Panenteïsme

Kyk ook:

“Pan” = Alles, “en” = in, “teïsme” = God

God is in alles en alles is in god. God is meer as alles, dus god is transendent (bo-sinnelik; wat die grense van die ervaring oorskry; onkenbaar; onvatbaar) en tog is alles in god, dus immanent (inwonend, byblywend, aanklewend, nie transendent nie); god is hier en is tog meer as alles. “Die aarde versorg my as ’n herder” pas ook by hierdie siening (soos met panteïsme). Dit lyk na ’n tipe kompromie tussen teïsme en panteïsme, maar baie nader aan laasgenoemde as eersgenoemde.

Een van die bekendste beskrywings van die panenteïstiese god is dié van biskop Spong. Let daarop dat selfs ateïste te vinde behoort te wees vir hierdie soort god:

Thus my definition of a non-theistic God is this: God is Being—the reality underlying everything that is … If God is the Ground of Being, you worship this divine reality by having the courage to be all that you can be—your deepest, fullest self … This God is not a supernatural entity who rides into time and space to rescue the distressed. This God is the source of life, the source of love, the Ground of Being. The theistic God of yesteryear is a symbol for the essence, the being of life in which we share. God is life, we say, and we worship this God by living fully. (Uit Why Christianity must Change or Die, John Shelby Spong. Vir meer oor Spong, kyk Wie is Biskop John Shelby Spong?.

Mense wat hierdie uitkyk aanhang doen dit heel waarskynlik omdat dit so ’n polities korrekte siening is. Dit is glad nie polities korrek om te glo (soos Christene) dat jy die enigste een is wat reg is en die ander probeer oortuig van jou siening nie.

Verskil tussen panteïsme en panenteïsme

Die verskil tussen panteïsme en panenteïsme is baie klein en filosofies. Dit herinner ’n mens aan Kol 2:8: “Pas op dat niemand julle as ’n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.” Die King James-vertaling praat van “… philosophy and vain deceit …” Vir meer oor hierdie terme (-teïsme), kyk:

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui