Van die Murray-toekennings val vreemd op

Kyk ook:

Die volgende artikel is geskryf in reaksie op hierdie jaar se Andrew Murrray pryswenners.

*******

Van die Murray-toekennings val vreemd op | Netwerk24

Dr. Henriëtta Klaasing, Randfontein­

21 April 2022

Die berig oor die wenners van vanjaar se pryse en toekennings van die Andrew Murray-prysfonds (19.04) het betrekking.

Dié prysfonds het in 1978 tot stand gekom om erkenning te gee aan ds. Andrew Murray as Godsman, een van die grootste figure tot nog toe in die NG Kerk en hoog geag oor die wêreld heen. Hy het ’n lang stryd teen liberalisme in die kerk gestry en hom veral uitgespreek teen die kritiese teologie en dit wat ’n wêreldse gees adem.

’n Mens sou dink dat by die toekenning van pryse wat aan sy naam gekoppel is, dit waarvoor Andrew Murray gestaan het en waarteen hy geveg het, by beoordeling in ag geneem sou word.

Soos in vorige jare val sommige van die toekennings vreemd op, byvoorbeeld die een aan prof. Louis Jonker, selferkende aanhanger van historiese kritiek. So ook prof. Andries van Aarde, wat nou verbonde is aan die Jesus Seminaar en wat die omstrede boek Fatherless in Galilee (’n histories-kritiese werk oor Jesus) geskryf het.

Wat sommige van hierdie wenners predik, bots lynreg met dit wat Andrew Murray beveg en die waardes waarvoor hy gestaan het.

Vir verdere oordenking: Is hierdie prys die regte platform vir herstellende geregtigheid?

1 thought on “Van die Murray-toekennings val vreemd op”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui