NGK: ‘Vra gay lidmate om verskoning’

Kyk ook:

Die volgende artikel het Beeld verskyn op Donderdag, 8 September 2016.

Dit is interessant dat hierdie “christen” gays so veg vir hulle regte in die kerk. Is dit ’n gesindheid wat Jesus sou openbaar? Jesus het gesê: “As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe.” (Mat 5:39)

Om nie te praat oor die feit dat Jesus nie homoseksualiteit sou goedpraat nie, want dit is sonde (Die Bybel oor homoseksualiteit).

************

NGK: ‘Vra gay lidmate om verskoning’

08 September 2016 21:04

Groep van sewe LGBTI-lidmate

Die NG Kerk is ’n verskoning verskuldig aan sy LGBTI-lidmate (lesbies, gay, biseksueel, transgender en interseks) omdat hy gesloer het om die sinodebesluit van 2015 in werking te stel.

Só reageer ’n groep van sewe LGBTI-lidmate, proponente en predikante in ’n verklaring op die besluit van die algemene sinodale moderamen om gay-verbintenisse ten volle te erken.

Die gesamentlike verklaring is onderteken deur Laurie ­Gaum, Judith Kotzé, Schalk Naudé, Pieter Oberholzer, Hennie Pienaar, Charlene van der Walt en Lulani Vermeulen.

“Ons is dankbaar dat die NG Kerk gelei is om die menswaardigheid van alle mense, gemaak na die beeld van God, volledig te erken en sodoende ’n leier vir geregtigheid wat dit betref in Suid-Afrika en Afrika te word. Ons vertrou dat die kerk ’n profetiese getuienis in dié verband in ons samelewing en kontinent, wat onder geweldige homo- en transfobie deurloop, sal uitoefen,” lui die verklaring.

“Die 2015-besluit is in die eerste plek verkeerdelik opgeskort. Dit word betreur dat ’n regsbrief van elf lidmate nodig was om die moderamen tot aksie te beweeg sodat uitvoering aan ’n sinodebesluit gegee kan word.”

Die moderamen het vandeesweek op ’n vergadering in Kemptonpark besluit om die gay-kwessie op ’n buitengewone sinode te bespreek. Die sinode sal in November in Pretoria gehou word.

Die bevriesing van die sinodebesluit van 2015 sal intussen opgehef word.

Dié sinodebesluit het onder meer behels dat NG predikante gay-verbintenisse kan voltrek en dat gay leraars nie meer selibaat hoef te bly nie.

Die groep van sewe spreek in hul verklaring die hoop uit dat LGBTI-lidmate na die sinode genooi sal word “sodat hulle vir hulself kan praat”.

Hulle vra dat die kerk so gou moontlik die nodige registrasie by die departement van binnelandse sake bekom sodat gewillige predikante gay-verbintenisse kan bevestig.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui