Die klippe roep dit uit…

Kyk ook:

George Claassen het die volgende artikel geskryf. Dit was ’n lesing wat hy gedoen het tydens die ope dag van die Universiteit van Pretoria se teologiese fakulteit. Hennie Mouton se kommentaar verskyn in rooibruin blokhakies.

*************

Die klippe roep dit uit…

Deur George Claassen, lesing gelewer by die Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria, 2 Februarie 2010

[HM: Prof. George Claassen, bekende ateïs en evolusionis, is deur die Fakulteit Teologie genooi as hoofspreker by hul openingsdag.   Hy het in sy aanbieding reg in die begin verklaar dat sy subtitel “Die klippe roep dit uit …” ’n doelbewuste omdraai van Jesus se woorde is.   Sy gedagte, soos later duidelik gaan blyk, is dat die klippe en die natuur uitroep dat evolusie sonder enige twyfel waar is.  Sy woord “omdraai” het hy waarskynlik juis gekies om die aard van sy standpunt as teenstelling teenoor God die Skepper en Sy Seun Jesus Christus, duidelik te maak.]

Genoeg bewyse bestaan ter ondersteuning van Charles Darwin se evolusieteorie.

Dié basiese feit in gerekende wetenskaplike kringe wat die waarheid van die teorie vandag nie eens meer debatteer nie, is in 2009 as ’n vraag gestel aan meer as 10 000 volwassenes van 10 lande deur die British Council se Darwin Now-opname. Die lande wat ingesluit is by die opname, as deel van die 200ste herdenking van Darwin se geboorte en die 150-jarige herdenking van die publikasie van On the Origin of Species, was Argentinië, China, Egipte, Indië, Mexiko, Rusland, Suid-Afrika, Spanje, Groot-Brittanje en die VSA.

In selfs nie een van die lande glo meer as 50% van die bevolking genoeg bewyse bestaan om Darwin se teorie te ondersteun nie.  In die lande betrek by die opname, was die mees ingeligte bevolkings oor die oorweldigende bewyse wat bestaan vir evolusie as wetenskaplike feit, Brittanje en Mexiko (net meer as 45%) en China (39%). Net 42 persent – twee uit vyf lede van die bevolking – Suid-Afrikaners glo evolusie is ’n feit. Net Suid-Afrika en Egipte het swakker gevaar om die prys te kry vir die mees oningeligte en onkundige nasie met betrekking tot wetenskaplike feite tussen die tien lande.

Hoe is dit moontlik dat waarskynlik die belangrikste wetenskaplike ontdekking en teorie wat tot op hede gemaak en ontwikkel is, vandag steeds so verkeerd begryp en uit verband geruk word en waaroor soveel verkeerde daagliks inligting versprei word deur intelligente mense? Darwin is in 1809 gebore en toe sy teorie, vandag oor en oor bewys deur direkte empiriese navorsing en gepubliseer in derduisende portuurgeëvalueerde publikasies, die eerste keer in 1859 bekend word, het dit ’n “universele suur” geword, so “corrosive that it will eat through everything,” soos die Amerikaanse wetenskapfilosoof Daniel Dennett dit beskryf in sy boek, Darwin’s Dangerous Idea. “Darwin’s idea – bearing an unmistakable likeness to universal acid: it eats through just about every traditional concept, and leaves in its wake a revolutionized world-view, with most of the old landmarks still recognizable, but transformed in fundamental ways.”

’n Paar feite oor evolusie en dié wetenskaplike teorie se verhouding met ’n skeppingsidee en gevolglike skepper-filosofie illustreer hierdie toedrag van sake.

[HM: Let daarop dat bogenoemde maar net indrukwekkend klinkende aansprake is, maar geen getuienis vir evolusie bevat nie.   Dit maak ook die ongegronde bewering dat twyfel of genoeg evolusiebewyse bestaan gelykstaande aan onkunde oor wetenskaplike feite is.  En natuurlik praat George Claassen van evolusie as feite en as “dié” wetenskaplike teorie aan die een kant, teenoor skepping wat slegs ’n idee, en ’n skepper wat slegs ’n filosofie, volgens hom is.  En as ’n mens nie in evolusie glo nie, dan is jy oningelig en onkundig.

Claassen probeer die aanhoorders/lesers oorrompel en intimideer met woorde soos “genoeg bewyse”, “basiese feit”, “nie eens meer debatteer”, “oorweldigende bewyse”, “belangrikste wetenskaplike ontdekking”, “oor en oor bewys” ensovoorts.  Dis sekerlik billik om met so ’n groot geskal weg te spring as die res van sy aanbieding/skrywe die nodige getuienis vir sy bewerings bevat, maar soos verder sal blyk, is dit geensins die geval nie.  Miskien moet hy oorweeg dat heelwat mense (ook intelligentes) evolusie eenvoudig nie glo nie omdat die getuienis daarvoor net te flou is.]

1. Evolusie is nie ’n geloof nie

Een van die gereelde aanklagte wat teen mense gemaak word wat evolusie as geldige wetenskap aanvaar, is dat hulle godloos is en aanhangers of selfs “aanbidders” is van die evolusie-geloof, as sou evolusie ’n alternatiewe vorm van godsdiens wees.  As dit waar is, dan is elke aanvaarde wetenskaplike teorie ’n geloof en ’n vorm van aanbidding. In ’n sekere, maar mindere mate word die oerknalteorie ook soms oor dieselfde kam geskeer as sou dit die oerknalgeloof wees.

Maar waarom dan nie die relatiwiteitsgeloof, of die geloof in termodinamika, of swaartekrag, of die kiemteorie van Pasteur, of Bernoulli se teorie oor lug- of vloeistofdruk nie?

Toe ek met die vliegtuig na Johannesburg vlieg vir hierdie byeenkoms, het ek my vertroue geplaas in ’n wetenskaplike teorie, die beginsel deur die Switserse fisikus Daniel Bernoulli (1700-1782) bepaal dat soos die snelheid van ’n vloeistof of gas toeneem, die druk daarvan daal; of dat wanneer die snelheid daal, die druk toeneem. Dit is die rede waarom vliegtuie kan opstyg met stadiger vloeiende lug onder die vlerke (hoër druk) en vinniger vloeiende lug bokant die vlerke (laer druk).

Dit beteken nie dat ek die Bernoulli-beginsel as ’n geloof aanhang nie.

Dit is egter insiggewend dat die twee aanvaarde en bewese wetenskaplike teorieë wat gereeld as gelowe gebrandmerk en beskryf word deur irrasionele mense, juis die twee is wat die bestaande skeppingsgeloofsorde van die monoteïstiese godsdienste in hul wese aantas, naamlik die evolusieteorie en die oerknalteorie.

Om ’n teorie verdag te maak, beteken egter nie dit is nie waar en geldig nie. Al kriterium wat hier ’n rol moet en behoort te speel, is of daar genoegsame bewyse is.

[HM: Evolusie is nie ’n geloof omdat iemand dit aanbid nie.  Dis wel ’n geloof vir baie omdat hul onbewese vertrekpunt is dat alles, vanaf die oorspronge, ’n natuurlike verklaring het, en geen ontwerper of goddelike wese ooit betrokke was of selfs bestaan nie.  George Claassen verstaan die redes waarom evolusie ’n geloof genoem word waarskynlik doelbewus verkeerd, sodat hy bostaande ontoepaslike weerspreking daarvan kan gee.  Sy gedagte is dat die klippe die waarheid van evolusie uitroep, terwyl die beeld in die Bybel wat hy misbruik om hierdie stelling te maak, eintlik gaan oor die klippe wat uitroep en erken dat Jesus God is.  In sy denke vervang hy dus vir Jesus Christus hier met evolusie.

Evolusioniste gee dikwels voor dat wetenskap, anders as geloof, slegs op “wetenskap” gegrond is.  Dit word soms direk en dikwels indirek deur evolusioniste self weerspreek.  Die onderstreping in onderstaande is my eie:

“The fact of evolution is the backbone of biology, and biology is thus in the peculiar position of being a science founded on an unproved theory – is it then a science or faith?  Belief in the theory of evolution is thus exactly parallel to belief in special creation – both are concepts which believers know to be true but neither, up to the present, has been capable of proof.”

[HM: L Harrison Matthews, FRS, Inleiding vir Darwin se On the Origin of Species, JM Dent & Sons Ltd, Londen, bl. xi, 1971]

“Scientists, like others, sometimes tell deliberate lies, because they believe that small lies can serve big truths.”

[HM: Dr. Richard C. Lewontin, ‘The Inferiority Complex’ in New York Review of Books, bl. 13, 22 Oktober 1981]

“Even if all the data point to an intelligent designer, such an hypothesis is excluded from science because it is not naturalistic.”

[HM: ‘DNA marvellous messages or mostly mess?’, Creation 25(2), bl. 26-31, 2003, S. C. Todd in sy korrespondensie aan Nature 401, bl. 423, 30 Sep. 1999]

“The phylogenetic outlook suggests that if there weren’t a Homo habilis we would have to invent one.”

[HM: Milford H. Wolpoff, American Journal of Physical Anthropology 89, bl. 402, November 1992]

Michael Ruse is ’n bekende wetenskapsfilosoof en het saam met Stephen J. Gould in 1981 in Arkansas, VSA, teen skeppingsleerders getuig in die hofsaak waar die onderrig van oorspronge in skole ter sprake was.  Ruse het toe teen die idee geargumenteer dat evolusie ’n geloof is.  Maar let op Ruse se uitsprake in 2000:

“Evolution is promoted by its practitioners as more than mere science.  Evolution is promulgated as an ideology, a secular religion – a full-fledged alternative to Christianity, with meaning and morality.  …  Evolution is a religion.  This was true of evolution in the beginning, and it is true of evolution still today.  …  Evolution therefore came into being as a kind of secular ideology, an explicit substitute for Christianity.”

[HM: Michael Ruse (professor in filosofie en dierkunde, University of Guelph, Kanada), National Post, 13 Mei 2000, bl. B1, B3 en B7]

[HM: ‘Did creationists ‘hijack’ Gould’s idea?’, TJ 16(2), bl. 22-24, 2002]

Prof. Claassen onderskei ook nie tussen operasionele wetenskap (swaartekrag, termodinamika, vloeidinamika ensovoorts) en historiese of oorsprongwetenskappe nie.  Eersgenoemde gaan oor eksperimente wat nou en hier herhaaldelik uitgevoer kan word, terwyl laasgenoemde hoofsaaklik gaan oor vertolking van oorsprongwetenskaplike data.  Skeppingsleerders en evolusioniste verskil in wese oor die vertolkings betrokke by oorsprongswetenskappe – nie oor operasionele wetenskappe nie.  Dit is dus ontoepaslik om voorbeelde uit operasionele wetenskappe te probeer gebruik om evolusie te verdedig.

Evolusie is nie net ’n geloof nie – dit is ’n gevaarlike valse geloof, wat mense weg van God af lei.]

2. Evolusie is nie maar net ’n teorie nie

’n Mens hoor so dikwels – en ek word herhaaldelik deur mense vertel wat beangs is oor die implikasies wat Darwin se bevindings op hul geloofsisteem mag uitoefen, dat evolusie bloot ’n teorie is. Toe The Origin of Species die eerste keer in 1859 die lig sien, verklaar die vrou van ’n bekende biskop in Engeland aan haar man, “Oh me dear, let us hope that what Mr. Darwin says is not true. But if it is true, let us hope that it will not become generally known!”

Die leier van die internasionale span wetenskaplikes wat die menslike genoom in 2001 gekarteer het, dr. Francis Collins – ’n bekende gelowige – skryf hierdie verskynsel toe aan wat hy noem “a simple misunderstanding of the word ‘theory’”.

In sy topverkoper boek, The Language of God – A Scientist Presents Evidence for Belief, skryf Collins “Critics are fond of pointing out that evolution is ‘only a theory,’ a statement that puzzles working scientists who are used to a different meaning of that word.” Collins wys op die woordeboekdefinisies van “teorie” as

  1. “a speculative or conjectural view of something;
  2. fundamental principles underlying a science, art, etc.: music theory, theory of equations.” (volgens Funk & Wagnalls se Dictionary of English).

Op dieselfde wyse toon HAT, die Verklarende Handewoordeboek van die Afrikaanse Taal, ook hierdie duidelike verskil aan:

  1. “Grondreëls van ’n wetenskap om waargenome feite of verskynsels te verklaar;
  2. voorstelling in ’n mens se gedagte sonder om rekening te hou of voordat rekening gehou is met die werklikheid.”

Collins skryf verder: “The examples reported here from the study of genomes, plus others that could fill hundreds of books of this length, provide the kind of support for the theory of evolution that has convinced virtually all working biologists that Darwin’s framework of variation and natural selection is unquestionably correct. In fact, for those like myself working in genetics, it is almost impossible to imagine correlating the vast amounts of data coming forth from the studies of genomes without the foundations of Darwin’s theory.”

Jerry Coyne, genetikus van die Universiteit van Chicago,  benadruk in sy topverkoper Why Evolution is True twee belangrike punte oor dié wanopvatting dat evolusie net ’n teorie is.

  1. “First, in science, a theory is much more than just a speculation about how things are: it is a well-thought-out group of propositions meant to explain facts about the real world … (T)he theory of evolution is more than just the statement that ‘evolution happened’: it is an extensively documented set of principles that explain how and why evolution happens.
  2. “For a theory to be considered scientfic, it must be testable and make verifiable predictions.”

Dit beteken dat wetenskaplikes in staat moet wees om waarnemings oor die werklike wêreld te kan maak wat die teorie ondersteun of verwerp. Omdat ’n teorie net as “waar” aanvaar word as die teorie se aansprake en voorspellings oor en oor getoets is, en ook herhaaldelik as korrek bevestig word, is daar nie ’n spesifieke moment wanneer ’n wetenskaplike teorie skielik ’n wetenskaplike feit word nie. So word ’n teorie ’n feit (of ’n “waarheid”) wanneer soveel bewyse ten gunste daarvan opgestapel is – en daar geen beslissende bewyse daarteen is nie, dat omtrent alle rasionele mense  dit aanvaar, aldus Coyne.

[HM: Ek stem saam dat evolusie nie maar net ’n teorie genoem moet word nie, want die gevaar is dat wetenskaplikes dan mag dink dat jy glo dit het die status van ’n wetenskaplike teorie as jy dit so noem.  Daarom is dit baie beter om evolusie slegs ’n hipotese te noem, want die getuienis of bewyse wat George Claassen glo oorvloedig is, is nie naastenby voldoende om dit ’n teorie te noem nie.

As mens nie bereid is om verklarings buite die bloot natuurlike te oorweeg nie, sou ek tot ’n mate met George Claassen betreffende genetika kon saamstem.  Dan sou ’n gemeenskaplike voorganger waarskynlik die beste gevolgtrekking wees wat mens kan maak gegewe die gemeenskaplikheid van die genetiese kodes tussen verskillende organismes.  Maar die probleem is dat sou daar ’n Skepper wees, gaan mens met so ’n beperkte beskouing nooit die waarheid ontdek of glo nie.  Mense wat hulself blind staar teen die beperkings van een dissipline, soos byvoorbeeld die natuurwetenskap, sal nooit in staat wees om enige waarheid wat buite hul dissipline lê, in te sien nie.  Kan hulle nie maar hul arrogansie laat staan en net ruimte laat vir groter moontlikhede nie?

Vir evolusioniste wat geen skepper wil aanvaar nie, dui die gemeenskaplikheid van die genetiese kode (alle kode gebruik dieselfde 4 basiese letters) oorweldigend daarop dat alle lewende organismes een gemeenskaplike voorganger moes gehad het.  Maar enigeen wat enigsins objektief is, en nie verblind is deur sy eie oogklappe soos hierbo genoem nie, sal erken dat dit net so goed kan wys op een Gemeenskaplike Ontwerper – die gemeenskaplikheid van die kode is nie ’n eenduidige bewys van enigeen van hierdie twee moontlikhede nie!  Vir die gelowige is die genetika om hierdie, en nog vele meer redes dus baie sterk getuienis vir die bestaan van ’n Skeppergod.

Genetiese kodes is geweldig ingewikkeld en moes van die begin af gelyktydig ’n sender en ontvanger gehad het – om te dink dat dit deur ’n toevallige proses soos evolusie tot stand gekom het, terwyl die statistiese kans onmoontlik klein is, bevestig ook maar weer dat evolusie gaan oor ’n geloof dat daar geen Skepper betrokke was nie.

Die nuutste ontdekkings wys dat die genetiese kode nog ver meer kompleks is as wat enigiemand ooit kon dink.  Dit wys dat die mens nog heeltemal te min weet om persentasies toe te ken aan DNS-ooreenkomste tussen verskillende organismes soos byvoorbeeld die mens en die sjimpansee.  Die DNS-kode word nie slegs lineêr, in een rigting en opeenvolgend gelees, soos die letters en woorde in ’n boek nie.  Dit word oorvleuelend gelees met verskillende begin- en eind­punte, en sommige kode word van voor na agter en van agter na voor gelees!  Evolusioniste het op ’n stadium gedink dat die 97% van die menslike genoom (genoom verwys na al die genetiese inligting) wat nie instruksies vir proteïenvervaardiging bevat nie, nutteloos is en dus die oortollige oorblyfsels van evolusie is.  Intussen is ontdek dat dit geheel en al verkeerd is, en dat meeste genetiese inligting meta-inligting is – met ander woorde inligting oor inligting, dus inligting oor hoe om die inligting te gebruik.

Kan enigiemand regtig met eerlikheid glo dat sulke multi-dimensionele kode bloot deur natuurlike prosesse te voorskyn gekom het?  Vir my is dit duidelik dat wetenskaplikes wat nie eers intelligente ontwerp wil oorweeg nie, ondanks glashelder voorbeelde soos hierdie, dit doen om hul eie geloofsredes.  Maar hulle sal die geloofsaspek waarskynlik hewig ontken – presies wat prof. George Claassen doen.]

Wetenskaplikes toets hul teorieë teen alternatiewe teorieë. Kom ons neem die Jong Aarde-kreasioniste se vaste geloof dat die Aarde net tussen 6 000 en 10 000 jaar oud is en weeg dit in die lig van wat ons weet oor kontinentale wegdrywing. Die meeste van ons is deeglik gefassineer deur die satelliettegnologie van die Globale Posisioneringstelsel, in die volksmond bekend as GPS. Oorweldigende, onbetwisbare bewyse bestaan dat die kontinente eens aan mekaar vas was, hoewel Alfred Wegener lank reeds dood was voordat John Tuzo Wilson se bevindings oor tektoniese plaatbeweging Wegener se teorie bevestig het. Oor kontinentale drywing sal net analfabete vandag van wetenskaplikes verskil.

Deur middel van GPS-waarneming weet ons die kontinente beweeg van mekaar weg teen snelhede van ongeveer 5 tot 10 cm per jaar. Maar, soos Coyne tereg aantoon, as ons die Jong Aarde-kreasionisme van ’n Aarde van niks ouer nie as 10 000 jaar aanvaar, sou dit beteken dat as jy op die heuwels bo Lissabon op die weskus van die Iberiese Skiereiland staan, jy die wolkekrabbers van New York sou kon sien omdat Europa en Amerika bietjie meer as ’n 1,6 km van mekaar sou wegbeweeg het. Dink maar hoe Europeërs dan eerstehandse getuies van die aanval op die Twin Towers sou kon gewees het.

[HM: Hierdie is ’n goeie voorbeeld van ’n strooipopargument, naamlik die stel van ’n argument soos jy dink of hoop jou opponent redeneer, terwyl hy of sy nie so redeneer nie, en dan word die gewaande argument afgeskiet.  Dit klink dalk indrukwekkend maar beteken eintlik niks meer as om jou onkunde te demonstreer nie.  Die grootste skeppingsleer-organisasies aanvaar dat die kontinente in die verlede vas aan mekaar was.  As prof. George Claassen se kennis van skeppingsleer groter as Kent Hovind en enkele ander se aanbiedings daaroor is, behoort hy dit te weet.  Om die waarheid te sê, as mens nie na die rante van die kontinente kyk nie, maar na die rante van die vastelandbanke (daar waar die diepsee begin), pas die kontinente nog beter in mekaar.

Prof. Claassen maak egter die fout van gelykvormigheid-oor-miljarde-jare in sy argument.  Gelykvormigheid gaan oor die aanvaarding dat sou iets vandag teen ’n sekere tempo gebeur, dit nog altyd gemiddeldgesproke teen daardie selfde tempo gebeur het.  Gelykvormigheid (oor miljarde jare) is dus ook ’n geloofsuitspraak want dit kan nie bewys word nie.  En dis presies die probleem met sy aanname dat die kontinente wat vandag moontlik teen 5 tot 10 cm per jaar uitmekaar beweeg, reg deur al die gewaande miljarde jare teen dieselfde tempo beweeg het.  Skeppingsleerders daarenteen, aanvaar dat die Bybelse gegewens rakende die wêreldwye Genesisvloed waar is.  Daarom en op grond van ’n wetenskaplike soos dr. John Baumgardner, wie se platetektonikarekenaarmodel wêreldwyd deur wetenskaplikes as een van die bestes beskou word, het hulle ’n model ontwikkel wat ’n baie hoër tempo van uitmekaarbeweeg tydens die Genesisvloed aanvaar.  Europa en Amerika is dus ver meer as die denkbeeldige 1.6 km uitmekaar – nie omrede miljarde jare en gelykvormigheid nie, maar omrede gelykvormigheid hoegenaamd nie tydens katastrofes gegeld het nie.]

Die leidende Russiese bioloog Theodosius Dobzhansky stel dit effe anders as Collins, maar nie minder sterk ter ondersteuning van evolusie as kragtige wetenskaplike feit nie: “Nothing in biology makes sense except in the light of evolution.”

Vandag sit ons in die ernstige dilemma dat terwyl Charles Darwin se epogmakende werk 151 jaar gelede ons konsep van die wêreld onomkeerbaar verander het, daar steeds miljarde mense is wat glo evolusie is net ’n teorie, nie ’n feit nie. Maak nie saak wát die wetenskap sélf oor evolusie te sê het nie. En dat regerings en die gewone burgerry daagliks besluite op grond van hierdie absurditeite neem. Ek haal net drie ander wetenskaplikes hieroor aan:

Jared Diamond, Amerikaanse evolusionêre bioloog, en Pulitzerpryswenner skryf, “Evolusie is die diepsinnigste en kragtigste idee wat die afgelope twee eeue uitgedink is.”

Dan die mening van Ernst Mayr, die Duitsgebore Amerikaanse evolusionêre bioloog, waarskynlik een van die grootstes sedert Darwin, en ’n duideliker uitspraak kan jy nie kry nie:

“Evolusie is die belangrikste konsep in biologie. Daar is nie ’n enkele Hoekom?-vraag in biologie wat ordentlik beantwoord kan word sonder om evolusie te oorweeg nie. Maar die belangrikheid van hierdie konsep strek veel verder as biologie. Die denke van moderne mense, of ons dit nou wil erken of nie, word radikaal beïnvloed – ’n mens word byna in die versoeking gestel om te sê,  bepaal – deur evolusionêre denke,” skryf hy in What evolution is.

En dan die Britse bioloog, Julian Huxley:Evolusie is die kragtigste en die omvattendste idee wat nog ooit op Aarde ontstaan het.

[HM: Ja wel, miskien moet ons maar net na nog ’n paar evolusioniste self se uitsprake kyk, om te sien of die idee van evolusie regtig selfs in hul eie gemoedere op sulke vaste grond staan.  Die onderstreping is my eie:

“Scientists who go about teaching that evolution is a fact of life are great con-men, and the story they are telling may be the greatest hoax ever.  In explaining evolution, we do not have one iota of fact.

[HM: Dr. T. N. Tahmisian (Atomic Energy Commission, VSA) in The Fresno Bee, 20 Augustus, 1959, soos aangehaal deur N J Mitchell in Evolution and the Emperor’s New Clothes, Roydon publications, VK, titelbladsy, 1983]

“Everybody knows that organisms … get more complex as they evolve.  The only trouble with what everyone knows, says McShea, an evolutionary biologist at the University of Michigan, is that there is no evidence it’s true.

[HM: L. Oliwenstein in ‘Onward and Upward?’, Discover-tydskrif, Junie 1993]

“The central question of the Chicago conference was whether the mechanisms underlying microevolution can be extrapolated to explain the phenomena of macroevolution.  At the risk of doing violence to the positions of some of the people at the meeting, the answer can be given as a clear no.”

[HM: Soos gerapporteer deur Roger Lewin in ’Evolutionary theory under fire’, Science, vol. 210, 21 November 1980]

Op grond hiervan is dit maklik om ’n paar hoekom-vrae te vra wat beslis nie maklik uit evolusie beantwoord kan word nie, maar juis deur die evolusiehipotese geskep is:

Hoekom beweer dr. Tahmisian daar is geen beduidenis van ’n feit om evolusie te verduidelik nie, terwyl ander evolusioniste beweer daar is soveel feite dat geen debat oor die geldigheid van evolusie eers meer gevoer hoef te word nie?

Hoekom beweer die evolusionis Dan McShea dat daar geen getuienis is dat organismes al komplekser oor tyd geword het as mens na die fossielrekord kyk nie, terwyl die fossielrekord dan juis die evolusiehipotese behoort te ondersteun?

Hoekom maak Roger Lewin die opmerking dat die meganismes wat onderliggend aan mikro-evolusie is, nie na makro-evolusie uitgebrei kan word nie, terwyl hierdie uitbreiding altyd voorgehou is as die rede waarom mikro-evolusie makro-evolusie bevestig?

Al drie hierdie vrae kan maklik vanuit die skeppingsleer beantwoord word:

Dr. Tahmisian is sekerlik meer objektief as die ander evolusioniste – vandaar sy erkenning.  Omdat meeste van die geologiese kolom waarin die fossielrekord gevind is tydens die een jaar van die Genesisvloed neergelê is, maak dit oorweldigend sin dat daar heeltemal te min tyd was om evolusionistiese ontwikkeling van eenvoudiger na komplekser strukture daar te sien.  Makro-evolusie verg dat een soort in ’n ander soort verander het, maar omdat dit nooit gebeur het nie, kan dit deur geen meganisme bevestig word nie.]

Stel hier teenoor die verstommende menings van twee kerkvaders wat ongelukkig steeds deur soveel mense vandag in vyandskap teenoor rasionele denke herhaal (en geglo) word:

Eerstens die mening van die Duitse kerkhervormer, Philipp Melanchthon (1497-1560. ): “Hierdie mal mens Copernicus moet deur die een of ander Christelike prins onderdruk word.”

Of Johannes Calvyn, “Wie sal dit waag om die gesag van Copernicus bo dié van die Heilige Gees te stel?”

Ek wil dit herfomuleer in die idioom van die moderne kerk en moskee: “Wie sal dit waag om die gesag van Darwin, Penzias en Wilson, Mayr en die wetenskap bo dié van die Heilige Gees te stel?”

[HM: Die bedoeling van George Claassen op hierdie punt moet duidelik verstaan word.  Sy bedoeling om oor te dra was dat Copernicus reg terwyl Calvyn en die Bybel en die Heilige Gees wat die Bybel geïnspireer het verkeerd was betreffende die struktuur van ons sonnestelsel.  Met sy tweede vraag het hy bloot sy bedoeling uitgebrei om te insinueer dat Darwin, moderne wetenskaplikes en die wetenskap ook op nog meer terreine ontdek het dat die Bybel verkeerd is, en dus groter gesag as die Heilige Gees het.  George Claassen as ateïs glo natuurlik nie aan God of die Heilige Gees nie, maar wat hy hier probeer oordra is dat dié wat wel nog aan of in God en die Heilige Gees glo, moet besef dat God minder as die aanhangers van die wetenskap weet.

Die skokkendste van die Godslasterlike gebruik deur George Claassen van hierdie twee vrae is dat nie een van profs. Cornél du Toit of Danie Veldsman (hulle is vooraf gereël om amptelik repliek te lewer op sy aanbieding), of meeste van die vraestellers agterna wat wel kans gegun is (die tyd het uitgeloop), God se eer rondom hierdie saak en soortgelyke aanvalle probeer verdedig het nie.  ’n Mens kan die vraestellers nog verskoon want hulle het baie min tyd gehad en moes uit die vuis praat, maar hoekom die twee kundige repliekleweraars dit nie eers genoem het, wat nog te sê van uiters ernstig beswaar aangeteken en dit weerlê het nie, kan mens net oor wonder.  Glo hierdie teoloë dat die Heilige Gees regtig bestaan, of dink hulle ook Hy is maar net ’n konstruk van menslike gedagtes soos die sogenaamde nuwe hervormers glo?  Cornél du Toit het byvoorbeeld sy repliek begin deur te verklaar dat evolusie die oorsaak (“skuld”) is waarom godsdiens by die mens oor 30 000 jaar ontwikkel het.  Hy glo dus nie net aan evolusie nie, maar hy sien geen teken van die openbaringsaard van die ware godsdiens aan die mens soos vervat in die Bybel nie.  Hy dink dus dat evolusie sy geloof tot stand gebring het, terwyl geloof van God af kom volgens die Bybel.  In hierdie sin het evolusie dus vir God vervang in prof. Du Toit se denke – hy dink immers dat evolusie hom liggaamlik, en sy geloof, tot stand laat kom het.  Ek dink dis billik om te sê dat evolusie as skepper – liggaamlik en selfs geestelik – vir prof. Cornél du Toit vir God as Skepper vervang het.

Die nie-simboliese beskrywings in die Bybel betreffende die heelal is in ieder geval beskrywings ten opsigte van ’n waarnemer op aarde.  Daarom is die latere wetenskaplike ontdekking dat die aarde om die son wentel nie strydig met die Bybel nie.  In die moderne, wetenskaplike tyd, word daar nog steeds selfs deur wetenskaplikes van sonsopkoms en sonsondergang gepraat.  Daarmee word geensins geïmpliseer dat die aarde nie roteer nie.  Daar is geen rede om die soortgelyke beskrywings in die Bybel nie ook as relatiewe beskrywings te verstaan nie.  Johannes Calvyn en ander kon, en het menslike foute gemaak, maar die Heilige Gees maak nie foute nie en Hy is alwetend, want Hy is God.]

3. Evolusie is nie immoreel nie

Een van die gereelde beskuldigings wat anti-evolusioniste maak, is dat evolusie en bose ateïsme hand aan hand gaan en dan word as voorbeeld gebruik dat Hitler en Stalin hul moorddadige ideologieë gebou het op die superras- en supermensidee wat tot die dood van miljoene gelei het. Darwin word woorde in die mond gelê terwyl ek nog een anti-evolusionis moet raakloop wat inderdaad die moeite gedoen het om The Origin of Species of sy latere werke, ook The Descent of Man, te lees. Ek vind dit vreemd dat Christene so gerieflik Christus se bergpedikasie vergeet soos vervat in Matteus 7 en Lukas 6 oor die veroordeling van ander:

“Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word” (Matteus 7:1).

[HM: Dit is baie interessant dat sommige mense (en ateïste!) graag hierdie vers aanhaal wanneer dit hulle pas, maar gedeeltes soos 1Kor. 5:12-13 waar die gemeente opdrag kry om sy eie mense te oordeel, ignoreer hulle.  Buitendien is daar ’n groot verskil tussen iemand te veroordeel en sy opinie of beskouing te veroordeel.   En omdat die evolusiehipotese poog, en dikwels slaag, om die Christelike Kerk binne te dring, en die ware geloof bedreig, moet die Kerk sekerlik daaroor oordeel en standpunt inneem.  Die ware Christelike Kerk behoort alle leuens te bestry en mense daarteen te waarsku.]

My raad is, lees Darwin self voordat jy ’n oordeel oor wat hy eintlik geskryf het, maak. En lees ’n slag ook Hitler, hoe onaangenaam ook al, in sy eie woorde. Ek haal hom aan uit ’n toespraak van 1922, maar Mein Kampf is vol van soortgelyke geloofsuitinge oor sy Christenskap.

“My feelings as a Christian points me to my Lord and Saviour as a fighter. It points me to the man who once in loneliness, surrounded by a few followers, recognized these Jews for what they were and summoned men to fight against them and who, God’s truth! was greatest not as a sufferer but as a fighter. In boundless love as a Christian and as a man I read through the passage which tells us how the Lord at last rose in His might and seized the scourge to drive out of the Temple the brood of vipers and adders. How terrific was His fight for the world against the Jewish poison. To-day, after two thousand years, with deepest emotion I recognize more profoundly than ever before the fact that it was for this that He had to shed His blood upon the Cross. As a Christian I have no duty to allow myself to be cheated, but I have the duty to be a fighter for truth and justice… And if there is anything which could demonstrate that we are acting rightly it is the distress that daily grows. For as a Christian I have also a duty to my own people” (12 April 1922, Norman H. Baynes, red. The Speeches of Adolf Hitler, April 1922-August 1939, Vol. 1 of 2, pp. 19-20, Oxford University Press, 1942).

[HM: Wat probeer prof. Claassen hier oordra?  Dat Adolf Hitler omrede sy Christenskap miljoene Jode vermoor het?  Enigeen kan tog duidelik sien dat Hitler teenstrydig met die Christelike geloof opgetree het.  Om jouself ’n Christen te noem, maak jou nie ’n Christen nie!  Daarenteen was sy optrede teen die Jode in lyn met sy geloof in evolusie.  Hy het geglo dat God deur middel van evolusie geskep het – soos baie kerke in sy tyd (en vandag steeds) verkondig.  Dáárom het hy gedink dat dit reg was om die swakker nasies uit te roei.

George Claassen se redenasie hierbo is ’n goeie voorbeeld waar iemand verdediging in aanval probeer omsit.  Hoekom bespreek prof. Claassen nie die duidelike koppeling tussen die superras-idee en evolusie nie?

Die rassistiese implikasies van die evolusieleer blyk uit die volgende twee punte:

Indien menslike evolusie waar was, sou daar verwag word dat verskillende mensgroepe teen verskillende tempo’s in verskillende afgeleë wêrelddele sou ontwikkel – almal sou vandag dus nog nie ewe ver geëvolueer het nie.

Dit is presies wat Charles Darwin se opinie van die Indiane van Tierra del Fuego aan die suidelikste punt van Suid-Amerika was, toe hy hulle in 1832 gesien het.  In die Voyage of the Beagle het hy geskryf:

“I could not have believed how wide was the difference between savage and civilized man: it is greater than between a wild and domesticated animal, inasmuch as in man there is a greater power of improvement … The language of these people, according to our notions, scarcely deserves to be called articulate … Viewing such men, one can hardly make oneself believe that they are fellow-creatures, and inhabitants of the same world.”

Jared Diamond het in ’n Discover-artikel van Maart 1993 oor die uitwissing van die Tasmaniërs in die 1800’s deur die Britte geskryf:

“When British settlers poured into Tasmania in the 1820s … racial conflict intensified.  Settlers regarded Tasmanians as little more than animals and treated them accordingly.  Tactics for hunting down Tasmanians included riding out on horseback to shoot them, setting out steel traps to catch them, and putting out poison flour where they might find and eat it  … In 1828 the governor of Tasmania declared martial law, permitting Europeans to shoot on sight any aborigine found in European-settled areas.”

Teen 1842, ongeveer 40 jaar nadat die eerste setlaars daar geland het, was net 135 van die oorspronklike 5 000 Tasmaniërs nog lewend.  Duisende liggame, skelette en skedels van Tasmaniërs is weggevoer na die Royal College of Surgeons in Engeland.  Een van die eerstes daarvan is uitgegrawe deur Charles Darwin se oupa, Erasmus Darwin, wat die liggaam laat opstop en in hierdie kollege uitgestal het.  Van die grootste name in die Britse wetenskap, soos Sir Richard Owen en Sir Arthur Keith, was by hierdie steel en skending van lyke betrokke.

[HM: Dr. Jerry Bergman, ‘Nineteenth Century Darwinism and the Tasmanian Genocide’ in Creation Research Society Quarterly 32, Maart 1996]

Adolf Hitler het geglo die Duitsers was geneties bo die Jode verhewe en daarom sou die Duitsers mettertyd verswak deur vermenging met hulle.  Sy uitwissing van miljoene Jode in die gaskamers was heeltemal in ooreenstemming met sy geloof in evolusie.  Volgens ’n transkripsie ‘Evolution, Theistic Evolution, or Creation?’ van ’n lesing van A. E. Wilder-Smith in 1981 het Adolf Eichmann, wat as Hitler se laksman bekend was omdat hy direk of indirek vir oor die vyf miljoen Jode se dood verantwoordelik was, die volgende uitlating teenoor ’n kapelaan gemaak wat hom besoek het net voor hy gehang is.  Dit was sy antwoord aan die kapelaan toe hy hom gevra het of hy enigiets sou wou bely.  Hy het gesê dat hy niks verkeerd gedoen het nie want, volgens ’n vertaling van sy woorde:

“Beide die kerke in Duitsland, die Katolieke en Protestante, glo in teïstiese evolusie.  Beide glo dat God se metode van skepping was om die gestremdes en die minder geskiktes uit te wis.  En omdat die Jode minder geskik was as ons mense, het ek maar net vir God gehelp met sy metodes.  Ek was maar net ’n katalisator vir God se manier van doen.  En wanneer ek God ontmoet sal ek dit vir Hom sê.”

Alhoewel al bogenoemde onmenslikhede nie volledig voor die deur van die evolusiehipotese gelê kan word nie, is die siening dat die laer ontwikkelde mensgroepe maar deur die hoër ontwikkelde groepe onderdruk en selfs uitgewis kon word, sekerlik daardeur versterk en “filosofies/wetenskaplik” geregverdig.  Charles Darwin het immers in sy boek On the Extinction of Human Races by the Evolutionary Process of Natural Selection geskryf:

“When civilised nations come into contact with barbarians the struggle is short.”]

Ek sou dink hierdie regverdigheidsbeginsel sou vanselfsprekend wees, veral by Christene wat voorgee hulle volg die liefdesopdrag uit en dat jy nie leuens mag vertel nie. Want kom ons wees maar brutaal eerlik: wanneer Darwin en evolusie ter sprake kom, versprei anti-evolusioniste – ek ys om te dink hulle is Christene – die verskriklikste leuens. Is dit ’n Machiavelliaanse benadering waar die doel die middel heilig dat jy leuens mag versprei in die naam van God?

[HM: Kan George Claassen regtig met eerlikheid glo dat evolusie geen rol gespeel het in Hitler se optrede teen die Jode of rassisme in die algemeen nie?]

Hoewel natuurlike seleksie die blinde meganisme is waardeur evolusie in die natuur plaasvind, bewys moderne studies oor evolusie, ja, ook deur Richard Dawkins, die nemesis van soveel gelowiges, dat morele oorwegings en ingesteldhede, asook omgewingsfaktore by die mens voorkeur geniet bo natuurlike seleksie sodra die mens ontwikkel van sy natuurlike natuurstaat na ’n staat van beskawing. Wat het Darwin  werklik hieroor geskryf?

In The Descent of Man skryf hy:

“The aid which we feel impelled to give to the helpless is mainly an incidental result of the instinct of sympathy which was originally acquired as part of the social instincts, but subsequently rendered … more tender and widely diffused. Nor could we check our sympathy, even at the urging of hard reason, without deterioration in the noblest part of our nature … (I)f we were intentionally to neglect the weak and the helpless, it could only be for a contingent benefit, with an overwhelming present evil.”

Die mens het as spesie oor duisende jare ontwikkel, ook soos ander spesie deur natuurlike seleksie as die belangrikste dryfveer van evolusie. Maar Homo sapiens het ook juis altruisme as ’n soort sosiale instink ontwikkel en hiervan maak Dawkins omvattend melding in sy baanbrekerwerk, The Selfish Gene. Hy skryf:

“… it is a fallacy – incidentally a very common one – to suppose that genetically inherited traits are by definition fixed and unmodifiable. Our genes may instruct us to be selfish, but we are not necessarily compelled to obey them all our lives. It may just be more difficult to learn altruism than it would be if we were genetically programmed to be altruistic. Among animals, man is uniquely dominated by culture, by influences learned and handed down (p. 3) … We are built as gene machines and cultured as meme machines, but we have the power to turn against our creators. We, alone on earth, can rebel against the tyranny of the selfish replicators”  (p. 201).

Gelowiges beweer ons het die morele kompas van godsdiens nodig en dat wetenskap, en spesifiek evolusie, ons daarsonder tot niet sal laat gaan. Navorsing vandag toon duidelik dat godsdiens nie die alleenreg op moraliteit het nie. Marc Hauser, professor in psigologie en biologiese antropologie en direkteur van die Cognitive Evolution Laboratory aan Harvard-universiteit, sê in ’n onderhoud in die 3 Maart 2007-uitgawe van New Scientist:

“What interests me is the assumption that morality and religion are synonymous. The evidence we have suggests that having a religious background makes no difference to your moral judgment.”

[HM: Tensy daar tussen ware en valse godsdienste onderskei word, beteken hierdie aanhaling nie veel nie.  Uiteraard kan valse godsdienste soos die Moslemgeloof, of selfs ernstige verdraaiings van die ware geloof soos Katolisisme veral tydens die Middeleeue, of sekere fanatiese sektes se godsdienste, selfs morele oordeel verlaag wat nog te sê van verhoog.  Die ware geloof het egter nog altyd deur al die millenia morele oordeel verhoog, en die wonderlike is dat mens dit vandag steeds sien by mense wat deur geloof in Christus tot bekering kom.]

In ’n artikel op 20 Maart 2007 in die wetenskapbylae van The New York Times, skryf die wetenskapverslaggewer Nicholas Wade oor onlangse navorsing onder sjimpansees en ander primaatspesies die volgende oor die mens en veral teoloë en filosowe se verkeerde aanspraak dat moraliteit ’n uniek menslike kwaliteit is:

“Some animals are surprisingly sensitive to the plight of others. Chimpanzees, who cannot swim, have drowned in zoo moats trying to save others. Given the chance to get food by pulling a chain that would also deliver an electric shock to a companion, rhesus monkeys will starve themselves for several days. Biologists argue that these and other social behaviors are the precursors of human morality. They further believe that if morality grew out of behavioral rules shaped by evolution, it is for biologists, not philosophers or theologians, to say what these rules are.”

Terwyl ons in ’n wêreld leef waar oorlog nog ’n allesoorheersende menslike kenmerk is, aangevuur deur Homo sapiens as spesie, is daar genoeg navorsing wat bewys dat ons as sogenaamde hoogste orde van God se skepping maar gerus kan gaan leer by ander primate hoe om vrede te maak. Gaan lees gerus die epogmakende werk, gebaseer op 15 jaar se navorsing van primate, deur die Nederlandse en deesdae Amerikaanse bioloog en etoloog Frans de Waal. Hy skryf in sy bekroonde werk, Peacemaking Among Primates, soos volg:

“Forgiveness is not, as some people seem to believe, a mysterious and sublime idea that we owe to a few millennia of Judeo-Christianity. It did not originate in the minds of people and cannot therefore be appropriated by an ideology or religion. The fact that monkeys, apes, and humans all engage in reconciliation behaviour means that it is probably over thirty million years old, preceding the evolutionary divergence of these primates … (R)econciliation behaviour must be seen as a shared heritage of the primate order. Our species has many conciliatory gestures and contact patterns in common with the apes (stretching out a hand, smiling, kissing, embracing, and so on). Language and culture merely add a degree of subtlety and variation in human peacemaking strategies” (pp. 270-271).

[HM: Evolusie is gebaseer op die oorlewing van die sterkste en die slimste, en in dié proses sterf die minder geskiktes uit.  As mens kan glo dat dít tot altruïsme, omgee vir mekaar en vergifnis gelei het, eerder as die Christelike geloof (wat spesifiek daardie waardes verkondig), sal jy waarskynlik enigiets kan glo.  Weereens, dat daar ook goeie gedrag by diere bestaan, is net so min ’n bewys dat die mens en diere ’n gemeenskaplike voorganger het, as dat hulle ’n Gemeenskaplike Ontwerper het.  En sekerlik sou ’n Intelligente Ontwerper omgee vir mekaar onder sekere diere ook geskep het, om die kans op oorlewing te verbeter.  Die Skepper sou dit selfs as voorbeeld vir die mens laat dien.]

4. Evolusie (en wetenskap) soek nie die vingerafdrukke van God nie

Gelowiges gebruik aanhoudend die argument dat die wetenskap nie die bestaan of nie-bestaan van God kan bewys nie. Dit is ’n veilige skans waaragter geen rasionele en intelligente mens behoort te skuil nie. Dit is nie die wetenskap se plig en doel om God se bestaan te bewys nie. Soos die wetenskaplike van Yale-universiteit, Robert Dorit, dit in ’n artikel in Scientific American gestel het, “die wetenskap soek nie die vingerafdrukke van God nie”. Dit is egter wel die plig van gelowiges om vir ons in ’n rasionele wêreld hul bewyse voor te lê vir die bestaan van die gode waarin hulle glo en waarvoor hulle aanhoudend beskerming vra teen kritiese vrae.

[HM: Hierdie uitspel van gelowiges se plig deur ’n ateïs soos George Claassen, is eintlik snaaks gegewe die fanatiese ywer onder evolusioniste om Intelligente Ontwerp en kreasionisme af te breek en te belemmer.  Aan die een kant word hier deur evolusioniste gevra vir wetenskaplike bewyse vir die bestaan van God, maar dieselfde evolusioniste probeer enige verwysing na God in die wetenskap te verwyder deur hul definisie dat dit onwetenskaplik sou wees.

Waarom gaan lees George Claassen en sy mede-evolusioniste nie die werk van kreasioniste ordentlik en objektief nie?  Dan sal hy tenminste weet dat daar lankal reeds baie goeie getuienis vir die waarheid van die Bybel bestaan.

Die wonderlike daarvan is dat hoe meer die wetenskap ontdek (ek verwys hier na wetenskaplike data – nie noodwendig die sekulêre vertolkings daarvan nie), hoe meer ontsag kry Bybelgelowige wetenskaplikes vir die Skepper van alles – insluitende Sy wetenskap.]

Is dit nie tyd dat skeppingsreligie kers begin opsteek by die moderne wetenskap, en dan spesifiek by evolusie nie? Kan ’n sogenaamde morele samelewing gegrond op voorskrifte uit die Bybel en die Koran, nog die gruwels duld wat in die naam van amptelike heilige en kerklike voorskrifte steeds gepleeg word, ondanks die bevindings van die wetenskap? Kom ek noem net een voorbeeld, die kerk en moskee en gelowiges se standpunt oor gays.

Navorsing het reeds lankal die genetiese verband van gay-wees aangetoon, en argumente dat die mens die enigste spesies is waarin homoseksualiteit voorkom en dat ander “diere” dit nie beoefen nie, is doodgewoon en blatant verkeerd. Enige primaatwetenskaplike sal kan aantoon hoe algemeen homoseksualiteit by sekere primate soos sjimpansees en bonobo’s is. Maar die wetenskap word liefs en gerieflik geïgnoreer terwyl gays in Iran en ander Moslemlande gestenig en opgehang word en hier by ons en in ander sogenaamde Christenlande deur die kerk uitgeban word. Of blootgestel word aan die ergste sosiale viktimisering van gelowiges wat gays se genetiese aard probeer regbid, of hulle van religieuse poste ontneem waar hulle as mense ’n belangrike bydrae kan lewer.

[HM: Is dit nie tyd dat evolusioniste hul oogklappe afhaal en begin insien hoe ver hulle al van wetenskaplike beginsels afgewyk het nie?  Is dit nie tyd dat hulle begin besef en erken dat evolusie ’n hopelose hipotese is nie?

Navorsing het geensins daarin geslaag om die genetiese verband van homoseksualiteit te bepaal nie.  Daar bestaan nie iets soos ’n homoseksuele geen nie.  Een van die grootste studies wat tot 1999 daaroor gedoen is, naamlik deur dr. George Rice van die Universiteit van Ontario en sy navorsingspan, kon geen koppeling kry tussen homoseksualiteit en enige geen nie.  Dit het die aansprake van die vorige studie in 1993 deur dr. Dean Hamer en sy span weerlê.

[HM: The Independent, (U.K.), April 23, 1999, bl. 5.
Science, 23 April, 1999, bl. 571, 665–667]]

Evolusie en die wette van die natuur beteken ook ongelukkig dat die natuur nie so mooi is as wat skeppervoorstanders aanhoudend voorhou wanneer rampe ons tref nie. Hieroor skryf Robert Todd Carroll, Amerikaanse akademikus, skeptikus en uitgewer van The skeptic’s dictionary:

“Die argument van ontwerp is een van die ‘bewyse’ vir die bestaan van God. In sy basiese vorm lei dié argument uit die intelligente orde en geskape skoonheid van die heelal af dat daar ’n intelligente Ontwerper en Skepper van die heelal is. Kritici van die argument wys daarop dat dit aanneem wat nog bewys moet word: Dit aanvaar die heelal is ontwerp sodat bewys kan word dat dit die werk van ’n ontwerper is. Die argument onderdruk ook bewyse: Met al sy skoonheid en grootsheid is die heelal ook vol, om dit sagkens te stel, aaklighede. Om meer spesifiek te wees: babas wat sonder ’n brein gebore word, goeie mense wat verskriklik swaarkry en ly aan neurofibromatose, bose mense wat in die son lê en hul mag en reputasie geniet, ensovoorts. Vulkane wat uitbars, aardbewings wat die planeet laat skud, orkane en tornado’s wat daagliks duisende lewens eis. Om te sê, soos heelwat voorstanders van Ontwerp doen, dat dié aaklighede net vir ons aaklig lyk omdat ons onkundig is oor God se plan en visie en dat ons nie kan weet hoe goed dié aaklighede werklik is nie, is selfweersprekend. As ons nie kan weet wat goed is en wat nie, kan ons nie weet of die ontwerp, indien dit ooit bestaan, goed of sleg is nie.”

[HM: George Claassen se probleem hier gaan eintlik oor die God van die Bybel, wat ek aflei uit die volgende:

    1. Hy skryf Ontwerper met ’n hoofletter wat mens laat dink hy verwys na God van die Bybel; en
    2. Sy argument maak net sin as die Ontwerper na ’n God verwys wat goed en liefdevol behoort te wees, want anders is daar geen rede om te dink dat die intelligente ontwerper maar eenvoudig aaklighede doelbewus ook geskep het nie.

Hy spel hier presies die probleem uit van Christene, wat nie die sondeval soos beskryf in Genesis met die aaklige gevolge vir die hele skepping, glo nie.  Sekerlik kan gelowiges die skoonheid in die skepping aan die Skepper toeskryf, maar hoekom daar ook baie aaklighede is, is deur God in Genesis geopenbaar.  Dit is die gevolg van die mens se ongehoorsaamheid aan God.  Gelowiges wat die probleem van ’n liefdevolle en almagtige God met wreedhede in die wêreld probeer versoen, sal maar altyd kleitrap as hulle Genesis nie letterlik opneem nie.]

Ons staan vandag by ’n waterskeiding waar religie en gelowiges kennis sal moet neem van die bevindings van die wetenskap en evolusionêre biologie,  nie net wanneer dit hulle pas nie – dink maar aan die wyse waarop medisyne aanvaar en gebruik word – of die gevaar staan om in irrelevansie te verval. Predikante, teoloë, imams en gelowiges kan nie langer mekaar en medelidmate mislei deur te maak asof evolusie die olifant in die katedraal of moskee is waaroor daar liefs nie gepraat moet word nie – of waaroor daar maar lustig leuens versprei kan word.

[HM: Ek stem saam dat evolusie nie net geïgnoreer kan word nie, maar om heel ander redes as wat George Claassen glo.  Omdat evolusie strydig is met die Bybel en mense se geloof in God as Skepper bedreig, behoort die Christelike Kerk erns te maak om die aansprake van evolusioniste uit die Bybel en deur behoorlike wetenskap te weerlê.  Die wetenskapsargumente mag vir predikante moeilik wees, maar die Christelike Kerk beskik vir seker oor Bybelgelowige wetenskaplikes wat daardie area kan dek.  Skeppingsleer is ’n groeiende wêreldwye wetenskaplike veld wat ’n baie belangrike rol in die behoud en uitbouing van die Evangelie kan speel en reeds doen.]

Die bygelowige beheptheid van die mens om dit wat ons nie kan verklaar nie aan God toe te skryf, is die irrasionele, maklike, onkritiese en nie-ondersoekende weg: Gideon Joubert het dit gedoen in sy topverkoperboek, Die Groot Gedagte. En ongelukkig ook Leon Rousseau in Die Groot Avontuur. En daagliks sien ons dit in die Afrikaanse media in die woorde en uitsprake van vooraanstaande Afrikaanse rubriekskrywers  en leiers soos Wilhelm Jordaan,  Eugène Cloete, Louw Alberts en ander wie se gesigte ek hier in die gehoor waarneem.

Die bewyse vir evolusie het nou so oorweldigend geword dat heelwat gelowiges dit selfs aanvaar. Maar die nuwe manier om verby die aaklige werklikheid van evolusie te kom (aaklig vanuit die oogpunt van die skeppingsverhaal van die Bybel), is om die vae idee van ’n Intelligente Ontwerper voor te stel.  Hierdie Intelligente  Ontwerper het dan kwansuis evolusie ingespan vir die skepping om te ontwikkel. Wie hy of sy is, word nie openlik gesê nie, hoewel die Discovery Institute in Seattle, die groot propageerders van Intelligente Ontwerp, reeds in ’n onbewaakte oomblik erken het dit kan net die God van die Christelike godsdiens wees.

[HM: Onder die voorstanders van Intelligente Ontwerp word nie net Christene gevind nie, maar mense van ander gelowe ook, en selfs agnostici.  Die DVD “Expelled – no intelligence allowed” spel dit duidelik uit.  Prof. Claassen maak betreffende wie die Intelligente Ontwerper moet wees net so ’n onsinnige stelling soos sou iemand beweer dat alle evolusioniste Christene moet wees, want enkeles het (per ongeluk) erken hulle is.  Die groot gedagte van Intelligente Ontwerp is dat sekere aspekte in die natuur doodeenvoudig te ingewikkeld is om deur ’n natuurlike proses soos evolusie verklaar te word, en daarom is ’n Intelligente Ontwerper (wat glad nie noodwendig die God van die Bybel is nie) die mees logiese antwoord.  Dit lyk of George Claassen, soos betreffende skeppingsleer, die redenasies van Intelligente Ontwerp ook nie eintlik ken nie, want hy verwar hul sienings met dié van teïstiese evolusioniste.

Die feit dat meeste evolusioniste nie eens wil toelaat dat die moontlikheid van ’n Intelligente Ontwerper ondersoek moet word nie, is ’n duidelike voorbeeld van hoe hul evolusiegeloof hul rasionele denke verblind.  Die feit dat evolusioniste soos George Claassen se skynbare hoofverweer teen Intelligente Ontwerp is dat die Intelligente Ontwerper volgens hom die God van die Christelike geloof behoort te wees, wys waarskynlik dat hulle geen geldige wetenskaplike argumente teen Intelligente Ontwerp het nie.]

Jerry Coyne verklaar hierdie nuwe verskynsel so: “Die werklike oorlog is tussen rasionaliteit en bygeloof. Wetenskap is maar een vorm van rasionaliteit, terwyl godsdiens die algemeenste vorm van bygeloof is.” Hy gaan verder: “As die geskiedenis van die wetenskap ons iets wys, is dit dat ons nêrens kom deur ons onkunde ‘God’ te noem nie.”

[HM: Die evolusionistiese bioloog prof. Jerry Coyne kon skynbaar nooit tussen bygeloof en geloof onderskei nie.  Die volgende is ’n aanduiding daarvan.  Toe hy in 1998 van die gebreke in die klassieke Pepermotstorie, wat lank as getuienis vir evolusie voorgehou is, gehoor het, het hy dit al vir baie jare as waarheid aan sy studente geleer.  Prof. Coyne het gesê dat dié ontdekking vir hom soortgelyk was aan die ontnugtering wat hy beleef het toe hy op sesjarige ouderdom ontdek het dat sy pa – nie Kersvader nie – die presente altyd op Kersaand gebring het.  Volgens hom moes hierdie vorige “wenperd in die evo­lusiestalle” uitgegooi word.

[HM: ‘Goodbye, peppered moths’, Creation 21(3), bl. 56, 1999]

[HM: Nature, volume 396, bl. 35-36]

Kersvader is deel van bygeloof – nie ware geloof nie.  Prof. Coyne wil die kind met die badwater uitgooi.]

Dit sluit aan by wat die Britse fisikus William Bowen Bonner oor die wetenskaplike metode sê:

“Dit is die werk van wetenskaplikes om rasionele verduidelikings te gee vir al die gebeure in die werklike wêreld, en elke wetenskaplike wat dit aan God oorlaat om iets te verduidelik, is besig om sy taak te verloën. Dit is net so goed van toepassing op die begin van die uitbreiding (van die Heelal) as op enige ander gebeure. As die verduideliking nie dadelik gegee word nie, moet die wetenskaplike uitspraak voorbehou: maar as hy sy sout werd is, sal hy altyd vasstaan dat ’n rasionele verduideliking uiteindelik gevind sal word. Dit is die een stukkie dogmatisme wat die wetenskaplike homself kan gun – en daarsonder sal die wetenskap in gevaar verkeer om elke dag toe te gee aan bygeloof elke keer as ’n probleem vir ’n paar jaar nie opgelos kan word nie.”

[HM: Presies – daarom is hierbo gesê dat evolusie ’n geloof is – ’n geloof dat ’n natuurlike (rasionele) verduideliking moet bestaan.  William Bonner kan dit maar dogmatisme noem – die geloofsaspek daarvan behoort vir almal duidelik te wees, en soos reeds genoem is, verblind hierdie geloof in evolusie sy slagoffers om enige waarheid groter as die natuurwetenskap raak te kan sien.]

Oor die wetenskap – en evolusie as geldige en deeglike bewese wetenskapsveld – se nie-soeke na die vingerafdrukke van ’n skepper-god, gee die Nobelpryswenner Steve Weinberg ’n interessante perspektief:

“It’s a consequence of the experience of science. As you learn more and more about the universe, you find you can understand more and more without any reference to supernatural intervention, so you lose interest in that possibility. Most scientists I know don’t care enough about religion even to call themselves atheists. And that, I think, is one of the great things about science – that it has made it possible for people not to be religious.”

[HM: Hierdie is ’n verstommende dwase en arrogante opvatting.  As ’n wetenskaplike ’n natuurwet ontdek, het hy dalk maar net die formule wat die wet beskryf, geformuleer.  In werklikheid bestaan die natuurwet al lankal.  Dit behoort sy dunk van die Een wat die natuurwet gemaak het, te vergroot – by verre nie te verminder nie.  Kan enigiemand dink dat om uiteindelik na dekades se navorsing, iets te formuleer of te verduidelik wat iemand anders ontwerp het, jou die reg gee om die bestaan van die een wat oorspronklik ontwerp het, te ontken?  Hoeveel te meer geld hierdie redenasie nie ten opsigte van die een Ontwerper wat alles uit niks geskep het nie?

Daarteenoor groei die Bybelgelowige Christenwetenskaplike se bewondering vir God hoe meer hy navors en ontdek.  Die skepping verkondig inderdaad die almag en alwysheid van God.  Gelukkig is daar baie hoogstaande wetenskaplikes soos bovermelde prof. Eugene Cloete waarna George Claassen verwys, wat dit besef en graag erken.]

Religieë kan nie langer die werklikhede van wetenskaplike ontdekkings lukraak en selektief aanvaar, maar evolusie se bevindings en fisika se noukeurige  radiodatering verwerp omdat dit die skeppingsboodskap van heilige boeke weerspreek nie. Danksy evolusie weet ons vandag sonder twyfel dat oor die eerste 80 persent van die geskiedenis van lewe op Aarde, alle spesies uit sagte weefsel bestaan het, sonder skelette en harde doppe. Daarom is die fossielrekord so totaal onvolledig, net ongeveer 0,1 tot 1 persent van alle spesies wat al op Aarde gelewe het.

[HM: Hierdie is ’n baie swak wetenskaplike argument want die sogenaamde getuienis daarvoor is gebaseer op dinge wat nie gevind is nie (99 tot 99.9% volgens Claassen hierbo).  Maar hoekom dink evolusioniste so ’n groot pesentasie is nie gevind nie?  Omrede hul geloof dat evolusie waar is en die verlore skakels dus moes bestaan het.  Sy stelling dat hulle danksy evolusie weet, impliseer ook duidelik dat wat ookal evolusioniste glo hulle in so ’n geval weet, nie op getuienis gebaseer is nie, maar op ’n afleiding sou evolusie waar wees.

Die fossielrekord is ook glad nie so onvolledig soos evolusioniste verkondig nie.  Daar is fossiele van ongeveer 88% van alle diere op aarde (as diere wat moeilik fossileer ingesluit word, is dit 79.1%), maar daar is geen duidelike vermiste skakels gevind nie.  Die fossiele wat wel gebruik word as vermiste skakels, is baie kontroversieel, en verval dikwels weer in onguns, soos Archaeopteryx en nou onlangs Tiktaalik.  Laasgenoemde het Richard Dawkins in sy nuutste boek The Greatest Show on Earth, nog as die perfekte skakel beskryf.

[HM: Jonathan Sarfati in Refuting Evolution, bl. 52, Michael Denton in Evolution, a theory in crisis, bl. 190,

Bryne, J., Four-legged creature’s footprints force evolution rethink, LiveScience.com, 6 January 2010.]

Danksy radiodatering deur fisici wat hoogs gesofistikeerde instrumente gebruik, weet ons dat die Aarde en ons sonnestelsel ongeveer 4,57 miljard jaar oud is, en die oudste rotse, gevind in Kanada, ongeveer 4,3 miljard jaar (ouer rotse is vernietig deur bewegings van die aardkors.)

[HM: Radiodatering het al soveel keer op bekende historiese gebeurtenisse gefaal, dat dit eintlik ondenkbaar is dat sommige wetenskaplikes steeds daarop vertrou vir onbekende gebeure in die verlede.  Die gesofistikeerde instrumente kan die huidige verhouding tussen moeder- en dogterelemente akkuraat bepaal, maar dit is nutteloos betreffende ouderdomsbepaling sou sekere aannames verkeerd wees.  Hierdie aannames gaan oor die onbekende aanvanklike moeder-/dogterelement-verhouding asook die aanname dat geen verlies of byvoeging van die betrokke elemente oor die monster se bestaanstyd plaasgevind het nie.]

Kom ek draai Christus se woorde teenoor die Fariseërs om wat die skare se lofuitinge probeer stilmaak het: “As hulle stilbly, sal die klippe uitroep.”

Die klippe van evolusie en fisika se bevindings roep lankal uit en dis tyd dat leiers in die kerk en moskee nie langer hul lidmate hieroor mislei nie. Die uitroepe van die wetenskap en evolusie se bevindings word daagliks in die klippe gelees.

[HM: Ja, inderdaad moet mens Christus se woorde omdraai om by George Claassen se tragiese geloof uit te kom.  Christus het gesê: “Ek het julle van die aardse dinge vertel en julle glo dit nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?”  Elders het Hy die vraag gevra of Hy nog enige geloof sal vind as Hy weer kom.  Dit blyk al reeds vandag ’n baie toepaslike vraag te wees, nie net as mens na ateïstiese evolusioniste kyk nie, maar ook as mens na sommige van ons teoloë se uiters liberale sienings en uitlatings kyk.]

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui