AS kies skeuring bo mediasie

Kyk ook:

Kyk Koinonia Sinode: Tyd om aan te beweeg? (Daniel Louw, 24 Okt 2023) wat op hierdie artikel reageer.

*****

AS kies skeuring bo mediasie | Volksblad

Theo Danzfuss

Volksblad, 23 Oktober 2023

Die algemene sinode van 2023 het pas finaal gekies: eerder kerkskeuring as oop gesprek deur onpartydige mediasie.

Agt jaar lank het behoudende NG gemeentes en lidmate alle moontlike kerklike kanale benut om die skeuring te probeer stop wat van die Algemene Sinode se besluite veroorsaak het.

Aangesien elke beswaar op dowe ore geval het, het talle gemeentes besluit om amptelik te doleer. Ook tevergeefs.

Kairos Netwerk het ‘n skriftelike versoek aan die ASM gerig om deur die proses van onpartydige mediasie saam te soek na ‘n oplossing vir die groeiende krisis. Die aanbod is botweg geweier.

Op 4 Mei 2022 het 56 gemeentes van oor die hele land as ‘n kategoriale sinode saamgekom met een gemeenskaplike doel hervorming van binne die NG Kerk.

Die 56 gemeentes het wéér gesamentlik ‘n amptelike uitnodiging om gesprek deur mediasie aan die ASM gerig. Vir die derde keer is die versoek geweier. Die heel laaste versoek is toe direk aan die algemene sinode van 2023 in sitting gerig. Die versoek is ‘n vierde keer geweier sonder sprake van ‘n alternatief.

Die rede vir die weiering was telkens dat die 56 gemeentes volgens hulle nie locus standi het om met die AS of ASM te mag praat nie. Hulle is nie eers bereid om ‘n paar van die sinode se tuiniers te stuur om met die 56 gemeentes te praat nie.

Aangesien die term locus standi, wat die ASM en ATR so vernuftig gebruik, nêrens in die Kerkorde staan nie, is dit ‘n onkerkordelike besluit.

Ons sal bly wees as die ASM en ATR kan verduidelik watter kwalifikasies ‘n mens moet hê om met die ASM te mag praat. Baie van ons behoudendes het ook al baie jare lank in daardie posisies gedien. Vir ons was dit nie ‘n status nie, maar ‘n diens in die kerk. Ons kan nie onthou dat ons ooit enige gesprekke wat die welsyn van die kerk raak ontduik het omdat iemand wat met ons wou praat kwansuis nie, locus standi gehad het nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui