwoorde op jou vrae lê in en tussen die lyne.

Groete en lekker werk!

Abc

From: Daniel Louw
Sent: 08 June 2011 11:31 PM

Oom Abc

Goed, as dit ’n privaat saak is, is dit reg so. Lyk tog of oom in een of ander spiritualiteit glo. Hoe kry jy spiritualiteit sonder God?

In elk geval, terug by die wetenskap: Dus glo oom alles het self ontstaan. Hoe verklaar oom die ontstaan van materie/energie en genetiese inligting? Is daar een voorbeeld wat oom kan gee waar hierdie dinge spontaan ontstaan?

Oom is seker vertroud met die 2de wet van termodinamika. Dit is natuurlik heeltemal teenstrydig met die gedagte dat alles vanself ontstaan het. Volgens die 2de wet van termodinamika neig alles in die heelal na dieselfde temperatuur. Die son gaan heeltemal uitbrand en al die ander sterre ook. Hoe verklaar oom dit?

Dus 2 dinge:

  1. Ontstaan van materie of energie (as jy die een het kan jy die ander een kry met E=mc2, maar jy het ten minste een nodig) (Waar kom al die nuttige energie vandaan?)
  2. Ontstaan van genetiese inligting (Sel DNS-inligting bewys vir IO).

Groete

Daniel

From: Abc
Sent: 09 June 2011 07:39 AM

Daniel

Sal later antwoord – het ’n besige dag voor my. Intussen is daar talle boeke en geskrifte wat jou vrae sal antwoord. Wat ek nie verstaan nie, is hoekom jy antwoorde soek?

Lekker werk

Oom Abc

From: Daniel Louw
Sent: 09 June 2011 06:19 PM

Oom

Ek dink ek het die antwoorde – ek wil net seker maak. Ek wil ook net seker maak dat oom se opinies nie op onwaardhede gegrond is nie.

Sterkte met die besige skedule.

Groete

Daniel

From: Abc
Sent: 10 June 2011 08:20 AM

Kyk my kommentaar tussen-in jou skrywe.

************

Oom

Ek dink ek het die antwoorde – ek wil net seker maak. Dis mooi, ek hou daarvan. Die bronne is enorm en die wetenskaplike metode probeer so objektief moontlik wees en het hierdeur al heelwat suksesse gehad, karre, elektrisiteit, radio, televisie, medies, selfone, sterrekunde, ruimtereise, neurowetenskap….. Evolusie – die meeste mense dink ek egter hierdie feite kom nie uit die wetenskaplike metode nie omdat hulle dit nie kan gebruik soos die onsigbare elektrisiteit of mikrogolwe nie en omdat dit indruis teen hul geprogrammeerde breine se opvattings. Ek wil ook net seker maak dat oom se opinies nie op onwaardhede gegrond is nie. Ek probeer maar die wetenskaplike manier van doen nastreef. So dit gaan nie regtig oor geloof nie, maar om te bewys een is reg en ’n ander verkeerd.

Groete

Oom Abc

Sterkte met die besige skedule.

Groete

Daniel

From: Daniel Louw
Sent: 10 June 2011 08:54 PM

Oom Abc

Oom sê dat die wetenskap altyd objektief probeer wees. Ek stry nie noodwendig met hierdie stelling nie, maar die werklikheid is heel anders. Kyk bv Aanhalings – Evolusie is ’n geloof en Aanhalings – Evolusie verkeerd/mislei.

Oom vergelyk heeltyd evolusie met operasionele wetenskap (karre, elektrisiteit, radio, televisie, medies, selfone, sterrekunde, ruimtereise, neurowetenskap), maar dit is nie. Of stem oom nie saam nie? Al die goed wat oom genoem het, kan ’n mens toets, herhaal en waarneem. Niemand het egter gesien hoe bv ’n olifant geskep is nie (of hoe die Grand Canyon gevorm het nie), of dit geskep is en of dit ge-evolueer het, niemand het dit gesien of kan in ’n tydmasjien teruggaan om te sien hoe dit gebeur het nie.

Oom het genoem van oom se biochemie-kollega, [naam verwyder], wat ook nou ’n skeppingsleerder is. Hoe het dit gebeur dat hy tot die gevolgtrekking gekom het dat evolusie nie waar is nie? Dink oom hy het sy gesonde verstand by die venster uitgooi ter wille van sy geloof?

Veronderstel, hipoteties gesproke, dat oom tot die gevolgtrekking moes kom dat evolusie onmoontlik of baie, baie onwaarskynlik is, hoe sou dit oom se wêreldbeeld verander? Sou oom dan ruimte kon laat vir ’n skepper en moontlik die God van die Bybel oorweeg? Ek weet dat dit is wat met baie mense al gebeur het – kyk Hoe evolusie mense se geloof beïnvloed.

Groete

Daniel

From: Abc
Sent: 13 June 2011 08:04 AM

Daniel, Evolusie is wat my betref ’n baie goed getoetste werklikheid. Groete, Oom Abc

From: Abc
Sent: 13 June 2011 08:50 AM

Kyk my kommentaar tussen-in jou skrywe.

********

Oom Abc

Oom sê dat die wetenskap altyd objektief probeer wees. Ek stry nie noodwendig met hierdie stelling nie, maar die werklikheid is heel anders. Kyk bv Aanhalings – Evolusie is ’n geloof en Aanhalings – Evolusie verkeerd/mislei. Ek kon niks hier sien wat wetenskaplik of logies verantwoordbaar is nie.

Oom vergelyk heeltyd evolusie met operasionele wetenskap (karre, elektrisiteit, radio, televisie, medies, selfone, sterrekunde, ruimtereise, neurowetenskap), maar dit is nie. Of stem oom nie saam nie? Ek was so ruk terug by ’n fossiel in Zimbabwe wat 250 miljoen jaar oud is. Die ouderdomsbepaling is onlangs gedoen met die mees gesofistikeerdste metodes. Dit is nou gedoen (operasioneel, huidig). Die implikasies daarvan is histories.[Dit is baie duidelik dat hy nie die verskil tussen operasionele en historiese wetenskap verstaan nie.] Al die goed wat oom genoem het, kan ’n mens toets, herhaal en waarneem. Niemand het egter gesien hoe bv ’n olifant geskep is nie (of hoe die Grand Canyon gevorm het nie), of dit geskep is en of dit ge-evolueer het, niemand het dit gesien of kan in ’n tydmasjien teruggaan om te sien hoe dit gebeur het nie. Sien my vorige sinnetjie – ten minste bestaan daar toetse om die historisiteit te probeer evalueer.

Oom het genoem van oom se biochemie-kollega, [naam verwyder], wat ook nou ’n skeppingsleerder is. Hoe het dit gebeur dat hy tot die gevolgtrekking gekom het dat evolusie nie waar is nie? Dink oom hy het sy gesonde verstand by die venster uitgooi ter wille van sy geloof? Moontlik.

Veronderstel, hipoteties gesproke, dat oom tot die gevolgtrekking moes kom dat evolusie onmoontlik of baie, baie onwaarskynlik is, ek sal nie tot so ’n gevolgtrekking kom nie. Die feite is te goed getoets en die afleidings van die feite ook hoe sou dit oom se wêreldbeeld verander? Sou oom dan ruimte kon laat vir ’n skepper en moontlik die God van die Bybel oorweeg? Nie in die vorm van Vader, Seun en Heilige gees nie. Selfs nie as sy bestaan bewys kan word – as almagtige, liefdevolle God sou hy dan teveel tragiek na my smaak op hierdie wêreld losgelaat het. Soos ek egter gesê het, het ek groot respek vir mense se godsdienstige en kerkopvattings en kan insien dat dit goeie dade tot gevolg kan hê en dat dit nie vir almal bloot ’n kruk is om op te leen as dit sleg gaan nie. Ek weet dat dit is wat met baie mense al gebeur het – kyk Hoe evolusie mense se geloof beïnvloed.

Groete

Daniel

From: Daniel Louw
Sent: 13 June 2011 08:07 PM

Oom Abc

Van die aanhalings sê oom: “Ek kon niks hier sien wat wetenskaplik of logies verantwoordbaar is nie.”
Dit is waar, maar is dit nie interessant dat geswore evolusioniste/ateiste hierdie dinge kwytraak nie?

Oom verstaan nog nie die verskil tussen operasionele en historiese wetenskap nie. Ja, dit word vandag gemeet met uiters akkurate meetinstrumente, maar dit is die aannames wat daarmee gepaard gaan wat die probleem is. Die aannames wat gemaak word is dat die vervaltempo’s vir al daardie miljoene jare dieselfde was. Dit is historiese wetenskap. Operasionele wetenskap sou gewees het om ’n monster te meet wat jonger is as die kalibrasiemonster – dan was daar geen ekstrapolasie nie.

Is die aanname van konstante vervaltempo’s nie redelik akkuraat nie? Nee: hierdie toetsmetodes is uiters onakkuraat met jong monsters, waar dit baie akkuraat moes gewees het. Kyk Radiometric dating questions and answers onder die opskrif “Are there examples of inaccurate results obtained from the potassium/argon dating method (the most cited method)?”. [En Radiometriese datering verkeerd.]

Ons sal nie alles van God verstaan nie. Oor hoekom God wreedhede op aarde toelaat verklaar ons met die sondeval. Kyk Death and suffering questions and answers. Oom kan vra hoekom God die hele diereryk en al Adam en Eva se nasate kan laat ly oor hulle ongehoorsaamheid. Goeie vraag, ek weet ook nie. Maar ek kies God as sekerheid en aanvaar die onsekerhede en dinge wat ons nie verstaan rondom God en die Bybel nie. Die vraag wat oom moet vra is of oom nie teen God kies en die alternatief, nl evolusie kies, en die onsekerhede rondom evolusie aanvaar nie? Nou gaan oom seker vra, watter onsekerhede:

Oom het op ’n stadium gesê dat oom my skrywes waardeer en geniet, maar oom moet glad nie gedwonge voel om aan te gaan met die gesprek nie. Ek antwoord maar net terug. Hierdie debatte loop gewoonlik op niks uit nie.

Groete

Daniel

From: Abc
Sent: 14 June 2011 08:57 AM

Kyk my kommentaar tussen-in jou skrywe.

Mooi bly Daniel.

*********************

Oom Abc

Van die aanhalings sê oom: “Ek kon niks hier sien wat wetenskaplik of logies verantwoordbaar is nie.”
Dit is waar, maar is dit nie interessant dat geswore evolusioniste/ateiste hierdie dinge kwytraak nie?

Oom verstaan nog nie die verskil tussen operasionele en historiese wetenskap nie. Ek voel heel gemaklik hoe ek dit verstaan. Trouens nie eers net met historiese wetenskap nie, maar ook met futuristiese. Ons weet nou al akkuraat wanneer die volgende maansverduistering gaan wees, op die sekonde. Ja, dit word vandag gemeet met uiters akkurate meetinstrumente, maar dit is die aannames wat daarmee gepaard gaan wat die probleem is. Nie vir my nie. Daar word gestrewe om soveel as moontlik getuienissse met mekaar in verband te bring en dan hipoteses te maak. So is die verband tussen velkelur en die afstand van die ewenaar en die sterkte van UV te oortuigend om te ignoreer. Die aannames wat gemaak word is dat die vervaltempo’s vir al daardie miljoene jare dieselfde was. Dit is historiese wetenskap. Operasionele wetenskap sou gewees het om ’n monster te meet wat jonger is as die kalibrasiemonster – dit word daagliks gedoen dan was daar geen ekstrapolasie nie.

Is die aanname van konstante vervaltempo’s nie redelik akkuraat nie? Nee: hierdie toetsmetodes is uiters onakkuraat met jong monsters, waar dit baie akkuraat moes gewees het. Kyk Radiometric dating questions and answers ek stem glad nie saam nie onder die opskrif “Are there examples of inaccurate results obtained from the potassium/argon dating method (the most cited method)?”.

Ons sal nie alles van God verstaan nie. Oor hoekom God wreedhede op aarde toelaat verklaar ons met die sondeval. Ek weet nie van ’n sondeval nie – dis ’n mensgemaakte spookstorie in Genesis. Lank voor Genesis was daar al mense op die aarde. Ek wonder of hulle sonde gedoen het. Kyk Death and suffering questions and answers. Oom kan vra hoekom God die hele diereryk en al Adam en Eva se nasate kan laat ly oor hulle ongehoorsaamheid. Goeie vraag, ek weet ook nie. Maar ek kies God as sekerheid en aanvaar die onsekerhede en dinge wat ons nie verstaan rondom God en die Bybel nie. Ek het glad nie ’n probleem daarmee nie. Net so glo ek dat sekere onsekerhede in die wetenskappe, onder andere evolusie, geleidelik deur die wetenskaplike metode duideliker sal word. Die vraag wat oom moet vra is of oom nie teen God kies en die alternatief, nl evolusie kies, en die onsekerhede rondom evolusie aanvaar nie? Ek het nêrens ’n geloofsbelydenis gemaak nie, net gesê ek glo nie aan ’n omie met ’n grys baard nie en ek weeg nie geloof en evolusie teen mekaar op nie. Nou gaan oom seker vra, watter onsekerhede:

  • Vermiste skakels – Aanhalings – Vermiste skakels
  • Hoe die eerste lewe ontstaan het – Meer oor waarskynlikhede en Hawking My biochemie sê vir my beslis nie in ses dae nie.
  • Hoe genetiese inligting vermeerder (oom het nog nie vir my ’n voorbeeld hiervan gegee nie). Ek het, jy het dit seker nie opgetel nie. Ek glo nie die hoe is wat jy wil weet nie maar of dit wel plaasvind. Wel as jy en jou vrou op ’n eiland bly is daar twee genoompoele. As julle ’n kind kry drie. Dan is daar mos meer gene. Geenpoel verander voordurend, so bv het mense van die O-bloedgroep ’n weerstand teen malaria ge-evolueer.
  • Waar materie/energie vandaan gekom het (spontane ontstaan hiervan is teenstrydig met die 2de wet van termodinamika). As ek reg onthou sê die wet net dat entropie in ’n geslote stelsel dieselfde bly of vermeerder. Dalk was daar nog vir altyd materie.

Oom het op ’n stadium gesê dat oom my skrywes waardeer en geniet, maar oom moet glad nie gedwonge voel om aan te gaan met die gesprek nie. Ek antwoord maar net terug. Hierdie debatte loop gewoonlik op niks uit nie.

Groete

Daniel

From: Daniel Louw
Sent: 14 June 2011 08:17 PM

Oom Abc

Ek wil net op een van oom se stellings kommentaar lewer. Oom sê: “Ek glo nie die hoe is wat jy wil weet nie maar of dit wel plaasvind. Wel as jy en jou vrou op ’n eiland bly is daar twee genoompoele. As julle ’n kind kry drie. Dan is daar mos meer gene. Geenpoel verander voordurend, so bv het mense van die O-bloedgroep ’n weerstand teen malaria ge-evolueer.”

Hierdie voorbeeld is dieselfde as om vir iemand twee boeke te gee en vir die persoon te sê om slegs uit die inligting van daardie twee boeke nog ’n boek te skryf en dan te sê dat die persoon kennis toegevoeg het met die 3de boek. ’n Addisionele geenpoel of meer gene beteken nie meer genetiese inligting nie. As ek tien identiese boeke koop, het ek meer boeke, maar nie meer inligting nie. Mense het bv nie die genetiese inligting vir vinne of vere of snawels nie. Nog nooit is ’n mens met so iets gebore nie.

Ek het vinnig gekyk of ek iets kry ook O- bloedgroepe wat weerstandig is teen malaria. Ek het wel hierdie gekry:

Nog ’n uitstekende artikel is Superbugs not super after all, wat ook die beginsel goed verduidelik:

Dit is waar dat mutasies, wat ’n verlies in genetiese inligting veroorsaak, sommige voordele vir ’n dier kan inhou. Maar gewoonlik is die verlies in die geheel ’n nadeel. Laasgenoemde artikel verduidelik hoe bakterieë die vermoë verloor om antibiotika op te neem. Die bakterie het nie verbeter nie, maar verswak. Die feit dat dit nie meer die antibiotika kan opneem nie, beteken ook dat dit nuttige dinge vir hom ook nie kan opneem nie. Dus is dit nie ’n bewys vir evolusie nie.

Groete

Daniel

From: Abc
Sent: 15 June 2011 08:08 AM

Daniel, Koop vir jou ’n goeie genetika handboek. Dis ’n baie interessante vak. Kyk my kommentaar tussen-in jou skrywe. Julle moet die naweek geniet. Sê groete vir almal. Oom Abc.

************************

Oom Abc

Ek wil net op een van oom se stellings kommentaar lewer. Oom sê: “Ek glo nie die hoe is wat jy wil weet nie maar of dit wel plaasvind. Wel as jy en jou vrou op ’n eiland bly is daar twee genoompoele. As julle ’n kind kry drie. Dan is daar mos meer gene. Geenpoel verander voordurend, so bv het mense van die O-bloedgroep ’n weerstand teen malaria ge-evolueer.”

Hierdie voorbeeld is dieselfde as om vir iemand twee boeke te gee en vir die persoon te sê om slegs uit die inligting van daardie twee boeke nog ’n boek te skryf en dan te sê dat die persoon kennis toegevoeg het met die 3de boek. Daniel, daar vind voortdurend mutasies plaas, party spontaan, party agv omgewingsinvloede. Party het geen effek nie, party het siektes tot gevolg wat oorgëerf gaan word, party het weerstandigheid teen siektes tot gevolg. Ek kan vir jou talle voorbeelde noem van onlangse en ou mutasies. Dit is oor en oor bewys. Benewens mutasies kan daar ander omkeerbare geenveranderinge plaasvind onder omgewingsdruk wat ook oorgeërf kan word maar weer binne ’n geslag of twee terug kan verander. ’n Addisionele geenpoel of meer gene beteken nie meer genetiese inligting nie. As ek tien identiese boeke koop, het ek meer boeke, maar nie meer inligting nie. Sien vorentoe. Mense het bv nie die genetiese inligting vir vinne of vere of snawels nie. Hulle het die genetiese inligting vir webbe tussen tone en vingers. Dit word net voor geboorte afgeskakel deur ’n ‘nuwer’ geen. Nog nooit is ’n mens met so iets gebore nie. Dit is natuurlik nie ’n bewys dat ons nie iewers lank gelede ’n gemeenskaplike voorloper gehad het nie. Mense is al met baie snaakse aanhangsels gebore. [Doodreg, maar ek dog evolusie is bewys.]

Ek het vinnig gekyk of ek iets kry ook O- bloedgroepe wat weerstandig is teen malaria. Ek het wel hierdie gekry:

Nog ’n uitstekende artikel is Superbugs not super after all, wat ook die beginsel goed verduidelik:

Dit is waar dat mutasies, wat ’n verlies of wins in genetiese inligting veroorsaak, sommige voordele vir ’n dier kan inhou. Maar gewoonlik is die verlies in die geheel ’n nadeel.O, nee. Daar is talle voorbeelde van mutasies wat weerstandigheid teen siektes gee Laasgenoemde artikel verduidelik hoe bakterieë die vermoë verloor om antibiotika op te neem. Die bakterie het nie verbeter nie, maar verswak. Daar is talle bakterieë en virusse en ander parasiete wat verbeter het – maw hul oorlewingskanse is beter. Die feit dat dit nie meer die antibiotika kan opneem nie, beteken ook dat dit nuttige dinge vir hom ook nie kan opneem nie. Dis ’n onwetenskaplike afleiding. Die feit dat ek nie meer vinne het en dus nie so goed kan swem nie, beteken nie dat ek ander dinge beter as ’n vis kan doen nie. Of die feit dat iemand wat minder weerstandig teen sekere siektes as jy is, beteken nie dat hy nie bv vinniger as jy kan hardloop of ’n hoër spermtelling het nie. Dus is dit nie ’n bewys vir evolusie nie. Evolusie geskied ‘voorwaarts’ en ‘terugwaarts’.

Groete

Daniel

From: Daniel Louw
Sent: 16 June 2011 10:09 AM

Oom Abc

Ek is ten volle bewus van mutasies – dit is DNS kopieerfoute. Dit is na bewering die meganisme waarop evolusie werk: Evolusioniste sê dat mutasies genetiese inligting kan laat vermeerder, maar die voorbeelde wat oom vir my gegee het is nie geldig nie. Soos ek met die skakels na artikels gewys het, kan ’n vermindering in genetiese inligting tot sekere voordele lei soos om weerstand teen siektes te hê. ’n Ander voorbeeld is besies op winderinge eilande wat sonder vlerke gebore word: die besies het inligting verloor, maar die voordeel is dat hulle baie moeiliker in die see ingewaai kan word, dus ’n voordeel, maar agv ’n vermindering in genetiese inligting.

Oom sê: “Daar is talle bakterieë en virusse en ander parasiete wat verbeter het – maw hul oorlewingskanse is beter.”
Ek verskil nie, maar ek sê dat dit agv ’n vermindering in genetiese inligting is. Of omdat die bakterieë genetiese inligting oorgekopieer vanaf ander bakteriee (dit is blykbaar moontlik), maar dan is dit nogsteeds nie inligting wat vanself ontstaan het nie, maar dit was reedsbestaande inligting. Oom is egter baie welkom om vir my voorbeelde te gee waar genetiese inligting vermeerder het by bv bakterieë of virusse of ander organismes.

Ek verstaan nie oom se stelling: “Dis ’n onwetenskaplike afleiding. Die feit dat ek nie meer vinne het en dus nie so goed kan swem nie, beteken nie dat ek ander dinge beter as ’n vis kan doen nie. Of die feit dat iemand wat minder weerstandig teen sekere siektes as jy is, beteken nie dat hy nie bv vinniger as jy kan hardloop of ’n hoër spermtelling het nie.”
Ek het gesê dat sekere bakterieë die vermoë verloor het om antibiotika op te neem. Dit beteken ook heel waarskynlik dat dit ook ander nuttige stowwe ook nie kan opneem nie. Of miskien het die bakterieë nie die vermoë verloor om nuttige stowwe op te neem nie, maar die feit bly staan is dat die bakterieë bevoordeel is deur ’n vermindering in genetiese inligting, nie ’n vermeerdering nie.

Dit mag moontlik wees dat mense met snaakse aanhangsels gebore is, maar daardie aanhangsels was nie agv ’n vermeerdering van genetiese inligting nie. Dit kan bv wees dat iemand met 3 arms gebore kan word agv ’n mutasie, maar die persoon het alreeds die genetiese inligting gehad vir die arm.

Oom sê: “Evolusie geskied ‘voorwaarts’ en ‘terugwaarts’.”
Nee, evolusie geskied slegs terugwaarts (in terme van genetiese inligting). Of dit is wat waargeneem word. Oom is welkom om vir my voorbeelde te gee waar dit wel voorwaarts geskied het.

Groete

Daniel

From: Abc
Sent: 20 June 2011 08:18 AM

Daniel, kyk my kommentaar tussen-in jou skrywe.

******************

Oom Abc

Ek is ten volle bewus van mutasies – dit is DNS kopieerfoute. Dit is na bewering die meganisme waarop evolusie werk: Evolusioniste Genetici sê dat mutasies genetiese inligting kan laat vermeerder, maar die voorbeelde wat oom vir my gegee het is nie geldig nie. Soos ek met die skakels na artikels gewys het, kan ’n vermindering in genetiese inligting tot sekere voordele lei soos om weerstand teen siektes te hê. Verseker ’n Ander voorbeeld is besies op winderinge eilande wat sonder vlerke gebore word: die besies het inligting verloor, maar die voordeel is dat hulle baie moeiliker in die see ingewaai kan word, dus ’n voordeel, maar agv ’n vermindering in genetiese inligting.

Oom sê: “Daar is talle bakterieë en virusse en ander parasiete wat verbeter het – maw hul oorlewingskanse is beter.”
Ek verskil nie, maar ek sê dat dit agv ’n vermindering in genetiese inligting is. Of omdat die bakterieë genetiese inligting oorgekopieer vanaf ander bakteriee (dit is blykbaar moontlik), maar dan is dit nogsteeds nie inligting wat vanself ontstaan het nie, maar dit was reedsbestaande inligting. Oom is egter baie welkom om vir my voorbeelde te gee waar genetiese inligting vermeerder het by bv bakterieë of virusse of ander organismes. Dit hang af hoe jy nuwe genetiese inligting definieer. Nuwe gene kan ontstaan deur geen duplikasie en of punt mutasies. Dit is bv hoekom daar 3-kleur visie in al die ou-wêrelde primate, waarvan die mens een is, maar nie in nuwe-wêreldse ape is nie. Eers het geen duplikasie plaasgevind toe kon ons rooi sien en toe het daar puntmutasies plaasgevind wat gemaak dat ons ander dele van die spektrum ook kon sien. Dit is nuwe genetiese inligting.

Ek verstaan nie oom se stelling: “Dis ’n onwetenskaplike afleiding. Die feit dat ek nie meer vinne het en dus nie so goed kan swem nie, beteken nie dat ek ander dinge beter as ’n vis kan doen nie. Of die feit dat iemand wat minder weerstandig teen sekere siektes as jy is, beteken nie dat hy nie bv vinniger as jy kan hardloop of ’n hoër spermtelling het nie.”

Ek het gesê dat sekere bakterieë die vermoë verloor het om antibiotika op te neem. Dit beteken ook heel waarskynlik dat dit ook ander nuttige stowwe ook nie kan opneem nie. Of miskien het die bakterieë nie die vermoë verloor om nuttige stowwe op te neem nie, maar die feit bly staan is dat die bakterieë bevoordeel is deur ’n vermindering in genetiese inligting, nie ’n vermeerdering nie. Niemand het hiermee ’n probleem nie.

Dit mag moontlik wees dat mense met snaakse aanhangsels gebore is, maar daardie aanhangsels was nie agv ’n vermeerdering van genetiese inligting nie. Dit kan bv wees dat iemand met 3 arms gebore kan word agv ’n mutasie, maar die persoon het alreeds die genetiese inligting gehad vir die arm.

Oom sê: “Evolusie geskied ‘voorwaarts’ en ‘terugwaarts’.”
Nee, evolusie geskied slegs terugwaarts (in terme van genetiese inligting). Of dit is wat waargeneem word. Oom is welkom om vir my voorbeelde te gee waar dit wel voorwaarts geskied het. Sien my voorbeeld van die retina.

Groete

Vir julle ook

Daniel

Abc

From: Daniel Louw
Sent: 20 June 2011 09:48 PM

Oom sê: “Dit hang af hoe jy nuwe genetiese inligting definieer. Nuwe gene kan ontstaan deur geen duplikasie en of punt mutasies. Dit is bv hoekom daar 3-kleur visie in al die ou-wêrelde primate, waarvan die mens een is, maar nie in nuwe-wêreldse ape is nie. Eers het geen duplikasie plaasgevind toe kon ons rooi sien en toe het daar puntmutasies plaasgevind wat gemaak dat ons ander dele van die spektrum ook kon sien. Dit is nuwe genetiese inligting.”

As jy glo dat die oog vanself geëvolueer het, dan is dit die hipotese. Maar my vraag is of daar bewyse is hiervan – het iemand al wetenskaplik of eksperimenteel gesien hoe genetiese inligting vanself vermeerder het?

Kyk bietjie Did eyes evolve by Darwinian mechanisms

En ook:

Groete

Daniel

From: Abc
Sent: 22 June 2011 10:24 AM

Hallo Daniel. Net soos mens nie die aarde se aantrekkingskrag, energie, ens kan sien nie maar jou kennis daaroor op indirekte metings berus en jou hipotese dan uit die oorvleueling van ’n variasie van omstandigheidsgetuienis berus, soos ook Charles Darwin baie duidelik aangetoon het met sy werk op die Galapagoseilande en wat onlangs met genetiese studies bevestig is, net so kan mens nie genetiese veranderinge sien gebeur in kort opeenvolgings nie omdat dit te stadig plaasvind. Daar kan wel tussen geslagte en selfs tussen identiese tweelinge genetiese veranderinge aangetoon word. Die omstandigheidsgetuienis, of dit nou histories is of nie (trouens die historiese is juis belangrik rigtinggewend), dui vir my aan dat evolusie plaasvind op so ’n manier dat dit oorleefbaarheid in ’n sekere omgewing verbeter, en tot gevolg gehad het dat spesies kon verander tot so ’n mate dat daar nuwe spesies met nuwe eienskappe kon en kan ontstaan. Nuwe eienskappe dui op nuwe inligting wat dit gesneller het.

Ek is vas van oortuiging dat sodra mens geloof rasioneel probeer verklaar, wat insluit om ander moontlikhede verkeerd te probeer bewys, ’n tradisionele Christen nie meer van suiwer geloof kan praat nie. Geloof, as ek dit reg verstaan beteken aanvaarding sonder bewyse, en is ’n woord wat waarskynlik sy oorsprong uit Bybelse verhale en/of ander mitologieë tot gevolg gehad het, waarskynlik uit outydse onkunde en dus vrese vir die onbekende en/of politieke misleiding. Geloof lê op die vlak van die metafisiese – twee woorde wat hopelik uit tale gaan verdwyn. Niemand het nog ooit ’n god of eers ’n wonderwerk, soos geloofsgenesing gesien nie. Trouens ek dink geloof oor laasgenoemde het al tot ‘onmenslike’ tragiek gelei.

Dit beteken egter nie dat mens nie in verwondering kan staan oor die wonderlikhede, onverklaarde en samehorigheidsverskynsels van die heelal nie en as mense rondom dit ’n godsbegrip en ’n weldaad-lewe wil bou is dit mooi – alhoewel dit nie vir ’n Christen mag beteken dat hy gered gaan word nie (wat dit ookal beteken) want soos elke Sondag bely word is redding uit genade en nie uit verdienste nie.

Ek gaan van Vrydag af vir ’n rukkie weg van my werk epos wees. Hierby een skyfie uit ’n PowerPointaanbieding.

Groete, Abc

(Die skyfie gaan oor die ooreenkomste tussen mense en bobbejane. Die boodskap is nie baie duidelik nie en omdat ek nie Abc se identiteit op enige manier wou verklap nie, het ek besluit om nie die skyfie te publiseer nie.)

From: Daniel Louw
Sent: 22 June 2011 09:49 PM

Oom Abc

Oom vergelyk weer operasionele wetenskap met historiese wetenskap: ’n Mens kan nie die aarde se aantrekkingskrag, energie en elektrisiteit sien nie, maar jy kan die gevolge duidelik sien. Dit is toetsbaar, waarneembaar en herhaalbaar. Ek kan nou ’n klip laat val en sien hoe werk swaartekrag. Ek kan nou ’n lig aansit en sien hoe werk elektrisiteit. MAAR ek kan nie in ’n tydmasjien teruggaan om te sien hoe die Grand canyon gevorm het of hoe mense uit ape geëvolueer het nie. En daar is geen bewys dat genetiese inligting vanself vermeerder nie. Om ouderdomme te bepaal met radiometriese datering, moet ek BAIE ekstrapoleer en ons kan nie teruggaan om waar te neem dat die vervaltempos al daardie miljoene jare dieselfde gebly het nie. (Who’s really pushing bad science?)

Ek weet nie hoe genetiese veranderinge tussen identiese tweelinge vir hierdie argument help nie. Daar is genetiese verskille tussen alle mense, maar dit bewys nie die VERMEERDERING in genetiese inligting nie – bv hoe ’n aap die genetiese inligting bygekry het om te kan praat, vuur te maak, kuns en musiek te beoefen, gereedskap te maak, dooies te begrawe, ens.

Ons glo ook aan spesies wat kan ontstaan dmv natuurlike seleksie, maar die vorming van verskillende spesies in dieselfde soort het nie genetiese inligting bygekry nie.

Oom sê: “Ek is vas van oortuiging dat sodra mens geloof rasioneel probeer verklaar, wat insluit om ander moontlikhede verkeerd te probeer bewys, ’n tradisionele Christen nie meer van suiwer geloof kan praat nie. Geloof, as ek dit reg verstaan beteken aanvaarding sonder bewyse”

Ek probeer nie God of die Bybel te bewys nie, want ook dit is historiese wetenskap. Ek sê wel dat evolusie nie bewys is nie en nie as ’n plaasvervanger vir God gebruik kan word nie. Evolusie is ’n geloof, en sommige ateïste erken dit (Aanhalings – Evolusie is ’n geloof). Ateïste kan nie beweer dat hulle slegs glo wat bewys is en dan sê dat evolusie, die oerknal en eerste lewe bewys is sonder ’n god nie.

Oom, wat ons vandag sien, skreeu IO (Intelligente Ontwerp). Die natuur het nie vanself geskep nie.

Oor oom se skyfie, kyk asb:

Ek gaan ook Vrydag met verlof vir ’n week. Ons gaan see toe saam met my swaer-hulle.

Gaan oom-hulle ook met verlof?

Groete

Daniel

From: Abc
Sent: 23 June 2011 10:54 AM

Kyk my kommentaar tussen-in jou skrywe.

*******************

Oom Abc

Oom vergelyk weer operasionele wetenskap met historiese wetenskap Ek vergelyk dit nie, ek gebruik altwee.: ’n Mens kan nie die aarde se aantrekkingskrag, energie en elektrisiteit sien nie, maar jy kan die gevolge duidelik sien. Dit is toetsbaar, waarneembaar en herhaalbaar. So ook evolusie. Ek kan nou ’n klip laat val en sien hoe werk swaartekrag. Ek kan nou verskillende tipe duiwe bymekaar bring en sien dat hulle kleintjies anders lyk en meet hoe hulle chromosome verskil. Ek kan nou ’n vestigiale been op ’n perd se been sien en sy eweknie op ’n uitgestorwe perdspesie sien. Ek kan nou ’n lig aansit en sien hoe werk elektrisiteit. Jy sien net die gevolge van elektrisiteit. MAAR ek kan nie in ’n tydmasjien teruggaan om te sien hoe die Grand canyon gevorm het ons kan wel sien en meet hoe hy tans verander of hoe mense uit ape geëvolueer het nie. Omstandigheidsgetuienis: mitochondriale DNA, Kern DNA, fossielprogressies, kloneringsstudies, gedragsprogressiestudies, breinkasprogressiestudies, verandering van spesies in verskillende omgewings, natuurlike seleksie nabootsings in diereteling, geenmanipulering in die laboratorium, die aanskakeling van seldeling – alles in konteks saam gesien maak die bestudering van evolusie-hipoteses wetenskaplik. En daar is geen bewys dat genetiese inligting vanself vermeerder nie. Niks gebeur vanself nie, maar onder sekere omstandighede Om ouderdomme te bepaal met radiometriese datering, moet ek BAIE ekstrapoleer en ons kan nie teruggaan om waar te neem dat die vervaltempos al daardie miljoene jare dieselfde gebly het nie. (Who’s really pushing bad science?)

Ek weet nie hoe genetiese veranderinge tussen identiese tweelinge vir hierdie argument help nie. Daar is genetiese verskille tussen alle mense, maar dit bewys nie die VERMEERDERING in genetiese inligting nie – bv hoe die meganismes agter mutasies, stadige polimorfismes en vinnige polimorfismes is mooi uitgewerk ’n aap natuurlike seleksie die genetiese inligting bygekry het om te kan praat, vuur te maak, kuns en musiek te beoefen, gereedskap te maak, dooies te begrawe, ens. Dit was nie altyd daar nie het maar so via H. habilis, H. erectus, vroeë H sapiens ontwikkel. Die wetenskaplike studies dui duidelik daarop. Lees weer my artikel oor velkleur.

Ons glo ook aan spesies wat kan ontstaan dmv natuurlike seleksie, maar die vorming van verskillende spesies in dieselfde soort het nie genetiese inligting bygekry nie. Wat is ’n polimorfisme anders as nuwe inligting. Alternatiewe enkel nukleotied polimorfismes (allele) het nuwe eienskappe tot gevolg.

Oom sê: “Ek is vas van oortuiging dat sodra mens geloof rasioneel probeer verklaar, wat insluit om ander moontlikhede verkeerd te probeer bewys, ’n tradisionele Christen nie meer van suiwer geloof kan praat nie. Geloof, as ek dit reg verstaan beteken aanvaarding sonder bewyse”
Ek probeer nie God of die Bybel te bewys nie, want ook dit is historiese wetenskap. Ek sê wel dat evolusie nie bewys is nie en nie as ’n plaasvervanger vir God gebruik kan word nie. Moenie dit as plaasvervanger gebruik nie. Evolusie is ’n geloof geloof steun nie op bewyse nie, evolusie wel, en sommige ateïste erken dit (Aanhalings – Evolusie is ’n geloof). Ateïste kan nie beweer dat hulle slegs glo wat bewys is en dan sê dat evolusie, die oerknal en eerste lewe bewys is sonder ’n god nie. Niemand het nog ooit bewys dat ’n god of ’n alla bestaan of nie bestaan nie. As mens al die bewyse, van die verskile in skedels, skelette, behoud van sekere gene oor spesies heen, polimorfismes, omgewingsinvloede op genetika, klipwerktuie, ensovoorts binne konteks bestudeer is die verskynsel van evolusie te oorweldigend om toevallig te wees.

Oom, wat ons vandag sien, skreeu IO (Intelligente Ontwerp). Die natuur het nie vanself geskep nie. Absoluut, hy doen dit daagliks. Natuurlik is omgewingsprikkels en die regte toestande nodig. Van spontane ontbranding, spontane verbindings tussen elemente tot genetiese veranderinge vind ‘vanself’ plaas.

Oor oom se skyfie, kyk asb:

Ek gaan ook Vrydag met verlof vir ’n week. Ons gaan see toe saam met my swaer-hulle. Geniet dit. As julle dalk naby Mosselbaai is is daar belangrike argeologiese terreine wat op die vermoëns van die vroeë mens wys.

Gaan oom-hulle ook met verlof? Nee, hopelik later in die jaar.

Groete

Daniel

From: Daniel Louw
Sent: 23 June 2011 08:37 PM

Oom Abc

Oom vergelyk inderdaad operasionele wetenskap met historiese wetenskap – oom noem voorbeelde van operasionele wetenskap om evolusie (wat historiese wetenskap is) te verdedig. Hoekom sê oom makro-evolusie is toetsbaar? As dit toetsbaar, waarneembaar en herhaalbaar is, dan het wetenskap bewys dat dit nie moontlik is nie, want dit is nog nooit waargeneem nie. Die voorbeelde van makro-evolusie wat oom vir my gegee het, is nie makro-evolusie nie, maar mikro-evolusie.

’n Duif + ’n duif = nog ’n duif, is nie bewys van makro-evolusie nie. Dit is mikro-evolusie, waaraan ek ook glo. Het oom Hoe evolusie werk en hoekom dit nie werk nie gelees?

Oom sê: “Omstandigheidsgetuienis: mitochondriale DNA, Kern DNA, fossielprogressies, kloneringsstudies, gedragsprogressiestudies, breinkasprogressiestudies, verandering van spesies in verskillende omgewings, natuurlike seleksie nabootsings in diereteling, geenmanipulering in die laboratorium, die aanskakeling van seldeling – alles in konteks saam gesien maak die bestudering van evolusie-hipoteses wetenskaplik.”
Wat oom dus sê is: ’n klomp swak bewyse = ’n goeie algemene bewys? Dit is mos nie goeie wetenskap nie? En terloops, kyk Mitochondriese eva oor mitochondriese Eva.

Oom sê: “die meganismes agter mutasies, stadige polimorfismes en vinnige polimorfismes is mooi uitgewerk”
Mutasies is DNS kopieerfoute – dit lei nie na vermeerdering in genetiese inligting nie. Ek het al skakels daaroor gegee.

Oom sê: “Niemand het nog ooit bewys dat ’n god of ’n alla bestaan of nie bestaan nie. As mens al die bewyse, van die verskile in skedels, skelette, behoud van sekere gene oor spesies heen, polimorfismes, omgewingsinvloede op genetika, klipwerktuie, ensovoorts binne konteks bestudeer is die verskynsel van evolusie te oorweldigend om toevallig te wees.”
Ek sou presies die teenoorgestelde wou sê: Niemand het nog ooit bewys dat evolusie ’n werklikheid is nie. As ’n mens al die bewyse bestudeer is die verskynsel van ’n Intelligente Ontwerper te oorweldigend om toevallig te wees.

Al hoekom my en oom se siening verskil is agv ons wêreldbeskouing – nie die feite nie. Ons sien presies dieselfde feite, maar interpreteer dit anders. Net soos ek nie God kan bewys nie, kan oom ook nie oom se geloof, nl evolusie, bewys nie. Kyk ook Wil skeppingsleerders God en die Bybel wetenskaplik bewys?.

Oor verskillende allele, kyk New line of attack of Cain’s wife explanation gross and disgusting [of Kain se vrou].

Gepraat van argeologie, Dr Clifford Wilson, ’n argeoloog het gesê: “I know of no finding in archaeology that’s properly confirmed which is in opposition to the Scriptures. The Bible is the most accurate history textbook the world has ever seen.” (Uit Archaeologist speaks out). [Kyk ook Aanhalings – Argeologie.]

Groete

Daniel

From: Abc
Sent: 27 June 2011 08:58 AM

Daniel, Net laastens: Evolusie is nie my geloof nie. As iets my ‘geloof’ is het ek dit met my eie kop probeer uitwerk – insluitende my godsbegrip waarvan ek nêrens in ons skrywe melding gemaak het nie, behalwe om te sê dat ek nie in ’n grysbaard kinderbybelsprokie glo nie. Of ek in jou oë verkeerd dink, pla my nie. Ek weet hoe ek dinge probeer uitwerk is volgens die logiese metode wat ek so goed as moontlik probeer toepas op alles waarvoor denke nodig is. So ek gaan nie alles weer herhaal nie. Die manier hoe jy alles wat ek sê probeer afskiet, is vir my erg onwetenskaplik – ek wou egter nie teveel daarop inaan nie. Die webverwysings staan ook almal op dun wetenskaplike ys veral as jy dit in verband bring met al die BEWYSE vir evolusie wat ek al in museums dwarsoor die wêreld gesien het en op gereelde basis in top wetenskaplike tydskrifte en op kongresse lees.

Ek sê net weer laastens ek het groot respek en piëteit vir mense se religieuse belewenisse en benader dit asulks met groot privaatheid (heiligheid) en juis daarom gaan ek nie verdere epos in die verband lees nie.

Beste groete

Abc

From: Daniel Louw
Sent: 03 July 2011 09:36 PM

Oom Abc

Dan net ook oulaas van my kant af:

Ek probeer ook maar op ’n logiese manier dinge te verklaar, met God as ’n deel van die verklaring.

Oom sê: “Die manier hoe jy alles wat ek sê probeer afskiet, is vir my erg onwetenskaplik…”
As oom vir my sê hoekom en waar ek onwetenskaplik was, kan ek hierdie probeer verdedig. Maar hierdie stelling is te algemeen.

Oom sê: “Die webverwysings staan ook almal op dun wetenskaplike ys…”
Vergeet van die bronne – praat oor die feite. Ek kan ook redes kry hoekom sekulêre wetenskaplikes nie objektief is nie en soms skelm is. Bly eerder by die feite en die argumente. Net soos die artikel Creationism, Science and Peer Review ook sê.

Oom sê: “…met al die BEWYSE vir evolusie wat ek al in museums dwarsoor die wêreld gesien het en op gereelde basis in top wetenskaplike tydskrifte en op kongresse lees.”
Ek het oom baie keer gevra om vir my bewyse te gee vir evolusie. Oom het op die ou end ’n handjie vol genoem, waarna ek toe gewys het dat dit nie evolusie bewys nie. Om te sê dat baie wetenskaplikes evolusie glo en dat dit definitief bewys is, is nie goeie argumente vir evolusie nie. Oom werk in die biologiese veld en ek het gedink oom sou vir my uit oom se werk ’n paar goeie bewyse kon gee, maar oom het nie.

Ek dink egter ook dat dit ’n goeie tyd is om die gesprek te stop. Ek was al in baie sulke debatte betrokke en meestal vind ’n mens mekaar nie. Ek sê altyd: goeie argumente wen nie debatte nie. J

Baie dankie vir oom se tyd in hierdie verband.

Ek is steeds nie heeltemal seker wat oom se godsbeeld (indien enige) is nie, maar ek bid dat oom tog sal glo aan die God van die Bybel en dat Jesus Christus so lief vir ons was dat Hy vir ons aan die kruis gesterf het.

Groete

Daniel

From: Abc
Sent: 04 July 2011 10:59 AM

Daniel, Dankie. Ek het geweet jy gaan reageer. Ja, die pseudowetenskaplike argument tov historiese navorsing het ek al jare mee te doen en my opinie is dat skeppingsleerders dit verabsoluteer om hul geloof te versterk. Die ding is net dat sekere mitiese opvattings is so in sekere mense se breine ingegrif dat geen bewyse deur hulle as wetenskaplik aanvaar sal word nie. Hulle glo waarskynlik nie eers dat hulle gebore is nie, want hul geboorte is histories, so ook die maanlanding . Wat hier rondloop is net hulle spook. Vir natuurwetenskaplikes is alle navorsing histories, selfs die resultaat wat ek netnou in die lab gaan lees het. Dit is egter nie die punt nie – die punt is dat bewyse teen evolusie juis deur skeppingsleerders gebruik word – hoekom? Ek kan mos evolusie bestudeer as ek wil en daar word statisitiese waarskynlikheidstudies oor gedoen. As die hipotese eendag verkeerd bewys word het ek ten minste logies na die feite probeer soek. Steeds dan gaan ek dit nie teen geloof opweeg nie.

Kyk my kommentaar tussen-in jou skrywe.

Groete

Abc

*******************

Oom Abc

Dan net ook oulaas van my kant af:

Ek probeer ook maar op ’n logiese manier dinge te verklaar, met God as ’n deel van die verklaring. Dis mooi so, ek weer, hou geloof en wetenskap apart. As [sy kerkverband] hang ek Neutrale Wetenskap aan.

Oom sê: “Die manier hoe jy alles wat ek sê probeer afskiet, is vir my erg onwetenskaplik…”
As oom vir my sê hoekom en waar ek onwetenskaplik was, kan ek hierdie probeer verdedig. Kyk hierbo en ry Wits toe en gaan kyk hoe lyk mensskedels wat baie ouer as Genesis is. Maar hierdie stelling is te algemeen. Nee, baie spesifiek.

Oom sê: “Die webverwysings staan ook almal op dun wetenskaplike ys…”
Vergeet van die bronne – praat oor die feite. Die feite staan op dun ys en wat meer is die mense probeer deur op al die gapings in kennis te fokus, iets, bv evolusie af te skiet en kyk al die getuienis mis. Soos ek gesê het alles in die wetenskap is hipoteses en ten minste lyk die waarskynlikheid daarvan groter as dit waarop sommige Christene se geloof berus. Daarom meng ek nie wetenskap en geloof nie. Dis vir my twee afsonderlike leefruimtes. Ek kan ook redes kry hoekom sekulêre wetenskaplikes nie objektief is nie en soms skelm is. Dit het ek ookal baie gehoor. Bly eerder by die feite en die argumente. Watter feite. Die feite wat ek na kyk is die pragtige evolusionêre oorgange tussen die verskillende primate en verder terug en die ouderdomsmetings wat gedoen is. As dit eendag verkeerd blyk te wees sal dit deur wetenskap gedoen moet word. Tans lyk die statistiese waarskynlikheid dat evolusie waar is baie goed en die toevoeging van nuwe inligting ’n sekerheid. Net soos die artikel Creationism, Science and Peer Reviewook sê.

Oom sê: “…met al die BEWYSE vir evolusie wat ek al in museums dwarsoor die wêreld gesien het en op gereelde basis in top wetenskaplike tydskrifte en op kongresse lees.”
Ek het oom baie keer gevra om vir my bewyse te gee vir evolusie. Oom het op die ou end ’n handjie vol genoem, waarna ek toe gewys het dat dit nie evolusie bewys nie. Al die skeppingsleerders hamer daarop. Jy sal nie eers vir my kan bewys dat die kleur rooi bestaan nie, want ek is kleurblind. Tog weet ek die hipoteses oor rooi staan op goeie wetenskaplike bene. Vir my is dit ’n goeie hipotese, vir jou is dit iets waaraan jy jou geloof probeer ophang. Om te sê dat baie wetenskaplikes evolusie glo en dat dit definitief bewys is, is nie goeie argumente vir evolusie nie. Oom werk in die biologiese veld en ek het gedink oom sou vir my uit oom se werk ’n paar goeie bewyse kon gee, maar oom het nie. Ek werk glad nie met evolusie nie, maar die bewyse wat ek gegee het is baie geldig en pas in konteks in. Jy sal nooit goeie bewyse kry nie, al is hulle goed. Sien my voorbeeld van rooi. Dit bly vir my baie komies dat skeppingsleerders deur evolusie te probeer afskiet hul GELOOF probeer verstewig. Daar is boeke vol bewyse.

Ek dink egter ook dat dit ’n goeie tyd is om die gesprek te stop. Ek was al in baie sulke debatte betrokke en meestal vind ’n mens mekaar nie. Ek sê altyd: goeie argumente wen nie debatte nie. 🙂

Baie dankie vir oom se tyd in hierdie verband.

Ek is steeds nie heeltemal seker wat oom se godsbeeld (indien enige) is nie, maar ek bid dat oom tog sal glo aan die God van die Bybel en dat Jesus Christus so lief vir ons was dat Hy vir ons aan die kruis gesterf het. Dis ’n mooi storie warmee ek baie piëteit het. Ek probeer eerder die mooi dinge waarna hy gestreef het uitleef as om te bely dat hy vir my wat eeue jonger is as hy aan die kruis gesterf het. Ek probeer self werkmaak van my foute en wil nie dat iemand anders vir my onthalwe boet nie. Sy georkestreerde dood was maar bloot politieke fanatisisme en mens sien sulke gebeurtenisse nou nog gereeld.

Groete

Sela, vreugde en vrede

Daniel

Abc

‘Nothing in biology makes sense, except in the light of evolution.’ T Dobzhansky

‘Instead the finches have turned into ideal research subjects for studying evolution in real time because they breed relatively rapidly, are isolated on different islands and rarely migrate’. G Stix

‘They (Grant et al) have also been able to chronicle possible examples of new species that are starting to emerge.’

From: Daniel Louw
Sent: 04 July 2011 08:47 PM

Oom Abc

Oom kan verseker wees dat ek nie sulke vreemde opinies aanhang nie en ook nie CMI (www.creation.com) nie. Dus sal dit ’n veralgemening wees om te sê dat alle skeppingsleerders so glo.

Die vraag is of oom nie die wetenskap verabsoluteer nie. ’n Eksperiment wat ek self ’n uur gelede gedoen en waargeneem het is totaal anders as iets wat kwansuis miljoene jare gelede gebeur het en wat deur niemand waargeneem is nie.

Alle ateïste redeneer dat hulle aan niks glo, maar slegs iets aanvaar as dit wetenskaplik bewys is. Dit is ’n baie edel gedagte, maar ek dink dit is maar slegs ’n manier om weg te kom van ’n god. Ja, ’n mens kan nie God bewys nie, maar hoe op dees aarde gaan ’n mens bewys dat lewe vanself ontstaan het en dat alles vanuit ’n amoeba geëvolueer het? Jy kan dit eers bewys as iemand dit vandag sien gebeur. Niemand het dit al gesien gebeur nie. Ons is lief daarvoor om dit te vergelyk met ’n huis van vanself uit die wind en weer gebou word – totaal onmoontlik. Maar vir een of ander rede wil evolusioniste beweer dat ’n mens nie hierdie met biologie kan vergelyk nie. Die beginsels bly tog dieselfde, of hoe? Dit is die 2de wet van termodinamika.

Ja, ek verstaan van waarskynlikhede, maar besef oom met watter waarskynlikhede gewerk word – kyk Meer oor waarskynlikhede en Hawking. Ontken oom dat die waarskynlikhede baie klein is? Hoekom is ’n god ondenkbaar as oom bereid is om aan sulke klein waarskynlikhede te glo?

Dus glo oom dat Jesus wel bestaan het. Wat is oom se reaksie op wat CS Lewis van Jesus gesê het: Die Bybel oor Jesus se Godheid

En wat sê oom van The Impossible Faith?

Dit lyk my nie ons kry gestop nie :-). As ons egter die debat stop, is oom welkom om enige tyd (lank na die tyd) vir my bewyse van evolusie/miljoene jare te stuur. Ek sal graag daarvan wil weet.

Groete

Daniel

NS: Terloops, G Stix praat van mikro-evolusie.

Evolutionism is a fairy tale for grown-ups. This theory has helped nothing in the progress of science. It is useless. [Aanhalings – Evolusie dra nie by tot wetenskap]

From: Daniel Louw
Sent: 15 July 2011 18:32

Uit The diminishing returns of beneficial mutations:

Beneficial mutations are often seen as the engine of evolution (Mutations: evolution’s engine becomes evolution’s end!). However, beneficial mutations by themselves don’t solve the problem (see Beetle Bloopers). Mutations not only have to be beneficial, but they have to add biological information, i.e. specified complexity. However, practically all beneficial mutations observed have been losses of specified complexity (The evolution train’s a-comin’), with only a few disputable examples of mutations increasing information ever found (e.g. bacteria that digest nylon, citrate or xylitol).

Groete

Daniel

Bylae A: Om God te geniet … op grond van die oorsprong van die heelal

Deur prof Harm Moraal (Skool vir Fisies-Chemiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit)

Mei 2008

Binne ’n skrale 100 jaar het die aarde van 6000 jaar tot vier miljard jaar verouder. Die heelal self is nog meer as drie keer ouer ongeveer 14 miljard jaar. Wetenskaplikes aanvaar dat alles met ’n oerknal (“big bang”) begin het. Na ongeveer 400 000 jaar het materie in die vorm van ligte atome (waterstof en helium) begin om sterre te vorm. Die sterre het soos koolstof, stikstof, en suurstof. Uiteindelik het hierdie sterre as supernovas ontplof. Hulle het die asse van die swaarder atome in die ruimte uitgespoeg, en nuwe sterre het weer daaruit gevorm. Die nuwe generasie sterre – soos ons eie son – verbrand die materie verder tot steeds swaarder atome om sonlig en warmte te gee. Klein hoeveelhede van hierdie materie het in plante beland. Op aarde het hierdie materie tot lewe gelei. Intussen sit die heelal steeds uit, vanaf kleiner as ’n speldekop met die oerknal, tot die miljarde ligjare van vandag. Seders 1991 is meer as 200 ander planete buite ons eie sonnestelsel ontdek. Die groot vraag is: ls daar ook lewe?

Te groots om te kan verwerk?

Dit is die standaard wêreldbeeld van ons bestaan. In nie-wetenskaplike kringe, ook in die Christendom, is dit kontroversieel. Naas hierdie groot wêreld- (makro-kosmologiese) model is daar op ’n kleiner skaal ook nog die geskiedenis van die aarde self, met teorieë – en bewyse – vir kontinentale dryf, geologiese evolusie, en veral die verskynsel van biologiese evolusie. Die grootsheid van dit alles het binne die bestek van 100 jaar te vinnig gekom om behoorlik te kan verwerk. So het ons verval in ’n nimmereindigende siklus van kritiek op die wetenskap op geloofsgrondslag, en afwysing van geloof op wetenskaplike argumente (“The God Delusion”, Richard Dawkins, 2006).

[Baie interessant dat Richard Dawkins in ’n positiewe lig aangehaal word…]

Ek verlustig my daarin

As gelowige wetenskaplike het ek egter die vermoë gekry om die komplementêre waarhede van geloof en wetenskap bymekaar te bring. Daarom kan ek my net so voluit en onvoorwaardelik in die wetenskap verwonder as wat ek my geloof uitleef. Die eenvoud van die oerknalmodel is so oortuigend dat daar geen wetenskaplike gelyke daarvoor is nie. Sy elegansie blyk eers duidelik as jy dit in terme van die wette van die fisika ontleed.

  • Dis byvoorbeeld insiggewend om te begryp dat die bekende koolstof 14-horlosie waarmee ons ouderdomsbepalings doen, op dieselfde wette van die kernfisika berus as stralingsterapie teen kanker. As die horlosie betwyfel word, moet ek ook skepties teenoor stralingsterapie staan.
  • Die feit dat ek met ’n teleskoop 10 milard ligjaar ver, en daarom 10 miljard jaar in die verlede kan terugkyk, berus op dieselfde wette van elektromagnetisme as GPS- en kommunikasietegnolgie. As ek die teleskoop nie wil glo nie, kan ek my selfoon ook maar teruggee.
  • Een van my kollegas bestudeer stervorming deur middel van masers, die langer-golflengte broers van lasers. As ek sy resultate oor stervorming nie kan glo nie, dan moet ek ook aanvaar dat die rooi laserkolletjie van die supermark se skandeerder, my laserdrukker, en die beeld uit my DVD-speler maar net ’n hersenskim is.

[Hierdie stellings grens aan strooipopargumente en poog om skeppingsleerders belaglik te maak. Dit is baie duidelik dat prof Harm nie die verskil tussen operasionele en historiese wetenskap verstaan nie. Ek wonder of hy weet dat C-14 in diamante en dinosourusbene gekry word en daarom al die evolsionêre tydslyne totaal deurmekaar krap: kyk Diamonds: a creationist’s best friend en Radiocarbon in dino bones. Dit bly merkwaardig dat slim mense (hy ingesluit) nie die moeite doen om eers te gaan kyk presies wat ander sê voor hy hulle kritiseer nie. ’n Mens kry die indruk dat skeppingsleerders afgemaak word nog voor hulle hul mond oopgemaak het.]

Die wetenskap vorm ’n baie sterk samehangende geheel. Die nie-wetenskaplike aanslag besef gewoonlik nie dat as jy hier torring, jy daar breek nie. Die Nederlandse uitdrukking is dat dit byna onmoontlik is om ’n mes daartussen te kry.

Dis ’n voorreg om ’n beroep te kan beoefen waarin jy hierdie dinge op grond van fundamentele wette kan verstaan, en jou telkens weer daaroor kan verwonder. By hierdie grootse konsepte kom daar nog klein wonders ook. Die data waarmee ek daagliks werk, kom van die Voyager 1 en 2-ruimtetuie, wat tans 15 miljard km van ons af weg is (100 keer verder as die son), maar dit kom van skamele 35 watt radiosendertjies aan boord. Dis so sterk (so swak) soos ’n skamele yskasliggie!

In ’n ander projek meet ons die konsentrasie van berillium-10 in Antarktiese ys. Dit leer ons iets van die intensiteit van kosmiese strale miljoene jare gelede en die tegniek is soortgelyk aan koolstof-14 datering. Die analises is so verfynd dat ’n mens konsentrasies van so laag as 1000 atome per gram kan meet. Dit is die ekwivalent van een suikerkorrel opgelos in die Vaaldam!

[Dit is alles pragtige voorbeelde van operasionele wetenskap. Nou wil hy hierdie voorbeelde gebruik om aan die oerknal, wat historiese wetenskap is, lofsange te sing.]

Dis nie volmaak of finaal nie

Maar die mooi samehangende wêreldbeeldmodel is nie volmaak of finaal nie. Galaksies (sterrestelsels) roteer vinniger as wat hulle behoort. Die verklaring daarvoor is dat daar, behalwe sigbare materie in sterre, ook donker (onwaarneembare) materie moet wees wat sterker aantrekking, en daarom vinniger rotasie veroorsaak. Die heelal sit vinniger uit as wat hy behoort te doen. Ons skryf dit toe aan donker (onwaarneembare) energie.

[Net vroeër is die oerknal se lof toegesing met woorde soos “eenvoudig”, “oortuigend” en “elegant”. En ook: “…die oerknalmodel is so oortuigend dat daar geen wetenskaplike gelyke daarvoor is nie.” Nou word die probleme met die oerknal ook met net soveel genot beskryf. Daar word egter niks gesê oor hoe groot hier probleem eintlik vir die oerknal is nie. Besef mense wat donkermaterie is? Dit is denkbeeldige materie wat geskep word sodat die somme klop. Dit is eintlik ’n REUSE probleem vir die oerknalteorie. Selfs sekulêre wetenskaplikes besef dat daar groot probleme met die oerknal is. Kyk:

Weet prof Harm van Humphreys en Hartnett se skeppingsleermodel, wat nie donkermaterie nodig het nie? Kyk Ver-sterlig-jong-aarde-probleem. Of word die goed wat skeppingsleerders sê voor die voet afgemaak as nonsens omdat dit nie hoofstroom is nie?]

Om te sê dat die heelal vir soveel as 90% uit donkermaterie en donkerenergie bestaan, grens egter aan ’n erkenning van onkunde. Ons weet dus beslis nie alles nie en die wetenskaplike wêreldbeeld is nie finaal nie. [Ten spyte hiervan word “die wetenskap” bo die Bybel beskou, ten spyte van al die teologiese probleme met hierdie siening (kyk Het God evolusie gebruik om te skep, is Genesis 1-11 in ballingskap geskryf en was die sondvloed werklik ’n globale vloed?).] Kennis is soos die inhoud van ’n ballon. As die kennis binne sit, dan sit die onbekende op die oppervlak. Hoe stywer jy die ballon met kennis opblaas. hoe meer word die onbekende op sy oppervlak.

Job het al die Orion en ander sterrebeelde geken (Job 38:31) en ander persone in die Ou Testament was ook onderlê in die sterrekunde. Maar hulle het nog min geweet en daarom was hulle onbekende horison ook maar klein. Omdat ons so baie weet, is ons onbekende horison soveel groter. Diewiskundig aangelegde Ieser sal wei opmerk dat die volume van die ballon soos die derdemag van sy straal, en sy oppervlak maar soos die kwadraat groei . Die verhouding van die onbekende tot die bekende word dus steeds kleiner. Maar word dit ooit nul?

Hawking, Dawkins en Collins

Die gefaamde Stephen Hawking glo dat dit wel kan. Hy beklee Isaac Newton se leerstoel in Cambridge, is reeds 40 jaar ’n volslae invalide weens die Lou Gehrig-siekte, en is outeur van “A Brief History of Time”, die beste verkoper in populêre wêreldbeelde ooit. Die veelgeroemde laaste paragraaf lees “However, if we discover a complete theory, it should in time be understandable to everyone, not just by a few scientists. Then we shall all, philosophers, scientists and just ordinary people, be able to take part in the discussion of the question of why it is that we and the universe exist. If we find the answer to that, it would be the ultimate triumph of human reason – for then we should know the mind of God. (Hawking gee op 12 Mei 2008 ’n voordrag in Kaapstad.) Met sulke rasionele denke, gegrond op die beperkende metodes van die wetenskap, het hy en Dawkins geen Skepper-God nodig nie. Nog minder ’n persoonlike een.

Maar Hawking en Dawkins glo dit. Hulle het geen wetenskaplike bewys daarvoor nie, want dis nie meer wetenskap nie. Ek, aan die ander kant, kan my nie voorstel hoe ek oor die onbekende op die rand kan kom nie. Niemand sal tog ooit buite die heelal kan gaan staan om hom in volle wetenskaplike perspektief te sien nie? En almal, Hawking en Dawkins ingesluit, erken dat daar voor die oerknal geen fisika was nie. Ek sal dus nooit alles deur middel van die wetenskap alleen kan weet nie.

Daar is meer. God staan buite die heelal. In Job se taal kan ek daarom steeds nie die Orion se gordel losknoop nie. Wetenskap leer ons “hoe” en “wat”, maar nie “waarom” nie. [Van die verlede leer die wetenskap ons ook nie noodwendig veel nie. Kyk Om geloof en wetenskap te skei.] Francis Collins, die bioloog wat die menslike genoom agt jaar gelede gekarteer het, glo dit saam met my. In sy boek “The Language of God: A Scientist Presents Evidence for Belief” (2006), argumenteer hy dat Genesis 1 nie ’n wetenskaplike artikel is nie, maar iets vertel oor die aard van die Skepper-God, en daarom oor my aard as sy skepsel. Saam met hom – en skynbaar tot soveel as 40% van alle praktiserende wetenskaplikes – ervaar ek “… a wonderful harmony in the complementary truths of science and faith. The God of the Bible is also the God of the genome. God can be found in the cathedral or in the laboratory. By investigating God’s majestic and awesome creation, science can actually be a means of worship.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui