Queering the prophet: Jonker se reaksie ‘help Kairos Netwerk’

Ds Theo Danzfuss reageer hieronder op prof Louis Jonker se brief Prof by Maties maak kapsie teen konferensie (17 Feb 2022) oor die Teologiese Fakulteit van US se beplande Queering the prophet” konferensie. Vir meer konteks, kyk Opsomming: Queering the prophet conference, Stellenbosch 2022.

******

Dankie Louis, jy help ons baie!

(Ds Theo Danzfuss reageer op prof Louis Jonker se artikel in die Media oor die Teologiese Fakulteit van US se beplande “Queering the prophet” konferensie)

25 Februarie 2022

Ek wil graag ons dank betuig aan die dapper professor wat eerlik genoeg was om homself te distansieër van die vals teologie wat sy eie teologiese fakulteit in aanloop tot hul “Queering the prophet” konferensie verkondig. Louis Jonker moes verlede week rooi van skaamte openlik erken dat US se Teologiese Fakulteit met gevaarlike soort hermeneutiek besig is. “Ek wil my dus bewustelik van hierdie konferensie distansieer wat aangebied word deur die teologiese fakulteit waarvan ek deel is.” In gewone Afrikaans erken hy dus dat Maties besig is met dwaalleer en valse teologie.

Om seker te maak dat niemand sal dink hy wil dalk lid van Kairos Netwerk word nie, slaan hy toe sommer ook so paar blinde vuishoue in die lug na KN se kant. Die stereotipe, vernederende manier waarop hy in die artikel na KN verwys, pas hoegenaamd nie by die akademiese integriteit wat van hom as US se “uitgelese professor” verwag word nie. Aangesien dit ‘n oortreding van die negende gebod is, laat ons daardie opmerkings rustig oor aan sy gewete voor die Here. Iemand wat slegs US se konferensie ontmasker, maar steeds al die ander dwalinge wat daar uitbroei kondoneer, sal in elk geval nie inpas by KN nie. Al die bokspringe wat ons sien om weer US se Teologiese opleiding in ere te herstel, het reeds misluk. Dit is te laat. Ons het niks meer nodig as hierdie openbare erkenning uit US se eie geledere nie.

Een ding is seker: Na hierdie openbare brief, het die liberales in die NG Kerk geen verweer meer nie.

  • Nooit weer mag die AS, of ASM weer Skrifgetroue lidmate se besware teen die valse leringe wat by ons Teologiese Opleiding uitbroei ignoreer nie.
  • Nooit weer mag teologiese studente wat kla oor professore se uitsprake gedreig word terwyl die dwalende dosente skotvry wegkom nie.
  • Nooit weer mag Kairos Netwerk van kerkskeuring beskuldig word omdat ons met ander opleiding sentra onderhandel op soek na alternatiewe gereformeerde teologiese opleiding vir ons studente nie.
  • Nooit weer mag iemand met ‘n skoon gewete probeer om die totale afvalligheid van die NG Kerk se Teologiese Opleiding te ontken nie.

Dankie Louis, jy het ons gehelp.

*******

‘n Soortgelyke weergawe van hierdie brief het ook in Kerkbode verskyn.

Queering the prophet: Jonker se reaksie ‘help Kairos Netwerk’ | Kerkbode

Kerkbode

25 Februarie 2022

Ds Theo Danzfuss skryf: Prof Louis Jonker se brief in Kerkbode verwys.

Ek wil graag ons dank betuig aan die dapper professor wat eerlik genoeg was om homself te distansieer van die vals teologie wat sy eie teologiese fakulteit in aanloop tot hulle “Queering the prophet” verkondig.

Ek verwys na die brief in Kerkbode waar Louis Jonker verlede week rooi van skaamte openlik moes erken dat US se teologiese fakulteit met ’n gevaarlike soort hermeneutiek besig is. “Ek wil my dus bewustelik van hierdie konferensie distansieer wat aangebied word deur die teologiese fakulteit waarvan ek deel is.”

In gewone Afrikaans erken hy dus dat hulle besig is met dwaalleer en valse teologie.

Om seker te maak dat niemand sal dink hy is dalk aan Kairos se kant nie, slaan hy toe sommer ook so ’n paar blinde vuishoue in die lug na KN se kant.

Die stereotipiese, vernederende manier waarop hy in die artikel na KN verwys, pas hoegenaamd nie by die akademiese integriteit wat van hom as US se “uitgelese professor” verwag word nie … Aangesien dit ten diepste ’n oortreding van die negende gebod is, laat ons daardie opmerkings rustig oor aan sy gewete voor die Here.

Iemand wat tereg enkele dwalinge van die fakulteit rondom die Queering the prophet-konferensie ontmasker, maar steeds die ander dwalinge van die teologiese skool kondoneer, sal in elk geval nie inpas by KN nie. Kort na sy brief in Kerkbode sien ons al meer benoude spronge om die NG Kerk se teologiese opleiding te probeer red, maar nou is dit te laat.

Een ding is seker: Na hierdie so ’n openbare brief, het die liberales in die NG Kerk geen verweer meer nie.

Nooit weer mag die AS, of ASM weer ons Skrifgetroue lidmate se besware teen die valse leringe wat by ons teologiese opleiding uitbroei, ignoreer nie.

Nooit weer mag teologiese studente wat kla oor professore se uitsprake gedreig word terwyl die dwalende dosente skotvry wegkom nie.

Nooit weer mag Kairos Netwerk van kerkskeuring beskuldig word omdat ons met ander opleidingsentra onderhandel op soek na alternatiewe gereformeerde teologiese opleiding vir ons studente nie.

Na hierdie erkenning vanuit die binnekring, is dit net blindes wat nog die afvalligheid van ons teologiese fakulteite sal ontken.

Dankie, Louis, jy het ons gehelp.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui