Prof by Maties maak kapsie teen konferensie

Vir agtergrond oor hierdie artikel, kyk Opsomming: Queering the prophet conference, Stellenbosch 2022.

Skielik is Louis Jonker gesteld op hoe die Bybel geïnterpreteer word terwyl sy eie interpretasies self onder verdenking is:

Kyk gerus die volgende video waarin Ferdie Mulder wys hoe inkonsekwent hy is om hierdie konferensie te kritiseer:

Stellenbosch Queer Breuklyn

Kyk ook Queering the prophet: Jonker se reaksie ‘help Kairos Netwerk’ (25 Feb 2022) waarin Theo Danzfuss hierop reageer.

*******

Prof by Maties maak kapsie teen konferensie | Kerkbode

17 Februarie 2022

Deur Louis Jonker

Hiermee wil ek graag reageer op die polemiek rondom die “Queering the prophet”-konferensie wat deur die Gendereenheid by die Fakulteit Teologie op Stellenbosch aangebied word.

Ek is op rekord dat genderperspektiewe uiters belangrik is vir die hermeneutiese besinning binne die NG Kerk. Daarsonder sou ons (let op die inklusiewe voornaamwoord) onverantwoordelik met die Bybel omgaan. My kritiek teen hierdie konferensie het dus niks te make met ’n aanslag tot die teendeel vanuit die Kairos-Netwerk nie. Inteendeel.

My kritiek het egter alles te make met dié soort ahistoriese benadering tot Bybelinterpretasie wat in hierdie konferensie gepropageer word. Sonder ’n sensitiwiteit vir die historiese kontekste waarin die Bybeltekste ontstaan het, en waarin die Bybeltekste oor eeue heen geïnterpreteer is, loop ons die gevaar om in te lees in die Bybeltekste wat ons met ons eie biografieë daarheen bring.

As dit geskied met deursigtigheid en selfinsig, is dit nog in orde. Maar wanneer dit geskied sonder enige bewussyn van hoe die eie konteks ’n mens se Bybelinterpretasie inkleur, word dit gevaarlik. Dit is die soort hermeneutiek wat ons laas in die apartheidstyd gesien het.

Ek wil my dus bewustelik van hierdie konferensie distansieer wat aangebied word deur die teologiese fakulteit waarvan ek deel is.

Ek wil verder die volgende vraag stel: Kan die NG Kerk langer daarsonder klaarkom om die historiese dimensie van Bybelinterpretasie in ag te neem? Deur dit te ignoreer, word hierdie kerk uitgelewer aan die uitlegstrategieë van beide die Kairos-Netwerk en die Gendereenheid by die Fakulteit Teologie op Stellenbosch.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui