Teokrasie

Teokrasie is saamgestel uit twee woorde, Theos (God) en kratos (mag), en dit dui op die feit dat God (oor alles) regeer. Dit dui ook daarop dat besluite van God af kom en nie van mense nie.

Die beste voorbeeld van ‘n teokrasie word in die Ou Testament gevind toe God Israel geregeer het.

‘n Demokrasie is waar besluite geneem word op grond van die siening van die meerderheid.

Die kerk is nie ‘n demokrasie nie, maar ‘n teokrasie

Soms word gesê dat die kerk nie ‘n demokrasie is nie, maar ‘n teokrasie. Dit is natuurlik absoluut so: sover moontlik moet besluite geneem word op grond van die Bybel. Weens verskillende interpretasies van die Bybel is dit egter nie altyd prakties om ‘n beroep te maak daarop dat die kerk ‘n teokrasie is nie. Kwessies soos die doop, vrou in die amp, wegraping, ensovoorts is kwessies waaroor daar geldige alternatiewe interpretasies bestaan en dan is al uitweg om demokraties daaroor te besluit in die kerk.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui