Vrae aan twee professore oor Skrifgesag

Kyk ook:

*******

Vrae aan twee professore oor Skrifgesag

Fanie le Roux

18 November 2022

Twee professor-teoloë van ons kerk het die afgelope tyd uitsprake gemaak oor ons siening van Skrifgesag. Dit lyk my die professore se uitgangspunt is dat daar ’n ontwikking in die ontstaan van die Bybel was. Dat verskillende kontekste verskillende (en meer progressiewe) resultate gelewer het. Die vrae wat nou by my opkom:

1. Het die waarheid wat die Bybel vir ons wil deurgee dus ook evolusionêr ontwikkel en verbeter soos wat die later skrywers op die skouers van die vroeëre skrywers kon staan en verder kon sien? ’n Progressiewe ontwikkeling van die insigte van die Bybel. Amper iets soos ’n ope inspirasie teorie, iets soos ’n ope teïsme?

2. Wat sou die waarde dus wees van die vroeëre feite van die eerste boeke van die Bybel? Is hulle van minder waarde omdat hulle verder in die geskiedenis terug lê?

3. Watter plek het God gehad in hierdie proses? Het Hy enigsins deelgeneem aan hierdie proses of was dit bloot menslike idees en belewenisse wat opgeteken was? En sou Hy verantwoordelik wees vir die inhoud van die Bybel? Waarom het Hy dan nie van die begin af met die volle waarheid na die mens gekom nie? Of is die waarheid altyd relatief? Of onvolledig, want ons kyk altyd deur ’n spieël in ’n raaisel. Of is daar geen algemeen geldige waarhede in elk geval nie? (Postmodernisme).

Is God dalk self die probleem? Weet Hy ook nog nie mooi wat aangaan nie? Ontwikkel Hy ook nog. (Prosesteologie)

4. Waar moet ons gaan soek vir die waarheid as daar nie algemeen geldige waarhede is nie? In onsself? By Gaia die Moedergod wat alles omvat en insluit? (panteïsme, panenteïsme en paganisme?)

5 Het ons dalk finaal die gereformeerde teologie en hermeneutiek vaarwel toegeroep?

  • Het God nie die hele Bybel en dus elke woord van die Bybel geïnspireer nie? Is dit nie meer so dat as die Bybel praat, praat God self nie? Of het God uit ons teologiese verwysingsraamwerk verdwyn? Kan ons Hom nie meer ken uit Sy Besondere Openbaring nie, omdat Sy Besondere Openbaring vir baie nie meer so besonders is nie? Is dit waarom die Algemene Sinode liewer die Algemene Openbaring bygetrek het om oor die Gays te besluit? Ek het dit nog altyd gehad dat as Gereformeerdes ons die Besondere Openbaring primêr stel.
  • Lees ons nie meer die Bybel in sy geheel as Heilsgeskiedenis nie? Wat van Jesus wat dit so uitgelê het (Lukas 24). Of bestaan Jesus die Seun van God as God self nie meer nie, want hy is net ’n mens, die historiese Jesus.
  • Wat het geword van die beginsel dat die Bybel homself verklaar? Of kan ons die Bybel nie sovêr vertrou nie?
  • Is die innerlike geuienis van die Skrif dat die Bybel in sy geheel deur God geïnspireer is, nie meer aanvaarbaar nie? Moet daar nou gesoek word na die Woord van God êrens IN die Bybel. Is dit nie soos die vroeë kerk gesê het DWALING nie?
  • Is die Bybel nog duidelik (perspecuitas) sodat ’n kind die groot boodskap daarvan kan verstaan: dat Jesus vir ons sondes aan die kruis kom sterwe het en dat ons Hom met ons hele hart moet liefhê en volg.
  • Het woorde nog sigwaarde of hang die betekenis van woorde nie van die skrywer af nie, maar van die leser? Lei dit nie tot matelose chaos nie? (Postmodernisme)
  • Is die Bybel.nog waar en betroubaar omdat God wat dit gegee het Alwetend en Volmaak is? Of maak God soos mense foute? Is God nog steeds anders as ’n mens soos die Tradisionele Christendom en die Gereformeerde leer glo?
  • Moet ons nog glo aan Christus alleen, Skrif alleen Geloof alleen ens. Of moet ons ook by die Dalai Lama en ander godsdienste leer? En almal wat enigiets glo ook op gelyke voet aanvaar? Is Christus dus nie meer die enigste Verlosser nie?
  • Moet ons dus wegdoen met die kerklike tug en die leertug asook ophou glo dat die ware kerk daar gevind word waar die Evangelie suiwer verkondig word, Sakramente suiwer bedien word en die kerklike tug toegepas word.(Soos ons Gereformeerde kerkvaders vir ons geleer het)

Dit alles laat my wonder: Het die Gereformeerde leer nog enigsins ’n plek in ons kerk het al sê ons dit nog wanneer ons belydenis aflê, as kerkraadslid bevestig word en wanneer predikante ’n Legetimasie eed moet aflê. Geld ons “Grondwet” Artikel 1 van die Kerkorde en nog enigsins?

Of het dit net leë woorde geword?

3 thoughts on “Vrae aan twee professore oor Skrifgesag”

  1. Jesus het vir sy apostels gesê:”it does belong to you to know the times and seasons that God has placed in its own jurisdiction”

    Die professor is korrek.Dit is die begrip en insig van die Skrifte wat van vorige generasies weggehou is wat vandag aan ons openbaar word.Sien Daniel 12:9 en 10
    Go Daniel,because the words are to be kept secret and sealed up until the time of the end:Vers 10 verduidelik watter diepe mense sal God se Woord verstaan in ons tyd.

    Begrip van die volgende het progressief duidelik geword ons tyd.
    Genesis 3:15 Die vrou is nie Eva nie,dit is God se hemelse organisasie.Die offspring of die saad verwys nie na Eva se kinders nie,maar wel na Jesus as die Primary gedeelte van daardie saad.Hoe weet ons dit?Wel Eva in haar geestelik volmaakte toestand was nie in staat om die Duiwel se versoeking te oorkom nie.Derhalwe was iemand sterker as Eva en haar onvalmaakte kinders nodig om Satan verkeerd te bewys.Hy het die bewering gemaak dat die mens in effek onafhanklik van God oor hulleself kan heers.

    God het toegelaat dat 5000 jaar verbygaan en die mens het nou elke vorm van heerskappy beproef van diktatorskap tot demokrasie

    God het dit goed geag om die mensdom te herhinner van die volgende Jeremiah10:23
    “It does not belong to man who is walking even to direct his step”Dit verwys na Adam en veral Eva se begeerte om soos God te wees

    Vandag weet ons ook dat die diere uit die see wat Daniël gesien het verwys na Empires tot in ons tyd.
    Byvoorbeeld:Voordat Daniel ook Nebuchadnezzar se massiewe beeld gesien het,het Assyria en Egipte gekom en gaan het.Die kop verteenwoordig Babylonian,silwer Media Persia,Brons Griekeland,2 bene van yster Rome,voete van tone en klei Anglo American World Power

    Nou weet ons die 7de en laaste koning van openbaring is hier.Daar is geen konings meer om te kom nie,behalwe die Skarlaken Rooi Dier wat as n agste koning beskou word

    Die Heilige Geheim omtrent die Koningkryk van God word ook nou ten volle verstaan,naamlik

    “And herewith an administration at the full limit off the appointed times.

    “Ons weet ook dat die tye van die nasies opgehou het en dat Jesus te midde van sy vyande regeer”Psalm 2 verwys na die nasies wat sedert 1914 uiters wreedaardig geraak het en geweier het om die Seun te eer.

    Ons weet ook dat Daniël 2:44 n nuwe administrasie gaan inbring

    Diegene wat begeer om hemel toe te gaan moet hulleself die vraag afvra en baie nederig raak.Wat het hulle gedoen om as n priester en koning te kwalifiseer om saam met Jesus oor die aarde te regeer.Sien Openbaring 20:4-6

    Bovermelde is slegs na paar voorbeelde van insig wat progressief deur God bekend gemaak word.Ek sal sê 98 persent van God se woord word nou ten volle verstaan deur sy knegte en dit is hoekom hulle groot vreugde en vertroosting vind in die lees en analisering van God se woord.Hulle verstaan wat hulle lees.Hulle het ook toegang tot die betekenis van oorspronklike Hebreeuse Griekse en Latynse woorde wat gebruik is

    Onthou die woord sê die volgende van God:”he reveals his confidential matter to his friends”Wie is Sy vriende

    Ek is seker die Professors beseer hulle gevolgtrekking op die Skrif wat sê my”a bright morning star has risen for the righteous”Dit verwys na son wat opkom en die donker oor die landskap vewyder totdat n mens alles kan sien.

  2. Progressief verstaan ons nou dat n werksbeskrywing diegene inwag wat wel hemel toe gaan.Hulle gaan onder andere as priesters voor die Persoon van God verskyn en oor die aarde heers.

    My vraag aan die twee professors is dit:Wat het Jesus bedoel toe hy gesê het:”Amongst those borne of woman,none has been raised up greater than John the Baptist,but the least in the kingdom of the heavens is greater than he is”

    Nou indien die mees geringste persoon in die hemelse koningkryk groter is as Johannes die Doper,dan sê eenvoudige wiskunde vir my.Waarheen gaan Johannes die Doper opgewek word want die kleinste in koningkryk is groter as hy.

    Ons weet ook dat Johannes die Doper voor Jesus gesterf het.En Jesus het verder gesê :Since the days of John the Baptist ,the heavenly kingdom is the goal toward which men are reaching,and seizing it.

    In Johannes10:16 se Jesus:”And I have other sheep which is not of this fold”Die manne met wie Jesus daar gepraat het almal die hemelse roeping gehad

    Hulle het nie altyd verstaan wat Jesus gesê het nie.Op n stadium het baie gedink die koningkryk gaan onmiddelik op aarde manifesteer.Op n ander geleentheid verwys Jesus na dieselfde manne in die volgende terme:”Have no fear little flock,because the father has approved of giving you the kingdom.

    Nou as die hele klein troppie skape hemel toe gaan,waarheen gaan Johannes die Doper en al die ander regverdige mense wat ook voor Jesus gesterf het.Want onthou Jesus het gesê dat dit slegs sedert die dae van Johannes die Doper is dat die hemelse roeping vir mense geopen het.

    Nou indien dit waar is dat alle regverdige mense hemel toe gaan en alle goddelose mense vernietig word,wat is die doel vir die hemelse konings en priesters om oor die aarde te heers.Want die aarde gaan nou sonder mense wees.

  3. Van die mees onlangse insig en begrip wat God aan sy knegte bekend gemaak het hou verband met Harmegiddon en dit is absoluut waaragtig.

    Wanneer Jesus ,God se wraak teen die goddeloses bring op aarde,kom hy nie net met sy kragtige engele nie.Die boek van Openbaring maak baie duidelik dat diegene wat geroep,uitverkies is hom vergesel in oorlog teen goddeloosheid.

    Dit bring my terug na my vorige kommentaar.
    Al die met hemelse roeping is by Jesus voordat Harmegiddon uitbreek.God se in die Bybel dat hy die mens baie SKAARS gaan maak op aarde.Wat beteken dit?Indien almal wat op aarde oorbly goddeloos en doodgemaak gaan word,hoekom sal Jesus en andere vir n duisend jaar oor aarde heers,tensy jy opwekking van die dooies op aarde gaan plaasvind

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui