Matteus 6:22-23 (Die lamp van die liggaam is die oog)

Matteus 6: (22)“Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog goed is, sal jou hele liggaam lig hê. (23)Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As die lig in jou donker is, hoe donker moet dit dan nie wees nie!”

Die paralelle weergawe kan verkry word in Lukas 11:34-36.

Jesus vertel hierdie kort gelykenis tydens die bergpredikasie.

In die algemeen word die oog gebruik om die liggaam te beskerm teen gevare en ook om te help dat die liggaam sy doel bereik. Sonder die oog, is die liggaam in die donker; dus word die oog met ‘n lamp vergelyk wat lig gee.

Hierdie gelykenis gaan egter nie oor fisiese sig nie, maar oor geestelike wakkerheid.

Soos ‘n lamp jou help om jou pad in die donker te vind, so help jou geestelike oog jou ook om jou geestelik gesond te hou of jou op die regte pad te hou.

Let daarop dat hierdie gelykenis tussen twee ander gelykenisse lê wat oor geld en besittings handel:

  • In Matteus 6:19-21 sê Jesus dat ons nie skatte op aarde bymekaar moet maak nie, maar dat ons skatte in die hemel bymekaar moet maak.
  • In Matteus 6:24 waarsku Jesus dat ons nie vir God en Mammon kan dien nie.

Ons geestelike oog/lamp moet dus wakker wees vir enige versoeking om aardse dinge te begeer.

Indien iemand nie ‘n goeie geestelike oog het nie, gaan hy nie die versoekings raaksien nie en daaroor struikel.

Hierdie beginsel sluit aan by Jesus se waarskuwing: “Wie ore het om te hoor, laat hom hoor“. Dit kom op die volgende plekke voor:

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui