Gaan kerklui ook bieg oor nou?

*******

Gaan kerklui ook bieg oor nou? | Netwerk24

Piet Boshoff, Sonlandpark, Vereeniging­

1 Oktober 2022

Daar is al by herhaling skuld bely en verskoning gemaak deur mense, veral kerkmense, wat die vorige politieke bedeling goedgepraat het.

Kan ons nou dieselfde verwag van mense, profetiese stemme wat vir die ondergang van daardie ou bedeling gepleit en gebid het en die land in die huidige bedeling ingepraat het? Politieke profete ken tog ook maar ten dele en moet darem oor die gevolge van hul dade en woorde nadink. Daar kan seker nie ’n groter belediging en vernedering van ’n mens wees as om hom te ignoreer en as ontoerekenbaar te beskou nie. Verder dek die goddelike genade sekerlik ook politieke skuld. Daarom neem gelowiges deel aan die politieke bedryf en begrawe nie hul talent nie.

Omdat hy weet dat hy vergewing nodig het, bewaar dié insig die gelowige van oormoedigheid. Hy gee toe dat hy huise bou waarvan die mure kraak. Die ryke van die wêreld waarin hy doenig is, is nie die ryk van God nie en gaan ook nie uitloop op daardie ryk nie. Daarteenoor is politieke katastrofes gewoonlik die gevolg van menslike oormoed.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui