Aanhalings – Sonde

Vir nog aanhalings, kyk Aanhalings.

******

R.C. Sproul (Twitter, 7 Jun 2016)

It has been said that God hates the sin and loves the sinner. But it’s the sinner God sends to hell not just the sin.

Daar word gesê dat God die sonde haat, maar lief is vir die sondaar, maar dit is die sondaar wat God na die hel stuur, nie net die sonde nie.

[Kyk Is It True That God “Loves the Sinner but Hates the Sin”?.]

DA Carson

Die cliché, God haat die sonde maar is lief vir die sondaar, is op die oog af vals en moet verwerp word. Veertien keer in die eerste vyftig psalms alleen, word ons vertel dat God die sondaar haat, Sy toorn is op die leuenaar, ensovoorts. In die Bybel, rus die toorn van God op beide die sonde (Rom 1:18ff) en op die sondaar (Johannes 3:36).

[Kyk God Hates Sin but Loves Sinners – D.A. Carson.]

Hebreërskrywer

Julle het nog nie so teen die sonde weerstand gebied dat dit vir julle ’n stryd om lewe of dood geword het nie.

(Hebreërs 12:4)

Onbekend

Marriage doesn’t cure lust. If it did adultery wouldn’t exist. Self-control is still a requirement. Lust doesn’t care if you are married or single. You may be Solomon in wisdom or David in praise or Abraham in faith or Joshua in war but if you are not Joseph in discipline, you will end up like Samson in destruction…

‘n Huwelik neem nie wellus weg nie. As dit die geval was, sou owerspel nie bestaan het nie. Selfbeheersing is steeds ’n vereiste. Wellus gee nie om of jy getroud of ongetroud is nie. Jy mag miskien Salomo in wysheid of Dawid in lofprysing of Abraham in die geloof of Josua in oorlog wees, maar as jy nie Josef in dissipline is nie, sal jy soos Simson in vernietiging opeindig …

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui