Bergpredikasie

Die bergpredikasie of bergrede (Engels = “Sermon on the Mount”) is die naam wat gegee word aan Jesus se preek op die berg (die tradisionele plek wat mense vir jou vandag in Israel wys is op die noordelike oewers van die See van Galilea, maar niemand weet presies nie)

Voorkoms in die Bybel:

  • Matteus 5-7
  • Lukas (verspreid). Lukas se verse word genoem in die volgorde waarin dit in Matteus voorkom: Luk 6:20-23; 14:35-35; 16:18; 6:27-28, 32-36; 11:2-4; 12:33-36; 16:13; 12:22-34; 6:37-38, 41-42; 11:9-13; 13:24; 6:43-44; 13:25-27; 6:47-49.

Temas

Die volgende temas is deel van die bergpredikasie:

  • Saligsprekinge: Agt “Geseënd is dié …” (Mat 5:3-12)
  • Sout vir die aarde en lig vir die wêreld
  • Jesus het nie gekom om die wet ongeldig te maak nie, maar om dit te vervul
  • Versoening: As jy jou broer uitskel as ‘n idoot is jy strafbaar met die helse vuur.
  • Kuisheid: Elkeen wat ‘n vrou in sy hart begeer het reeds egbreek gepleeg.
  • Egskeiding: Elkeen wat van sy vrou skei behalwe oor owerspel, maak dat sy egbreuk pleeg.
  • Aflê van ‘n eed: Laat jou “ja”, “ja” wees en jou “nee”, “nee”.
  • Vergelding: Oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand. Draai liewer die ander wang.
  • Liefde vir die vyand: Julle moet julle vyande liefhê en vir hulle bid
  • As julle armes help: Jou linkerhand moenie weet wat jou regterhand doen nie
  • Onse Vader gebed: Ons Vader wat woon in die hemel …
  • As julle vas, moenie met lang gesigte rondloop nie.
  • Skatte in die hemel
  • Die lamp van die liggaam is die oog (Mat 6:22-23)
  • God en Mammon
  • Sorge van die lewe: Die wilde voëls saai en oes nie. Die lelies maak nie klere nie.
  • Moenie oordeel nie: moenie die splinter in jou broer se oog uithaal terwyl jy ‘n balk in jou oog het nie
  • Gebedsverhoring: Vra en vir julle sal gegee word. Wie gee vir sy seun ‘n klip as hy brood vra?
  • Twee paaie: Die smal en die breë weg
  • Vals profete is wolwe in skaapsklere
  • Hoor en doen: Nie elkeen wat vir my “Here” sê sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie.
  • Twee fondamente: Die huis op rots en die huis op sand.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui