Bekeerdes al jare lank groot gedoop

Kyk ook:

Die volgende artikel het oorspronklik in Beeld verskyn.

***********

Bekeerdes al jare lank groot gedoop

2006-05-24

Die besluit van die NG gemeente Rant-en-Dal in Krugersdorp om mense wat ’n behoefte daaraan het, weer te doop ondanks versoeke van kerkleiers dat hulle moet wag – soos vervat in die berig Gemeente ignoreer sinode (22 Mei) – het betrekking.

Die kwessie van die “grootdoop’’ of “herdoop’’ is reeds sedert die NG Kers se algemene sinode in 1978 ’n tameletjie vir dié kerk waarvoor ’n aanvaarbare oplossing nog nie gevind is nie. Intussen het talle lidmate hulle groot laat doop, selfs dié wat in kerkrade dien.

Elke Christengelowige wie se lewe deur God nuut gemaak is, weet met oortuiging wat die Bybel oor die doopbediening van die gelowige sê en is gereed om daarvolgens te handel.

As kerke van die Gereformeerde tradisie in sekere Westerse lande reeds dekades lank die suigelingdoop én die grootdoop vir ’n bekeerde lidmaat bedien, waarom dan nie hier nie?

  • Heroldt van der Merwe, Lyttelton

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui