Is Bybel dan nie in ’n sekere milieu geskryf nie?

Kyk ook kommentaar onderaan.

******

Is Bybel dan nie in ’n sekere milieu geskryf nie? | Netwerk24

Naas Venter, Steynsrus

18 Oktober 2021

Ds. Piet Otto pleit daar moet weer na die waarheid van die Skrif teruggekeer word (12.10).

Die vraag is: Watter waarheid? Die waarheid van ’n skepping in sewe dae en dat die aarde 6 000 jaar oud is of ’n aarde wat miljarde jare oud is? Die waarheid dat die vrou ondergeskik is aan die man of geslagsgelykheid? Die aanhou van slawe of die verbod op slawehandel? Die antwoord van Christus dat die liefde gelyk staan aan geloof in God, of die God wat jou tot in die vierde geslag gaan straf of dat geloof in Christus maak dat jou sonde vergewe is?

As ons terugkeer, dominee, mag ons dan net ’n paar honderd meter op ’n Sondag reis?

Is die Bybel dan nie in ’n sekere milieu geskryf nie?

Vir enige ongebreinspoelde, moderne mens is dit duidelik dinge het baie verander en dat aangepas moet word.

Daar kan ure lank geredeneer word oor die waarheid. Het die Bybel nie ’n bietjie outyds geword nie?

Kommentaar

Natuurlik is daar kultuurgebonde dinge in die Bybel, soos byvoorbeeld:

  • Vroue wat hoede moet dra
  • Om jou broer met ’n broederlike kus te groet

As dit ook baie duidelik is dat daar nie meer ’n verbod is om onrein diere te eet nie, dan is dit mos baie voor die handliggend dat hierdie uiterlike dinge nie vir God belangrik is nie.

Die probleem met Naas se argument is: waar wil hy die lyn trek in terme van kultuurgebonde kwessies:

Hierdie dinge is mos baie duidelik nie kultuurgebonde sake nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui