Dankie vir sulke mense wat wil leef en laat leef

*******

Dankie vir sulke mense wat wil leef en laat leef | Netwerk24

Johan Botha, NG Lidmaat, Hartenbos

01 November 2023

Daan Nortier se brief “Waar laat keuse oor Bybel kerk se lidmate?” (31.10) het betrekking.

Daar is al baie geskryf, verskil, geredeneer en geargumenteer oor die NG Kerk se lidmate en keuses.

Dit sal dalk goed wees om dr. Dewald Koen, ’n gay man, se brief “Wedersydse respek is hier belangrik” in Die Burger van 26 Oktober te lees.

Hy vra dat ons die nimmereindigende en verdelende debat afsluit sodat daar op belangrike sake gefokus kan word. Hy sê ook hy verstaan dat sommige NG Kerk-lidmate ongemaklik is met die idee dat gays in die kerk trou en doen ’n beroep op lede van die LGBTQI+-gemeenskap om diesulkes se mening te re­spekteer en tegemoetkomend te wees teenoor medelidmate en kerklike tradisies.

As dr. Koen se gesindheid maar in die hele gay-kwessie aan die orde van die dag was.

Die NG Kerk het nog nooit gays weggewys nie. Dit gaan eenvoudig oor selfsugtige, onbehoorlike eise.

Sopas is daar al weer die ondergrondse tone van “as ons nie ons sin kry nie, is ons weer op pad hof toe met die NG Kerk” en uitsprake dat die NG Kerk ruggraatloos is.

Jammer, maar die mense wat die kerk hof toe gesleep het, het die gay-saak op grondvlak meer skade as goed gedoen. In kort in Engels: “You cut your nose to spite your face.”

Dankie vir mense soos dr. Koen wat wil leef en laat leef.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui