Thuli Madonsela oor Beyers Naudé, ‘innerlike koue’ en haar (gebrek aan) politieke planne

*******

Thuli Madonsela oor Beyers Naudé, ‘innerlike koue’ en haar (gebrek aan) politieke planne – Kerkbode

Helene Meissenheimer

17 Oktober 2022

“Vir hom het die siel nie ’n kleur gehad nie,” het prof Thuli Madonsela op 17 Oktober tydens haar spreukbeurt by ’n NG Kerk sinodevergadering in die Bosveld oor wyle Beyers Naudé gesê.

Madonsela het die anti-apartheidsteoloog, wat onder meer vir ’n deel van haar studies betaal het, se lof besing in haar rede by die 22ste vergadering van die NG Kerk se Noordelike Sinode (16-20 Oktober).

Madonsela, ’n voormalige openbare beskermer, spits haar deesdae daarop toe om jong leiers op te lei in die etiek van geregtigheid, deernis, waarheid en integriteit.

En, nee, sy gaan nie die politiek betree nie, het die sowat 300 afgevaardigdes gehoor. “Dit (politiek) was nog nooit ’n droom van my nie … ek werk op Stellenbosch saam met kollegas om etiese leiers op te lei,” antwoord Madonsela.

LEES OOK: Lourens Bosman | Ons is nie Gift of the Givers nie

Prof Jannie Rossouw het opgemerk dat hy nog nooit applous vir ’n vraag ontvang het totdat hy by hierdie geleentheid vir Madonsela hieroor uitgevra het nie. Rossouw het sy kans waargeneem om die vraag te vra tydens die vraag en antwoordsessie na Madonsela se toespraak, wat virtueel plaasgevind het.

Noordelike Sinode is ’n streeksinode van die NG Kerk wat meer as 100 gemeentes in vier lande verteenwoordig (Suid-Afrika, Zimbabwe, Zambië en die NG gemeente in Londen). Afgevaardigdes uit 112 gemeentes woon die samekoms by te Weesgerus-Vakansieoord naby Modimolle, Limpopo. Die leraars en lidmate hier verteenwoordig gelowiges met ’n sterk gemeenskapsbetrokkenheid: 93% van gemeentes was tydens die Covid-pandemie by kosvoorsiening betrokke ten spyte daarvan dat meer as die helfte se inkomste verskraal het, het dr Gustav Claassen die vorige aand tydens sy groeteboodskap namens die Algemene Sinode gesê.

Die sinodetema is “Wysheid in ’n tyd soos hierdie” en Madonsela is een van ’n aantal kundige “stemme van buite” wat ingenooi is.

In haar verwelkomingswoord aan die regsprofessor van Universiteit Stellenbosch, het dr Bernice Serfontein onder meer vertel dat Madonsela ’n uitgesproke Christen is, wat kerke uitlig as een van die rolspelers wat ’n groot bydrae kan lewer om mense te help om beter lewens te lei.

Tydens haar 40 minute spreekbeurt het Madonsela gesê sy kyk onder meer na die geloofsgemeenskap oor wat hulle in die verlede gedoen het om verkeerdhede in hulle gemeenskappe om te draai. In die NG Kerk was daar byvoorbeeld leiers soos Naudé, “wat nie gedink het dit was volhoubaar (om welvaart vir een groep) te hou nie … vir hom het die siel nie ’n kleur gehad nie,” het sy gesê.

‘Demokrasie in krisis’

Madonsela sê die demokrasie is in ’n krisis in ons land, onder meer oor regeringsleiers wat nie met integriteit optree nie, maar solank ons so ’n ongelyke gemeenskap het, kan ons nie vorentoe beweeg na ’n gemeenskap wat in harmonie leef nie.

Sy glo die kerk kan help al het die kerk ’n teenstrydige erfenis deurdat van hulle geloofsleiers “deure van onderdrukking” geopen het. “Oorwegend het hulle ons oë vir ongeregtighede oopgemaak.”

Sy het die bekende gedig ‘The Cold Within’ deur die Amerikaanse digter James Patrick Kinney gebruik om te illustreer hoe mense, ook kerkmense, hulleself en hulle naaste benadeel as hulle nie dit wat hulle het om te gee wil deel met almal nie. (Lees die gedig hieronder).

  • Die streeksinode duur voort.
  • Ondersteun Kerkbode deur ’n Vriend van Kerkbode te word deur ’n bydrae van so min as R20 per maand te oorweeg.

The Cold Within

By James Patrick Kinney

Six humans trapped by happenstance

in bleak and bitter cold.

Each one possessed a stick of wood

or so the story’s told.

Their dying fire in need of logs,

but the first woman held hers back.

For of the faces ’round the fire,

she noticed one was black.

The next man looking ’cross the way

saw one not of his church.

And couldn’t bring himself to give

the fire his stick of birch.

The third one sat in tattered clothes;

he gave his coat a hitch.

Why should his log be put to use

to warm the idle rich?

The rich man just sat back

and thought of the wealth he had in store.

And how to keep what he had earned

from the lazy, shiftless poor.

And the black man’s face bespoke revenge

as the fire passed from his sight.

For all he saw in his stick of wood

was a chance to spite the white.

The last man of this fallen group did nought,

except for gain.

Giving only to those who gave,

was how he played the game.

Their logs held tight in death’s still hands

was proof of human sin.

They did not die from the cold without,

they died from the cold within.

Bron: Via wikipedia.org

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui