Sing tot eer van die Here – Tuks Universiteitsoord gemeentekoor

Die volgende liedere was lewendig opgeneem tydens die aanddienste van 5 en 12 Mei 1996 van die NG Kerk universiteitsgemeente van Tukkies, Universiteitsoord.

Dit kan HIER van Dropbox afgelaai word.

alt

# Titel Tyd Bron Kunstenaar Komponis
1 Prelude uit Te Deum 2:57 1,2 MA Charpentier (1650-1704)
2 Lofsing die Here 3:23 LB 184 1,2  
3 Erkentlik deur die dae 2:03 LB 521 1  
4 Juig al wat leef 2:09 Ps 100, LB 100 1  
5 Here, redder, groot en magtig 1:51 LB 280 1  
6 Ek slaan my oë op (Griekwa) 3:28 Ps 121 1,3,4 Awie van Wyk
7 Geloofsbelydenis (Universiteitsoord) 2:25 1 Chris Lamprecht
8 Heilige Jesus 2:23 LB 168 1 Diskant: Chris Lamprecht
9 Jesus wat my liefhet Heer 2:07 LB 578 1,2 Diskant: Chris Lamprecht
10 Ek wat vergifnis Heer ontvang het (v3) 1:31 LB 245 1 Diskant: Chris Lamprecht
11 Heilig, heilig, heilig 2:44 LB 169 1,2 Diskant: Wim Viljoen
12 Soos ’n hert 2:36 Ps 42, LB 42 1  
13 Ons Vader wat woon in die hemel 2:37 LB 266 1  
14 Stille nag 3:11 LB 348 1,5 Diskant: Chris Lamprecht
15 Hoor die blye engellied 3:37 LB 365 1,2 Diskant: David Willcocks
16 Herders op die ope velde 2:58 LB 364 1 Diskant: Chris Lamprecht
17 Kom alle getroues 4:08 LB 345 1,2 Diskant: David Willcocks
18 O hoof bedek met wonde 2:51 Ges 122, LB 389 1,6,7 Diskant: Neil van der Watt
19 Kom almal laat julle stem verrys 2:17 LB 411 1,2 Diskant: ?
20 Besing die lof van Jesus 2:01 LB 215 1 Diskant: Chris Lamprecht
21 Ek sien ’n nuwe hemel kom 2:06 LB 602 1 Diskant: Tradisioneel
22 Ek het U hartlik lief o, Heer 2:05 LB 18 1  
23 Grote God aan U die eer 2:29 LB 190 1 Diskant: Salome Hendrikse
24 U goedheid Heer 1:33 LB 200 1  
25 Loof die Heer al wat lewe 2:04 LB 203 1,2  
26 Seën en Amen 0:50 LB 314 1,8  

Kunstenaars

  1. Orrelis: Wim Viljoen
  2. Trompette: Anton Delen en Walther Johannes
  3. Kalahari sanggroep 1996 olv Philip Loots
  4. Sopraan: Andria Naude
  5. Sopraan: Elodie Wiid
  6. Sopraan: Annika Nicol
  7. Viool: Johanna van Zyl en Lucie von Molendorff
  8. Liturg: Paul Grobler

Woorde

2. Lofsing die Here (Gesang 63 / Liedboek 184)

1. Lofsing die Here, die Ewige, sing tot sy ere!
Lofsing die Koning, die Skepper, die Vader, die Here!
Loof almal saam – groot is sy heilige Naam!
Loof Hom, die Heer van die here!

2. Lofsing die Here wat kunstig u liggaam berei het,
Hy is die sterke wat altyd nog by u gebly het;
wat in gevaar, hoe groot, hoe dreigend, hoe swaar,
oor u sy vleuels gesprei het!

3. Lofsing die Here, dis Hy wat u kroon met sy seën!
Hy skenk die lewe, die wasdom, die sonlig, die reën!
O sterfling, weet: Hy wat Almagtige heet,
het ons in liefde bejeën.

4. Lofsing die Here, ja, almal kom loof nou die Here!
Alles wat asem het, hier tot in tydlose sfere!
Hy is die Lig; ons oog bly op Hom gerig:
Hy is die Heer van die here!

3. Erkentlik deur die dae (Gesang 64 / Liedboek 521)

1. Erkentlik deur die dae, my aardse lewe lank,
wil ek die Here lofsing; wil ek die Here dank
vir wat Hy uit genade so ruim aan my bewys;
wil ek Hom vir Sy dade solank ek lewe, prys.

2. Erkentlik deur die dae, so lank as ek bestaan,
wil ek my blydskap uitsing; in ootmoed voor Hom gaan,
omdat Hy my versadig, omdat ek niks verlang
as wat ek uit Sy hande so onverdiend ontvang.

4. Juig al wat leef (Psalm 100 / Liedboek 100)

1. Juig, al wat leef, juig voor die Heer!
Dien God met blydskap, gee Hom eer;
kom nader voor Sy aangesig,
en prys Hom met ’n lofgedig!

2. Die Heer is God, erken dat Hy
’n eie volk vir Hom berei,
’n volk om Hom te dien en vrees
en skape van Sy wei te wees.

3. Gaan deur sy poorte in met lof,
met lofsang in Sy tempelhof;
kom in Sy huis, o bondsvolk, saam;
verhef Sy lof en prys Sy naam.

4. Want goedertieren is die Heer;
Sy goedheid eindig nimmermeer;
Sy trou en waarheid hou hul krag
tot in die laaste nageslag.

5. Here, redder, groot en magtig (Sing onder mekaar 19)

1. Here, Redder, groot en magtig – u oorskou ons lewenspad.
Lei ons in U lig en waarheid tussen alles wat verwar.
Ek is nietig – U’s genadig: U het ook my hand gevat –
U het self my hand kom vat.

2. Vir u volk, deur wolk, deur vlamme het U self die pad getoon.
Uit die rots, in dor woestyne, helder die fontein laat stroom.
God almagtig, lig en lewe kom van U genadetroon –
U kom self die pad ons toon.

3. Lei my, Heer, na die bestemming in U raad vir my bepaal;
dat ek leef en werk met vreugde want dit sal volharding vra.
Heer, u lyding bring bevryding: U’t vir ons die kruis gedra.
Met my kruis volg ek U na.

7. Geloofsbelydenis (Universiteitsoord)

Ek glo in God, die Vader, die Almagtige
Skepper van die Hemel en die aarde.
En in Jesus Christus, Sy eniggebore Seun, onse Here.
Wat ontvang is van die Heilige Gees,
gebore uit die maagd Maria, wat gely het onder Pontius Pilatus,
gekruisig is, gesterf het en begrawe is, en ter helle neergedaal het.
Wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode,
opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God,
die almagtige Vader van waar Hy sal kom om te oordeel:
die lewende en die dode.
Ek glo aan die Heilige Gees.
Ek glo aan ’n Heilige algemene Christelike Kerk,
die gemeenskap van gelowiges, die vergewing van sondes,
en in die opstanding van die vlees,
en ’n ewige lewe. Amen! Amen! Amen!

8. Heilige Jesus (Gesang 183)

1. Heilige Jesus, Heer van die here,
U is verhoog tot die hemeltroon.
Ons bring U ere, Christus, die Here!
Met heerlikheid is U gekroon.

2. Hoe skoon die aarde, dit het min waarde:
ons is gering voor u grootheid, Heer.
U is ons lewe, U is ons vrede.
U Gees moet ons hier lei en leer.

3. U is die Alfa, en die Omega.
U kom en elkeen sal U kan sien.
U is die Eerste. U is die Laaste.
Die ganse skepping sal U dien.

9. Jesus wat my liefhet Heer (Gesang 200 / Liedboek 578)

1. Jesus wat my lief het, Heer, laat my veilig by U skuil.
Kyk, die waters, wind en weer dreig en ruk en trek my neer!
Help my, Heiland, ag, ek vrees! Hoor die woeste winde huil!
U beskerm my swakke vlees laat my lewe vrede wees!

2. Ek kom na U, hulpeloos. Daar’s geen ander toevlug nie.
Kléin is my geloof en bróós, maar ek weet: Net U kan troos.
O my Heiland, U sal hoor! U sal my teen kwaad beskut.
Deur die duister gaan U voor as ek telkens moed verloor.

3. Jesus wat my liefhet, Heer, ek vind by U vrede, rus.
Druk my sorge my soms neer, word ek méér van U bewus.
U’s die rots waarop ek bou al kom voor- en teëspoed.
U sal ek voor oë hou selfs in storm of watervloed!

10. Ek wat vergifnis Heer ontvang het (Gesang 230 / Liedboek 245)

3. O God wat ryk is aan ontferming,
weerhou genade nooit van my,
maar hou my steeds in u beskerming
by U sal ek vir altyd bly!
Ek loof en prys U deurentyd,
ek loof en prys U deurentyd
en roem u groot barmhartigheid,
en roem u groot barmhartigheid.

11. Heilig, heilig, heilig (Gesang 6 / Liedboek 169)

1. Heilig,heilig,heilig, Heer,God almagtig,
groot is u troon, U is steeds met lof omring!
Heilig, heilig, heilig, liefderyk, genadig
u troon is steeds met lig en lof omring!

2. Heilig, heilig, heilig, Heerser vir ewig;
groot is u Naam U die Vader, Seun en Gees.
Grote God, ons eer U, met u hele skepping.
U wat in liefde God regverdig is.

3. Heilig, heilig, heilig, Heer, so weldadig,
groot is u guns, want U buig U tot ons neer!
Heilig, heilig, heilig, magtig en genadig.
U wás en ís en sál vir ewig wees.

12. Soos ’n hert (Psalm 42)

1. Soos ’n hert in dorre streke skreeuend dors na die genot
Van die helder waterbeke, skreeu my siel na U, O god!
Ja, my siel dors na die Heer, na die lewensbron; wanneer
sal’k, na swerftog en benouing, God weer sien in klare aanskouing?

5. Maar die Heer sal in my lewe weer oordag sy guns gebied.
ook deur donker nag omgewe, sing ek nog my pelgrimslied.
Ja, ek lofsing in die nag, want ek bly die Heer verwag;
My gebed sal opwaarts strewe na die bronwel van my lewe.

13. Ons Vader wat woon in die hemel (Gesang 294 / Liedboek 266)

Ons Vader wat woon in die hemel, geheilig sy u Naam.
Laat u ryk kom, u wil geskied, soos in die hemel so ook op die aarde.
Gee ons vandag ons dag se brood en vergeef ons al ons skulde,
net soos ons vergewe dié wat teen ons sondig.
Laat kom ons nie in die versoeking, maar verlos ons van die Bose.
Want U is die ryk en die sterkte en die ere,
vir ewig en ewig, amen. Vir ewig en ewig, amen.

14. Stille nag (Gesang 96 / Liedboek 348)

1. Stille nag, heilige nag! Jesus-kind, lank verwag,
Lig uit Lig, uit die Vader se ryk,
word uit liefde aan mense gelyk.
Loof die hemelse Kind! Loof die hemelse Kind!

2. Stille nag, heilige nag! Hemelvors, ons gee ag
op die lied van die engelekoor.
Herders het dit die eerste gehoor:
Juig, die Redder is daar! Juig, die Redder is daar!

3. Stille nag, heilige nag! Jesus, Heer, voor u mag,
voor u ryk moet die duisternis swig;
tot in ewigheid bly U die lig –
Heer, gebore vir ons! Heer, gebore vir ons!

15. Hoor die blye engellied (Sing onder mekaar 20 / Liedboek 365)

1. Hoor die blye eng’lelied aan die Koningseun gebied:
“Vrede op aarde – God die eer – Hy daal tot die sondaar neer.”
Almal wat Hom liefhet, sing om Hom lof en dank te bring!
Almal, juig met hart en stem: God word mens in Betlehem.
Hoor die blye eng’lelied aan die Koningseun gebied.

2. Christus, ewig God en Heer, Christus daar omhoog vereer,
in die volheid van die tyd word Hy mens, in needrigheid.
Sondelose Lam van God kom aanvaar die mens se lot –
Hy, met mense saamgetel, ware God – Immanuel!
Ook die aarde bring Hom eer – Christus, ewig God en Heer!

3. Jesus, ware Vredevors kom vir Hom ’n volk verlos.
Wêreldwyd, in elke land kom bevryding deur sy hand.
In ons nood het Hy gedaal, vir ons lewe duur betaal.
Vrygemaak, deur Hom gevind, is ek ook nou koningskind!
Almal deur sy koms verlos, dank en loof die Vredevors!

16. Herders op die ope velde (Gesang 90 / Liedboek 364)

1. Herders op die ope velde het dié nag die englekoor,
met die blye evangelie uit die hemel aangehoor:

Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God
in die hoogste heem’le.
Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God
in die hoogste hemele.

2. Met hul harte vol van vreugde praat hul van die Jesuskind:
Herder vir die mens op aarde wat verdwaaldes soek en vind.

Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God
in die hoogste heem’le.
Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God
in die hoogste hemele.

3. Ere in die hoogste hemel, klink dit nou die wêreld deur:
Liefde, vrede, welbehae daal in Jesus tot ons neer.

Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God
in die hoogste heem’le.
Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God
in die hoogste hemele.

17. Kom alle getroues (Gesang 88 / Liedboek 345)

1. Kom, alle getroues, vrolik en vol vreugde,
o kom in die gees nou na Betlehem!
Loof daardie Kindjie tot ons heil gebore

kom buig daar in aanbidding,
kom buig daar in aanbidding,
kom buig daar in aanbidding,
voor Jesus, die Heer.

2. ’n Kind is gebore; loof die God van liefde!
Hy kom ons verlos, Hy is Wonderbaar,
Raadsman en Sterke,God en Vors van vrede

Ons buig in blye aanbidding,
ons buig in blye aanbidding,
ons buig in blye aanbidding,
Verlosser en Heer!

3. Kom, lofsing die Here; Hy is onse Koning.
Vir ons word Hy mens en oorwin die dood.
Hy heers met reg in hemel en op aarde –

buig dankbaar in aanbidding,
buig dankbaar in aanbidding,
buig dankbaar in aanbidding,
voor Christus, die Heer!

4. Kom lofsing die Here, loof Hom, al wat lewe!
Wees vrolik, besing nou sy majesteit.
In U, Getroue, bly ons ook behoue.

Ons prys U in aanbidding,
ons prys U in aanbidding,
ons prys U in aanbidding,
Gesalfde en Heer!

19. Kom almal laat julle stem verrys (Gesang 142 / Liedboek 411)

1. Kom, almal, laat jul stem verrys!
Kom, laat ons die Verlosser prys.
Halleluja! Halleluja!
Die Heer laat duisternis verdwyn:
Hy is die lig wat helder skyn;
Loof die Here, gee Hom ere.
Halleluja! Halleluja! Halleluja!

2. Loof Hom wat die oorwinnaar is
oor magte van die duisternis.
Halleluja! Halleluja!
Hy gee die gawe van sy Gees,
stuur Hom  om ons tot troos te wees.
Loof die Here, gee Hom ere.
Halleluja! Halleluja! Halleluja!

3. Prys almal die verrese Heer;
Hy kom op wolke eenmaal weer
Halleluja! Halleluja!
Sou son en maan en sterre swig,
God bly in ewigheid die lig.
Loof die Here, gee Hom ere.
Halleluja! Halleluja! Halleluja!

20. Besing die lof van Jesus (Gesang 182 / Liedboek 215)

1. Besing die lof van Jesus saam, ook eng’le bring Hom eer.
Juig hemel, aarde, roem sy Naam en dien Hom, volg Hom, loof Hom
– Middelaar en Heer!

3. Verdwaasde mens, aanvaar dit nou dat Hy jou heil begeer;
bekeer jou, en sy Gees sal jou laat loof en prys en jubel
– dank Hom, God en Heer.

5. Hy wat as die oorwinnaar staan, kom op die wolke weer.
Hef al wat leef jul loflied aan en dien Hom, volg Hom, loof Hom
– Koning, Herder, Heer!

21. Ek sien ’n nuwe hemel kom (Gesang 177 / Liedboek 602)

1. Ek sien ’n nuwe hemel kom, ’n aarde nuut en vry.
Die see en al wat skei, verdwyn. God self kom by ons bly.

4. “Kyk, Ek maak alles nuut”, sê God. “Laat hom wat dors het, kom.
En hy sal vind hy is my kind; Ek is ’n Gód vir hom!”

5. Oorwinnaars sal ons alles erf en drink uit die fontein
van lewenswater, heerlik, rein. En God sal oor ons skyn.

22. Ek het U hartlik lief o, Heer (Gesang 18)

1. Ek het u hartlik lief, o Heer! U is my sterkte en teëweer.
Die Heer’s my rots, my vesting sterk, my redder wat my heil bewerk,
my rots wanneer die stormwind huil, my skild, die weerkrag van my heil,
my vesting op die bergkrans steil, by wie ek vas en veilig skuil.

14. Gods weg is gans volmaak soos Hy, Sy woord van al wat smet is, vry,
soos goud, gelouter sewe maal. Hy is ’n skild van keurmetaal
vir almal wat op Hom vertrou. Want wie’s daar buiten U, o Heer!
U is die rots, geen ander meer, op wie ons altyd weer kan bou.

23. Grote God aan U die eer (Gesang 10)

1. Grote God, aan U die eer! Heerlik is waar U regeer;
hemels is u majesteit; heilig u geregtigheid.
U wat alles onderhou, U is ewig en getrou.

2. In genade, groot en ryk, bou U, Heer, u koninkryk.
Voordat ek kon kies, kon vra, het u Seun my vloek gedra.
Ek kon vind: U’t my gekry voor ek nog my skuld bely.

3. U, oor alles God en Hoof, open oë van geloof
dat ons sien, geen goed of kwaad word aan toeval oorgelaat:
Bokant ons begrip, verstand, hou U al wat is in stand.

24. U goedheid Heer (Gesang 40 / Liedboek 200)

1. U goedheid, Heer, kan ons nie peil nie –
wie word daardeur nie diep getref!
Niks anders bring vir ons die heil nie –
ons wil ons hart tot U verhef.
Aan U alleen ons dank en ere – U wat ons in u liefde lei.
U sal ons nooit vergeet nie, Here U wil ons in u waarheid lei.

3. Sou ek, o Heer, U nie vereer nie, sou ek u goedheid nie verstaan?
Sou U my raad gee, ek nie leer nie, die weg wat U my wys nie gaan?
Nee, Heer, U rig my wil en strewe; u Woord bly my gedurig by.
Vul met u liefde ook my lewe om my in alles U te wy.

25. Loof die Heer al wat lewe (Gesang 62 / Liedboek 203)

1. Loof die Here, al wat lewe, wil Hom dank en hulde bring
Hy het al ons skuld vergewe; ons ’n nuwe lied laat sing.
Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom! Loof die Vader, God en Heer!

2. Loof Hom wat in groot genade ons deur eeue heen behou;
loof Hom vir sy reddingsdade – vas kan ons op Hom vertrou.
Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom! Hy’s genadig en getrou.

3. Soos ’n vader sorg vir kinders, sorg die Heer vir wie Hom vrees.
Hy vergewe hul oortredings en berei ’n vreugdefees.
Loof Hom, prys Hom! Loof en prys Hom! Laat ons Hom gehoorsaam wees!

26. Seën en Amen (Numeri 6:24-26 en Liedboek 314)

Die Here sal jou seën en jou beskerm. Die Here sal tot jou redding verskyn en jou genadig wees. Die Here sal jou gebede verhoor en aan jou vrede gee.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui