Skrif aan muur vir vennootskap

Kyk ook:

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Skrif aan muur vir vennootskap | Netwerk24

Pieter Prinsloo

Sondag, 29 Oktober 2023

Ds. Pieter Prinsloo, Sasolburg, skryf:

Die analoog van ’n verbrokkelde sakevennootskap illustreer die huidige situasie binne die NGK se algemene sinodale verband:

Op ’n dag verander ’n man in ’n godsdienstige vennootskap se geloofsoortuigings. Hy koester nie regtig meer die vennootskap se oorspronklike, saambindende geloofsoortuigings nie. Hy weier boonop om te aanvaar dat sy veranderde geloofsoortuigings – wat vir hóm pragtig lyk – vir sy vennoot veragtelik, afstootlik en Godslasterlik is. Uiteindelik aanvaar sy vennoot dat die snelgroeiende kloof tussen hulle geloofsoortuigings volkome onoorbrugbaar is. Die tragiese ironie is dat die vennootskap se oorspronklike doel was om God se Naam in die samelewing te verheerlik met die vennote se saambindende geloofsoortuiging; op bisarre wyse, weens die een vennoot se veranderde geloofsoortuiging, veroorsaak die eskalerende gestryery binne die vennootskap nou egter dat God se Naam in die samelewing ontheilig word; die media berig gereeld oor die vennote se onversoenbaarheid en voortdurende pogings om die ander vennoot openbaar in ’n slegte lig te stel.

Enige regdenkende persoon kan sekerlik begryp dat die skrif aan die muur is vir hierdie vennootskap.

Die metafoor verduidelik waarom dit tyd is dat God verheerlik moet word deur die NG gemeentes se “vennootskap” met wedersydse welwillendheid tot ’n einde te bring. Die kloof tussen die “NG vennote” se oortuigings word immers die afgelope drie dekades ál groter.

Dit sal boonop nie tot eer van God wees indien een van die vennote die ánder vennoot, teen sy geloofsoortuiging in, met eiendom as afpersmiddel, probeer gevange hou binne die vennootskap nie; dit verwek trouens net groeiende weersin by daardie vennoot-gemeentes wat wil vry word. Daarom: Mag gemeentes binne die algemene sinode se onhoudbare “vennootskap” spoedig tot ’n welwillende einde kom. Die nuwe moderatuur kan hierin ’n leidende rol speel.

Kommentaar

Daniel Louw

Al hoe meer stemme gaan op wat erken dat die paaie in die NG Kerk moet skei. Hoe dit presies gaan uitspeel, weet mens nie.

1 thought on “Skrif aan muur vir vennootskap”

  1. Sê nie hierdie met venyn, of om iemand nou “by te kom” nie, maar vanuit ‘n perspektief waar ek dit met my eie 👁👁 beleef en ervaar het in die sekulêre sfeer: enige venootskap, of ooreenkoms, of samewerking, of deelname, hetsy met ‘n bewustelike wete van alle feite en motiveringe van alle partye, of nie, met ‘n “witchcraft spirit”, het verrykende gevolge.. God se ❤👁👁👂👂 is nié oop in só atmosfeer nie, en ‘n “Handelinge 16:16-saadjie” vanuit ‘n onbelyde 🖤 kan só groot word soos ‘n reus, en dan die hele 🌍🌏🌎 mislei.

    Vele ÍS misleid, want hul het geweier om die naelstring met “witchcraft” te breek..GOD is nie soos ‘n speelmaatjie met woorde nie. Hy bedoel wat Hy sê. ‘Onmiddelik’ is Sy Tydsverwagting in gehoorsaamheid wanneer Hy praat, en nie ‘eendag’ nie, want Hy 👁👁 ALLES van alle mense.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui