Kommentaar op “Kreasioniste kla dikmond by SABC oor TV program”

Hier volg kommentaar deur Coert Welman op die artikel Kreasioniste kla dikmond by SABC oor TV program deur Jean Oosthuizen (hierdie kommentaar is eers onderaan die artikel op kletskerk.co.za geplaas, maar die webmeester het dit nooit geplaas nie):

 

 

15/05/2011 at 2:35 pm

Ek is van mening dat die keuse van paneellede nie besonders goed was nie. Die reeks se naam is tog immers What does God think of us en dit impliseer tog dat God se bestaan nie-onderhandelbaar is nie. Hoekom is daar nie eerder ’n aanhanger van die teistiese evolusie (daar is ’n magdom in die kerk) nie eerder gekies om te debateer teen die jong aarde skeppingsleerders nie? Dit sou baie meer sinvol gewees het.

Soos dit tans staan is Mouton en Klaasing gekies om die “Christelike” perspektief te verteenwoordig. GEbaseer daarop is daar meriete in Mouton se klag dat daar ’n voorafbepaalde antwoord/gevolgtrekking was vir hierdie program. As Mouton en Klaasing die Christelike perspektief verteenwoordig het (Croucamp het beswaarlik nie), dan moes Geyser se slotrede dit genoem het.

Maar Geyser se slotrede was juis lynreg teen dit wat Mouton geargumenteer het.

As mens kyk na die enorme feitefoute wat die navorsers voorhou as waarheid, dan is die integriteit van hierdie reeks lankal kas toe. Copernicus brandstapel toe? Ja reg! Dit is baie duidelik dat daar ’n sterk liberale teologie en selfs plek-plek Ontluikende Kerk en Nuwe Hervorming invloed is in hierdie program.

Ek was baie teleurgesteld in die kwaliteit van aanbieding, asook die inhoudelike van hierdie program in besonder en die reeks in die algemeen. Ek neem dit egter op (ek is immers Sondae in die kerk soos dit ’n Christen betaam) om later te kyk in die hoop dat dinge sal verbeter.

 

Kyk ook:

 

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui