Koinonia Sinode: Tyd om aan te beweeg?

Kyk ook:

Die volgende brief is op 24 Oktober 2023 aan Volksblad en Beeld gestuur, maar dit is nie geplaas nie.

*******

Koinonia Sinode: Tyd om aan te beweeg?

Daniel Louw

24 Oktober 2023

In “AS kies skeuring bo mediasie” (23.10) herinner Ds Theo Danzfuss van die Koinonia Sinode (KS) ons weer daaraan dat die NG Kerk se algemene sinode moderamen (ASM) nie met hulle in mediasie wou tree nie.

Die vraag is egter: waaroor sou KS nog met die ASM wou praat? Hierdie vraag is ook tydens die KS in Mei hierdie jaar gevra, maar dit is nie geantwoord nie. Die Algemene Sinode het verlede week ruimte gemaak vir gemeentes om te skuif van een streeksinode na ‘n ander. Dus, watter redelike versoek sou KS nog aan die ASM wou rig?

Het dit nie tyd geword dat Koinonia Sinode die realiteit in die gesig staar en wegstap nie?

Dit herinner aan Jesus sê woorde: “Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer.” (Matteus 5:39-41)

‘n Mens kan verstaan dat die gemeentebates ‘n belangrike kwessie is, maar Jesus het ook gesê: “Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens ‘n rusplek vir sy kop in nie.” (Matteus 8:20)

As Jesus op aarde was, sou Hy tog sekerlik nie aan KS voorgestel het om voort te gaan om op hulle regte te staan nie, of hoe?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui