Aanhalings en Wyshede

Kyk ook:

********

O Heer, skenk my die gemoedsrus om te aanvaar wat ek nie kan verander nie, moed om te verander wat ek kan, en die wysheid om die verskil te ken.

********

O Heer, help ons dat dit nie nodig sal wees dat daar eers iets drasties in ons lewe gebeur voordat ons die lewe sal lei wat U vir ons wil hê nie.

********

Jesus het meer as 2000 jaar gelede gesterf. Ten spyte daarvan het niemand nog ooit na hom verwys as voormalige/eertydse/oorlede Jesus nie. Nie eens die heidene. Nêrens in die geskiedenis. Nêrens is hy verwys na in die verlede tyd nie! Hy is die lewende God! Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy aan ons dink! (E-pos ontvang)

********

Communist until you get rich
Feminist until you get married
Atheist until the airplane starts falling
Kommunis totdat jy ryk word
Feminis totdat jy trou
Ateïs totdat die vliegtuig begin val

[From “The Hypocrite Diaries”]

********

Dit is snaaks hoe almal van mening is dat eerlikheid ’n deug is, tog wil niemand die waarheid hoor nie.

It is funny how everybody considers honesty a virtue, yet no one wants to hear the truth.

********

Aandag is die skaarsste en suiwerste vorm van vrygewigheid.

(Attention is the rarest and the purest form of generosity.)

********

Het jy vyande? Goed so. Dit beteken jy het êrens in jou lewe vir iets gestaan.

You have enemies? Good. That means you’ve stood up for something, sometime in your life. ~ Winston Churchill

********

Godsdiens is om in die kerk te sit en te dink aan visvang. Verhouding is om vis te vang en aan God te dink.

********

  1. Wanneer jy alleen is, let op jou gedagtes.
  2. Wanneer jy saam met vriende is, let op jou tong.
  3. Wanneer jy kwaad is, let op jou humeur.
  4. Wanneer jy in ’n groep is, let op jou optrede.
  5. Wanneer jy in die moeilikheid is, let op jou emosies.
  6. Wanneer God jou begin seën, let op jou ego.

********

If you don’t fight for what you want, don’t cry for what you lose.

As jy nie veg vir wat jy wil hê nie, moenie huil vir wat jy verloor nie.

********

‘n Christen tree nie af nie, maar tree op.

‘n Christen tree nie uit nie, maar tree aan.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui