Waarheid ekonomies oorgedra

*******

Waarheid ekonomies oorgedra | Die Burger

Hennie Scholtz, Strand

Die Burger, 24 November 2023

Vir ’n gerekende akademikus en rubriekskrywer gaan prof. Anton van Niekerk darem baie ekonomies met die waarheid om in “Sal ons sonder haat kan leef?” (21.11).

Hy noem Hamas glad nie by die naam nie, daardie terreur-organisasie wat as uitsluitlike doel het die totale vernietiging van Israel en glad nie belang stel in ’n tweestaat-oplossing nie. Dat Israel se oorlog teen Hamas is, nie teen die Palestynse volk nie, verswyg hy gerieflikheidshalwe.

Dan verklaar hy met groot stelligheid dat slegs “die to­tale uitwissing van die Pale­stynse volk Israel tevrede sal stel”. Dis ’n infame onwaarheid. Israel het dit tog baie duidelik gestel dat sy oorlog net teen Hamas is, daardie organisasie wat sy tonnels onder hospitale grawe en nie omgee dat vroue en kinders as skilde dien nie.

Van Niekerk behoort hom te skaam om sy hele betoog te bou op vals en verdraaide aantygings, net soos sy tirade oor mense wat na die Wes-Kaap migreer (“Is dit die Groot Trek in trurat?”, 24.10).

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui