Approbasie

In die algemeen beteken approbasie om amptelike goedkeuring te kry.

In meeste kerke is dit die gebruik om die name van mense af te kondig wat ter approbasie voorgehou word (met ander woorde: om die nodige kerklike goedkeuring te verkry) om in die besondere ampte van ouderling of diaken te dien. Dit is om die res van die gemeente die geleentheid te gee om beswaar aan te teken teen die voorgestelde kandidate. Indien daar geen geldige besware aangeteken word nie, gaan die kerkraad gewoonlik voor om hierdie mense aan te stel.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui