Charles Darwin

Charles Darwin is bekend as die “vader van evolusie”

Aanhalings

Why then is not every geological formation and every stratum full of such intermediate links? Geology assuredly does not reveal any such finely graduated organic chain; and this, perhaps, is the most obvious and gravest objection which can be urged against my theory. The explanation lies, as I believe, in the extreme imperfection of the geological record.

“Hoekom dan is elke geologiese formasie en elke stratum nie vol sulke intermediêre skakels nie? Geologie openbaar verseker nie so ’n organiese ketting nie; en dit is moontlik die mees voor die hand liggende en ernstigste beswaar wat teen die teorie aangeteken kan word. Die verduideliking lê, soos ek glo, in die uiterste onvolledigheid van die geologiese rekord.”

(Uit On the Origin of Species, p264-265. Kyk ook Aanhalings – Vermiste skakels)

*****

“If it could be demonstrated that any complex organ existed, which could not possibly have been formed by numerous, successive, slight modifications, my theory would absolutely break down. But I can find no such case.”

“As daar gedemonstreer kon word dat enige komplekse orgaan bestaan het, wat onmoontlik deur talle, opeenvolgende, geringe modifikasies gevorm kon word, sou my teorie absoluut afbreek. Maar ek kan nie so ‘n geval vind nie.”

(Uit On the Origin of Species, hoofstuk 6, p 189, Kyk ook Onvereenvoudigbare kompleksiteit.)

*****

To suppose that the eye with all its inimitable contrivances for adjusting the focus to different distances, for admitting different amounts of light, and for the correction of spherical and chromatic aberration, could have been formed by natural selection, seems, I freely confess, absurd in the highest degree.

Om te veronderstel dat die oog met al sy onnavolgbare uitvindsels vir die aanpassing van fokus vir verskillende afstande, vir die toelating van verskillende hoeveelhede lig, en vir die regstelling van sferiese en chromatiese afwyking, gevorm kon word deur natuurlike seleksie, blyk dit, moet ek vrylik bely, absurd in die hoogste graad.

(Uit On the Origin of Species, 1971, p 186. Kyk ook Darwin vs. the eye.)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui