Kyk ook:
Inhoudsopgawe
- Sing Seeman, sing
- Die mannetjie
- 1(1) Die Stem van Suid-Afrika
- 2(3) Vlaglied
- 3(15) My goeie Kameraad
- 4(16) Groen is die land van Natal
- 5(17) Waar die kop van Tafelberg
- 6(19) Land van ons Vaders
- 7(21) Afrikanerlied
- 8(25) ‘n Afrikaanse Volkslied
- 9(26) Transvaalse Volkslied
- 10(29) Vrystaatse Volkslied
- 11(31) Oranje-blanje-blou
- 12(32) Dierbaar Suid-Afrika
- 13(34) Gedenk
- 14(35) Slaap rustig, dapper helde!
- 15(36) Uit die chaos van die eeue
- 16(37) Afrikaners, Landgenote
- 17(39) Die lied van jong Suid-Afrika
- 18(41) Waar Tafelberg begin
- 19(43) My land, Suid-Afrika
- 20(48) Aanstap, aanstap
- 21(51) Oestydlied
- 22(52) Al die veld is vrolik
- 23(55) Intog van die Lente
- 24(56) Kyk, dis September weer
- 25(60) Die son verrys
- 26(66) Dis heerlike Lente
- 27(67) Dis Lente in die Boland
- 28(69) Wandellied
- 29(70) Na buite
- 30(75) Tortelduifie
- 31(76) Ou Karooland
- 32(78) My nooi’ntjielief in die moerbeiboom
- 33(80) Nooi van die velde
- 34(82) Die Afrikaanse Pop
- 35(83) Taraboemdery
- 36(85) Kom Saartjie, laat ons gaan
- 37(87) O, die liewe Martatjie
- 38(93) Goue koring, goue hawer
- 39(95) Bokkie
- 40(102) Gertjie
- 41(104) Sy’s ‘n perskeblom
- 42(105) Donkerbruin vonk’lende oë
- 43(107) My hartjie, my liefie
- 44(108) ‘n Liefdesliedjie
- 45(109) Bolandse Nooi’ntjie
- 46(114) Suikerbossie
- 47(120) Net soos ‘n waterstroompie
- 48(124) Pollie, ons gaan Pêrel toe
- 49(129) Die kappie
- 50(131) Jy’s rein soos lenteblomme
- 51(133) Tortelduifies
- 52(134) Môre Oompie, môre Tannie
- 53(135) Santjie van Soendal
- 54(136) Ek soek na my Dina
- 55(137) Hier’s ek weer
- 56(138) Daar oorkant die spruit
- 57(140) Japie, my skapie
- 58(143) Sarie Marais
- 59(144) Daar op ons plasie
- 60(145) My hartbeeshuis
- 61(147) O, glo my
- 62(149) Daar ver op ons plasie
- 63(150) Kom ons gaan blomme pluk
- 64(151) Daar gaan uit vergange se dae
- 65(154) As die winter nader kruip
- 66(156) Die brug op die plaas
- 67(158) ‘n Liedjie van verlange
- 68(163) Vaarwel my eie soetelief
- 69(165) Al lê die berge nog so blou
- 70(166) Die blou berg
- 71(170) Liewe maan
- 72(172) Om die kampvuur
- 73(174) Kom Patertjie
- 74(176) By Coetzenburg loop ‘n waterstroom
- 75(177) Goud en silwer
- 76(180) So ry die trein
- 77(181) Hoe ry die Boere?
- 78(182) Kaapse draai
- 79(184) Die blink vosperd
- 80(185) Die kat kom weer
- 81(186) Een triomfantelik lied van die Zilvervloot
- 82(188) Wat maak Oom Kalie daar?
- 83(190) Siembamba
- 84(194) Waai met die wiepie
- 85(197) Die goeie, oue tyd
- 86(198) Die bootjie na kammaland
- 87(199) Ver in die wêreld, Kittie
- 88(203) Aanstap rooies
- 89(207) Daar kom die rooidag uit
- 90(208) Ons is musikante
- 91(209) Afrikaners is plesierig
- 92(210) Die vrolike musikant
- 93(211) Daar kom die wa
- 94(212) Saam met die wa
- 95(215) Vat jou goed en trek
- 96(216) Rokkies wou sy dra
- 97(219) Sing jy van blomme
- 98(220) Saai die waatlemoen
- 99(221) Aai, aai die Witborskraai
- 100(224) In die helder maanskyn
- 101(234) Gaudeamus-Igitur
- 102(235) Kolperd
- 103(237) Tant Hessie se witperd
- 104(239) Trekliedjie
- 105(240) Solank as die rietjie
- 106(241) Die Oukraalliedjie
- 107(242) Kinders, moenie in die water mors nie
- 108(257) Daar kom die Alibama
- 109(258) Ou tante Koba en bobbejaan klim die berg
- 110(259) Jan Pierewiet
- 111(260) Daar kom tant Alie
- 112(261) Vanaand gaan die volkies
- 113(302) Pikaninie-wiegelied
- 114(304) Hulle sê daar’s ‘n man in die maan
- 115(310) Afrikaanse wiegeliedjie
- 116(329) Rosie van die velde
- 117(335) Waarom nie vrolik?
- 118(341) Stil deur die nag
- 119(343) O Boereplaas
- 120(372) Psalm 38
- 121(375) Psalm 130
- 122(380) Vervul my hart
- 123(381) Leer my op U wag, o Here
- 124(387) Oud-Nederlandse dankgebed, 1625
- 125(395) Magaliesburgse aandlied
Sing Seeman, sing
1. Ek hoor nog die lied in die hawe
van matrose, van matrose.
‘n Lied wat vertel van hul dade,
waar matrose altyd gaan.
Sing seeman sing,
jou lied wat heimwee bring.
Die groot oseaan sal my hart verstaan
al my liefde en verlange.
2. Van Kaap tot die kant van Rangoen se kaai,
moes ons weg gaan, moes ons weg gaan.
En selfs waar ons vasmeer in verre Shanghai,
was jou liefde altyd daar.
Sing seeman sing,
jou lied wat heimwee bring.
Die groot oseaan sal my hart verstaan
al my liefde en verlange.
3. Die see kan ‘n seeman sy vreugde gee,
deur die jare, deur gevare.
Maar nou roep my vaderland my weer,
en my hart sê ek moet gaan.
Sing seeman sing,
jou lied wat blydskap bring.
Die groot oseaan het jou hart verstaan
al jou liefde en verlange.
[Terug]
Die mannetjie
1. Daar onder in die vlei stap ‘n mannetjie;
Hy is so klein en so skraal
Hy swaai ‘n ou klein koffiekannetjie
En stap na sy werk vir die honderdste maal
Langs die bome en blink watervore
Sing hy so ver as hy gaan
Want gister is ‘n baba gebore
En hy is die vader daarvan
2. Sy naam is Bart Kasper de Kompaan;
Hy dink aan ‘n naam vir sy seun
Freek Jasper en Sarel kan dalk gaan
Maar Gotliep Antonie staan hom beter aan
Ongelukkig verwag sy ou vader
Dat die kind na sy oupa moet heet:
Jan Donderdag van Gorrеlberg van Staden
En daarby Kasparus Bart Keet
[Terug]
1(1) Die Stem van Suid-Afrika
(Met verlof van die Regering)
Uit die blou van onse hemel, uit
die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes waar die
kranse antwoord gee,
Deur ons ververlate vlaktes met
die kreun van ossewa –
Ruis die stem van ons geliefde,
van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem,
ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe,
ons vir jou, Suid-Afrika.
4. Op u Almag vas vertrouend
het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here!
om te handhaaf en te hou
Dat die erwe van ons vaad’re vir
ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste,
teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het,
leer ook ons vertrou, o Heer
Met ons land en met ons nasie
sal dit wel wees, God regeer.
[Terug]
2(3) Vlaglied
Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra:
Wat beteken jou vlag dan Suid-Afrika?
Ons weet hy’s die seël van ons vryheid en reg
Vir naaste en vreemde, vir oor man en kneg;
Die pand van ons erfenis, geslag op geslag,
Om te hou vir ons kinders se kinders wat wag;
Ons nasie se grondbrief van eiendomsland,
Uitgegee op gesag van die Hoogste se hand.
Oor ons hoof sal ons hys, in ons hart sal ons dra,
Die vlag van ons eie Suid-Afrika.
[Terug]
3(15) My goeie Kameraad
Ons was geswore makkers, ons het
oral saam gestry;
die vaderland was in beleg en sy
aan sy het ons geveg
om hom weer te bevry, om hom
weer te bevry.
2. Hy het langs my gesneuwel want
‘n koeël het hom deurboor.
Die swaarste Iaste moes hy dra,
die hoogste offer is gevra;
my vriend het ek verloor, my
vriend het ek verloor.
3. Meteer gee hy sy lewe as ‘n laaste offerdaad.
Daar was geen tyd vir afskeids
groet, maar eenmaal sal ons weer ontmoet;
nou rus my kameraad, my goeie kameraad.
[Terug]
4(16) Groen is die land van Natal
Groen is die land van Natal;
wyd lê die velde omheen.
Wolke seil hoog in die blou hemelboog
en ‘n arend vlieg na die son.
Groen is die land van Natal;
daar waar die bergbokke wei.
Stil wil ek droom langs ‘n koel waterstroom,
van die wêreld drang afgeskei.
Teen die randjie staan ‘n huis
waar my hart ontwaak.
Saans wag my beminde daar;
die dag is dan volmaak.
Groen is die land van Natal;
heuwel en vlakte en dal.
Hier is ons tuis waar die koel winde suis
in die groen, groen land van Natal.
[Terug]
5(17) Waar die kop van Tafelberg
Waar die kop van Tafelberg deur die wolke steek,
tot waar die Limpopo-stroom deur die bergwal breek;
waar oor uitgestrekte veld rol die ossewa:
Daar is my Vaderland, my Suid-Afrika,
daar is my Vaderland, my Suid-Afrika.
4. Waar ‘n Christen-nasie woon, moedig, edel, sterk,
wat vir vryheid, vreden reg eens gesind wit werk;
waar ‘n volk in God nog glo, nog sy seën vra:
Daar is my Vaderland, my Suid Afrika,
daar is my Vaderland, my Suid Afrika.
[Terug]
6(19) Land van ons Vaders
O land van ons vaders, so ruim en so vry,
ons sing van jou glorie, verruk en verbly,
jou stryders het dapper hul laste gedra,
vir vryheid wat Vaderland vra.
Suid-land, my land, ons Vaderland;
ons hart en ons hand jou liefde ten pand;
tot sterwens toe, ons Vaderland.
3. Beskimp en gehoon deur die vyand so sterk,
dit staal ons tot deugsame ywer en werk;
standvastig gee ons aan mekaar dan die hand,
in diens van ons volk en ons land.
Suid-land, my land, ons Vaderland;
ons hart en ons hand jou liefde ten pand;
tot sterwens toe, ons Vaderland.
[Terug]
7(21) Afrikanerlied
By die ruwe Kaap van storme,
waar die oseane bots
en van oos en wes die golwe
worstel om hul bakenrots,
waar die maagdelike velde nog in
skuwe skoonheid bloos,
dit is waar jul wieg gestaan het,
stoere Afrikanerkroos,
dit is waar jul wieg gestaan het,
stoere Afrikanerkroos.
4. Voorwaarts dan, getrou en wakker,
moedig, kragtig steeds vooruit!
Geen geweld, geen dwinglands
woede sal ju! idcale stuit.
Laat ju! roep oor berge dawer, oor
die vlaktes voortgedra:
Ewig hoog die vryheidsvaandel,
stoere kroos van Afrika!
Ewig hoog die vryheidsvaandel,
stoere kroos van Afrika.
[Terug]
8(25) ‘n Afrikaanse Volkslied
‘n Ieder nasie het sy land!
Ons woon op Afrikaanse strand;
vir ons is daar g’n beter grond op
al die wye wêreldrond.
Trots is ons om die naam te dra
van kinders van Suid-Afrika.
2. ‘n Ieder nasie het sy taal, ons
praat van Kaap tot in Transvaal
wat almal maklik kan verstaan.
Wat gaan die ander tale ons aan?
Ons praat soos pa en ou-pa-pa,
die landstaal van Suid-Afrika.
6. Want al die nasies het één God.
Hy reël ieder volk se lot;
Hy het vir ieder volk sy taal,
sy land, sy reg, sy tyd bepaal.
Wie dit verag sal sy straf dra.
O God, beskerm Suid-Afrika!
[Terug]
9(26) Transvaalse Volkslied
1. Kent gij dat volk vol heldenmoed
en toch zo lang geknecht?
Het heeft geofferd goed en bloed
voor vryheid en voor recht.
Komt, burgers! laat die vlaggen wapp’ren,
ons lijden is voorbij;
roemt in de zegen onzer dapp’ren:
Oat vrije volk zijn wij!
Oat vrije volk, dat vrije volk,
dat vrije, vrije volk zijn wij !
[Terug]
10(29) Vrystaatse Volkslied
1. Heft, Burgers, ‘t lied der vrijheid
aan en zingt ons eigen volksbestaan!
Van vreemde banden vrij,
bekleedt ons klein gemenebest,
op orde, wet en recht gevest,
rang in der Staten rij, rang in der
Staten rij.
2. Al heeft ons land een klein begin,
wij gaan met moed de toekomst
in, het oog op God gericht,
Die niet beschaamt wie op Hem
bouwt, op Hem als op een
burcht vertrouwt,
Die voor geen stormen zwicht, die
voor geen stormen zwicht.
[Terug]
11(31) Oranje-blanje-blou
1. Die hoogland is ons woning.
Die land van son en veld,
Waar woeste vryheidswinde waai
Oor graf van meen’ge held.
Die ruimtes het ons siel gevoed,
Ons kan g’n slawe wees,
Want vryer as die arendsvlug,
Die vlugte van ons gees.
Refrein:
Dis die tyd, dis die dag
Om te handhaaf en te bou.
Hoog die hart, hoog die vlag,
Hoog Oranje-blanje-blou!
Ons gaan saam die donker toekoms in
Om as een te sneuwel of oorwin,
Met ons oog gerig op jou,
Ons Oranje-blanje-blou!
3. Die God van onse vaders
Het ons hierheen gelei,
Ons dien Sy grootse skeppingsplan,
Solank ons Boere bly.
Ons buig ons hoof voor Hom alleen;
En as Hy ons verhoor,
Omgord ons bly die lendene:
Die toekoms wink daar voor.
[Terug]
12(32) Dierbaar Suid-Afrika
1. Land van die Vaders,
Land van vrome Trekkers;
Jy is ons dure pand,
ons geliefde Vaderland.
Jou dien met al ons vlyt!
Jou beskerm in sware stryd!
Dierbaar Suid-Afrika.
2. Gee ons die manne,
rein in al hul wandel;
manne met Trekkersbloed,
trou in al hul handel.
Dan is ons onbevrees,
sal ons toekoms veilig wees.
Dierbaar Suid-Afrika.
3. Gee ons die vroue,
eerbaar in hul wandel,
vroue met Trekkersmoed,
rein in al hul handel.
Dan bly ons roem bewaar,
dan ook bly ons volk gespaar.
Dierbaar Suid-Afrika.
[Terug]
13(34) Gedenk
1. Nog tril ons hart van matelose smarte,
nog groei geen grassie op die heil’ge plek
waar grond en klip hul bleek gebeente dek
Soet sy jul rus, o liefstes van ons harte.
4. Hoe kan ons? Nooit kan ons die swaar vergeet nie,
die kale grafte roep: Onthou! onthou!
Dink aan die lyding van jou kind en vrou.
Geen sterflik’ mens sal ooit die smart kan meet nie.
[Terug]
14(35) Slaap rustig, dapper helde!
1. Slaap rustig, dapper helde,
verby is al jul leed;
vir onse malse velde
met gras en blom bekleed.
Vir vrou en kinders teer,
vir volk en vaderlandseer
daal jul soos dapper helde
in een saam grafte neer!
Slaap voort en rus in vree,
slaap voort en rus in vree.
Slaap rustig, dapper helde,
na al jul smart en wee.
2. Slaap rustig, vrome moeders,
verby is al ju! smart;
jul moes met mans en broeders,
die oorlogsrampe tart.
In bange woesteny het jul
geswoeg, gely en tog,
soos vrome moeders,
trou tot die dood gebly!
Slaap voort en rus in vree,
slaap voort en rus in vree.
Slaap rustig, vrome moeders,
na al jul smart en wee.
3. Slaap rustig, liewe kliene,
verby is jul geween,
gestil jul smart en pyne,
die donker nag daarheen.
Klein bloeisels swak en teer,
geval, verdor temeer.
Jul bloei, soos liewe kleine,
nou in die hemel weer.
Slaap voort en rus in vree,
slaap voort en rus in vree.
Slaap rustig, liewe kleine,
na al jul smart en wee.
[Terug]
15(36) Uit die chaos van die eeue
1. Uit die chaos van die eeue het ver
rys ‘n stoere volk.
Met die durf van pioniere word
ons nasiestryd vertolk.
Met die polss!ag van ons volksiel
word ons dank jou toegedra.
Deur ons sangers, skilders, bouers
roem ons jou, Suid-Afrika.
Ons sal handhaaf, ons sal opbou,
ons sal hoog jou vaandel dra;
ons sal sterk wees in ons liefde vir
ons Volk, Suid-Afrika.
3. Een van hart en sin en strewe,
vasvertrouend op die Heer,
salons bou ‘n toekoms heerlik op
die skone van weleer.
Uit die diepte van ons harte smeek
ons vurig om gena
om te hou wat ons verwerf het,
om te bou, Suid-Afrika.
Ons sal handhaaf, ons sal opbou,
ons sal hoog jou vaandel dra;
ons sal sterk wees in ons Liefde vir
ons land, Suid-Afrika.
[Terug]
16(37) Afrikaners, Landgenote
1. Afrikaners, Landgenote,
wees getrou aan Volk en Taal!
Aan julselwe, aan elkander,
van die Kaap tot aan die Vaal;
van Oranje tot Sambesie,
in Natal en in Transvaal.
Afrikaners, Landgenote,
wees getrou aan Volk en Taal!
2. Afrikaanse Moeders, Dogters
Afrikaanse son en veld
is beroemd deur heel die wêreld
staan in boek en lied vermeld:
hul besiel met hoop en liefde,
hoër, edeler dan geld,
Afrikaanse Moeders, Dogters
Afrikaanse son en veld!
3. Eenheid, Vryheid, Reg en Liefde
in ons dierbaar Vaderland,
daarvoor stry ons, daarvoor !y ons
alma! same in ons land.
Eenheid, Vryheid, Reg en Liefde,
daarvoor werk ons hand aan hand,
Eenheid, Vryheid, Reg en Liefde
in ons dierbaar Vaderland!
[Terug]
17(39) Die lied van jong Suid-Afrika
1. En hoor jy die magtige dreuning?
Oor die veld kom dit wyd gesweef:
die lied van ‘n volk se ontwaking
wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die Noorde
rys dawerend luid die akkoorde:
Dit is die LIED van Jong Suid Afrika.(3x)
2. Die klop van die Voortrekker wawiel
het die eeue se rus verstoor;
die klank van die voorlaaierskote
het klowe en kranse gehoor.
Die diere het stil staan en luister,
die bome het bewend gefluister:
Dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika.(3x)
4. Die golwende veld is ons woning
en ons dak is die hemelblou;
die Vryheid alleen is ons koning,
sy wagwoord is: “Handhaaf en bou”.
Die stryd wat ons vaders begin het
sal woed tot ons sterf of oorwin het.
Dit is die EED van Jong Suid-Afrika.(3x)
[Terug]
18(41) Waar Tafelberg begin
1. Waar Tafelberg begin tot ver in die Transvaal,
woon één verenigd’ volk, één algemene taal.
‘n Volk voorheen misken, ‘n volk voorheen gesmoord
maar nou beroemd, geërd in Oos, Wes, Suid en Noord.
2. Die Afrikaanse taal die klink vir ons so soet;
dit is ons moedertaal, sit in ons murg en bloed.
Ons ruil dit vir geen taal, al is die nog so skoon.
Daarvoor het ons gely veragting, smaad en hoon.
5. Gedenk aan Volk en Land, getroue Hemelheer!
Sien gunstig ook op ons soos op ons Vaders neer;
bekroon ons handewerk en skenk ons gena’;
en seën, liewe Heer, geliefd’ Suid-Afrika.
[Terug]
19(43) My land, Suid-Afrika
1. Suid-Afrika, o land so ruim en vry;
jy is die land deur God gegee aan my;
jou het ek lief! Verkeer my land in nood,
trou sal ek bly, ja, selfs tot in die dood.
2. Suid-Afrika, o land van son en veld;
jy is gekoop deur bloed van meenge held.
Dierbaar die grond waar helde rus tot nou;
hul het gestry, hul bloed geskenk vir jou.
3. Suid-Afrika, die land waar God regeer.
Heer, gee ons krag, ons wil U altyd eer;
gee ons die moed vir dit wat ons moet dra.
Heer, hoed ons land, beskerm, Suid-Afrika!
[Terug]
20(48) Aanstap, aanstap
1. Aanstap, aanstap, somertyd is hier!
Stap langs heuwelland, stap so flink en fier,
sing van puur plesier; aanstap, hand aan hand!
Aanstap waar die waterstrome vloei,
deur die veld en vlei
waar die heide groei
en die lelies bloei:
daar’s die lewe vry!
2. Aanstap in die vroeë môrelug
langs die bos se soom,
waar die ribbok vlug oor die rant se rug,
waar die steenbok droom.
Links, regs, links, regs, onder hemelblou;
laat ons voorwaarts gaan.
Trap ons spore nou in die môredou.
Kom, stap saam, komaan!
[Terug]
21(51) Oestydlied
1. As eens weer die akkers vol geelrype graan met die
gloed van die aandhemel straal,
sat juigende harte, van vreugde voldaan,
die oes van die lande gaan haal.
Die gerwe swaai op teen die geurende mied.
Dis die lente se einde en kroon.
En suisende sonbesies sing saam die lied:
die oes is die arbeid se loon.
[Terug]
22(52) Al die veld is vrolik
1. Al die veld is vrolik;
al die voëltjies sing;
al die kriekies kriek daar buit’;
elke sprinkaan spring.
Al die koggelmannetjies
kom om fees te vier;
hier galop ‘n goggatjie,
daarso dans ‘n mier.
Nou gaan die kinders draai,
nou gaan hul speel!
Kom Sus, gee handjie! Almal moet draai!
Boet gee ook handjie! Nou gaan ons swaai
dis tog so prettig! Wie dans met my?
Al in die rondte, vrolik en bly!
[Terug]
23(55) Intog van die Lente
1. Die lange wintermaande was grys en koud en kaal;
deur winternagte, -aande het snerpend ryp gedaal.
Maar mild en sag en onverwag het lenteluggie,
loom en lou, die eerste blaartjie laat ontvou.
Die helder kleur en blommefleur,
die nuwe !ewe maak ons harte bly.
O lente, jy, o mooi gety, dis jy wat alles laat gedy!
Kom die lente, kom die liefde;
heerlik die wonder as weer die blomme bloei;
vreugde, as by al die mense lewe
bruisend deur die are vloei.
En moet ons soms ‘n traantjie
droog, gou blink die vonkel in die oog!
Ja, ja! Ja, ja! Ja-ja! En ja!
2. Hoe leeg was eens my dae net soos die wintertyd;
verlange, sugte, klae en droewe eensaamheid.
Maar ook vir my kom vreugde bly
– ‘n blom bloei in my hartse tuin;
net soos die lente’t sy verskyn met ogies blink,
wat lok en wink: die mooiste bloeisel in my lentetuin.
So lig en fyn, ‘n vonkelwyn, was
sy, my lentenooi’ntjie klein!
Weg is donker, droewe dae, liefde
in die hart maak mos alle mense bly!
Weg die sugte, klae, al die een
saam tye is verby.
En kom dan koue eendag weer,
lente en liefde triomfeer!
Ja, ja! Ja, ja! Ja-ja! En ja!
[Terug]
24(56) Kyk, dis September weer
1. Kyk, dis September weer; laat al die vure brand!
Dan hou ons weer ‘n keer braai vleis doer by die strand.
Refrein
Laat alle boeke tuis, laat sorge agterbly;
jeug en lentetyd gaan snel verby, ja,
hulle gaan verby, gaan snel verby!
2. Lente is oral weer, blou branders aan die strand,
velde vol blommefleur; knoop nou die liefdesband.
[Terug]
25(60) Die son verrys
1. Die son verrys met helder glans;
hoera, hoera, hoera!
Gebaai in goud is kruin en krans;
hoera, hoera, hoera!
O maters kom, stap saam met my,
die kosbaar uurtjies gaan verby;
Refrein
Ons stap nou, ons stap nou, ons
stap nou met hoera!
Hoera, hoera, hoera-la-la-la-la!
Hoera, hoera, hoera-la-la-la-la!
Ons stap nou, ons stap nou, ons
stap nou met hoera!
2. Die blomme is nog nat met dou;
hoera, hoera, hoera!
Geen wolk bedek die lug so blou;
hoera, hoera, hoera!
O maters kom, stap saam met my
oor groene velde wyd en vry;
3. Daar’s laafnis in ons sonneskyn,
hoera, hoera, hoera!
Daar’s balsem in ons lug so rein,
hoera, hoera, hoera!
O maters kom, stap saam met my
met harte opgeruimd en bly;
4. Ons blye lied weerklink alom,
hoera, hoera, hoera!
Uit voile bors met waar ons kom,
hoera, hoera, hoera!
O maters kom, stap saam met my
oor berg en dal van ons kontrei;
[Terug]
26(66) Dis heerlike Lente
1. Dis heerlike lente, die winter’s verby;
weer nooi berg’ en klowe vir jou en vir my.
Refrein
Holladrioha, holladrio,
Holladrioha, holladrio.
2. Die bergklim is heerlik, dit hou mens gesond.
Die vroe-, vroeë môre het goud in die mond.
[Terug]
27(67) Dis Lente in die Boland
1. Dis lente in die Boland, kom hoor die Piet-my-vrou;
hy soek soos al die mense ‘n maat om mee te trou.
Piet-Piet, Piet-Piet, my vrou, waar is jy nou?
Ek is nog nie jou vrou nie, jy moet eers nessie bou!
3. Dis lente in die Boland, die voëls het nes gebou;
maar ‘n geleende nessie: dis al vir Piet-my-vrou.
Piet-Piet, Piet-Piet, my man, jy’t my gevang;
as ek nie met jou trou nie dan bly ek weduvrou!
[Terug]
28(69) Wandellied
1. As ek moeg word vir die lewe in die stad,
lok my die wandelpad: (2x)
in die veld pluk ek ‘n wandelstaf
van die naaste doringboompie af,
en sing my wandellied,
en sing my wandellied.
2. Of ek luister na my eie voeteval
op pad oor berg en dal. (2x)
Dan’s ek weer die eensaam wandelaar
na die lekker landstreek wie-weet waar,
‘n swerwer lewenslank, ‘n swerwer lewenslank.
3. En die blou plafon wat oor die velde strek
sal saans my sluimer dek. (2x)
En die sterreheer sal kom en gaan
oor die maanverligte hemelbaan
en vriend’lik wink van ver, en
vriend’lik wink van ver.
[Terug]
29(70) Na buite
Die berge, blomme, bome, die helder waterstrome
hul wink ons van daar ver, hul wink ons van daar ver.
Ons klim oor berg en rante, ons sing en klap die hande
uit pure lewenslus, uit pure lewenslus.
Tralee, trala! Tralee, trala!
Uit pure lewenslus!
(2x)
2. Te gou vergaan die ure, en spoedig wag die gure
sononderlug ons tuis, sononderlug ons tuis.
Hoe lieflik lonk die ligte, en dier bare gesigte
groet vrolik: “Welkom tuis!”
groet vrolik: “Welkom tuis!”
Tralee, trala! Tralee, trala!
Groet vrolik: “Welkom tuis!”
(2x)
[Terug]
30(75) Tortelduifie
Tortelduifie sit in die eikeboom,
sing die lied van sy lewensdroom.
Koer, tortelduifie, koer,
tortelduifie by die waterstroom!
[Terug]
31(76) Ou Karooland
Ek hou van jou, vaal ou Karooland,
van Kaap tot Oranje se wal.
Ek sing van die boomryke Boland,
van Vrystaat, Transvaal en Natal;
Maar liewers van jou, ou Karooland,
want jou min ek ver bowe-al!
2. Ek hou van jou brandende sonlig,
van blomme gedrenk met jou dou;
Ek smag na jou wolklose lugruim…
die hemel se suiwerste blou.
Ek hou van Natal en die Vrystaat,
maar nooit nie soveel as van jou!
5. Ek hou van jou, vaal ou Karooland,
as hoog teen die rooirant daarbo
die aalwyn op brandwag staan,
eensaam, met ganna, harpuis en kambro.
Ek hou van Transvaal en die Boland,
maar meeste van my ou Karoo!
[Terug]
32(78) My nooi’ntjielief in die moerbeiboom
1. My nooi’ntjielief in die moerbeiboom,
hoor jy my minnelied,
van liefdevuur en van lentedroom,
van vreugde en verdriet?
Kom af, my nooi, ek verlang na jou,
soos blomme smag na die môredou.
My nooi’ntjielief in die moerbeiboom,
hoor jy my minnelied?
My nooi’ntjielief in die moerbeiboom,
hoor jy my minnelied?
2. My nooi’ntjielief in die moerbeiboom,
hoor jy my lied so bly?
O waarom dan tog so skaam en
skroom, of terg jy maar vir my?
Daar’s lag en !ewe in sonneskyn;
kom af, my nooi, eer die dagligkwyn.
My nooi’ntjielief in die moerbeiboom,
hoor jy my lied so bly?
My nooi’ntjielief in die moerbeiboom,
hoor jy my lied so bly?
3. My nooi’ntjie het in die moerbeiboom,
my minnelied gehoor,
van liefdevuur en van lentedroom,
dit het haar hart bekoor.
Ek sien daarbo, waar die blare roer,
twee ogies laggend deur lower loer.
My nooi’ntjie het in die moerbeiboom
my minnelied gehoor;
My nooi’ntjielief het in die moerbeiboom
my minnelied gehoor.
[Terug]
33(80) Nooi van die velde
O Nooi van die velde, wat is jy tog skoon!
Ek het jou in stede nog nimmer sien woon,
maar ver op die velde, waar son altyd skyn,
is mooier die nooi’ntjies en beter die wyn.
Refrein
Tra Ia la Ia la la Ia la (ens.)
2. O Nooi van die velde, wat is jy tog mooi!
Met wange wat gloei van die môre se rooi.
Daar ver op die velde, waar son altyd skyn,
is rooier die lippies en rooier die wyn.
[Terug]
34(82) Die Afrikaanse Pop
Die wêreld, die is baie groot; dit weet die aap se stert,
en oral kry jy meisies wat ‘n hele boel is werd.
Maar jy kan gaan van Oos tot Wes, en’k wed jou vir ‘n dop,
dat nêrens kry jy so ‘n nooi soos die Afrikaanse pop!
Dat nêrens kry jy so ‘n nooi soos die Afrikaanse pop!
2. Die Franse nooi haar ogies blink baie lief, dit moet ek sê;
haar neusie is so fyn en fraai en glad as jy wil he!
Sy’s baie aanlokkend, ja dis waar, maar kêreltjie pas-op!
Gaan kry jou tienmaal liewer tog ‘n Afrikaanse pop!
Gaan kry jou tienmaal Hewer tog ‘n Afrikaanse pop!
3. Die “Fräulein” uit die gawe land van worsies en van bier
is ‘n bekoorlik singertjie en tuis by die klavier;
maar hoe jou frikkadel te braai en hoe te kook jou sop,
daar kom sy by die hak nie van die Afrikaanse pop,
daar kom sy by die hak nie van die Afrikaanse pop.
4. Die Skotse blou-oog “lassie” met haar stem van silwer klank,
het wangetjies soos rose en ‘n nekkie lelieblank;
maar, allalet! Sy is te fyn, te tenger boonop,
om skouer aan die wiel te sit, soos die Afrikaanse pop,
om skouer aan die wiel te sit, soos die Afrikaanse pop.
5. Die “miss” uit Engeland die weet hoe om hoedjies te bestel
en van teaters kan sy jou ‘n ganse lot vertel;
maar, as jy graag ‘n vrou wil hê wat ook jou kous kan stop,
vry dat dit kraak, ou boetie, na ‘n Afrikaanse pop,
vry dat dit kraak, ou boetie, na ‘n Afrikaanse pop.
6. Laat ander sê wat ander wil, maar hierso staan ek by:
Jy kan g’n beter wyfie in die hele wêreld kry:
Gesond, beskeie, sag en soet en vlytig nog boonop,
sy’s tog ‘n alte liewe ding die Afrikaanse pop,
sy’s tog ‘n alte liewe ding die Afrikaanse pop.
[Terug]
35(83) Taraboemdery
Taraboemdery, my vaalhaar nooi entjie,
taraboemdery, o wees nie bang nie,
nee, o nee, o nee, dis nie meer lank nie,
dan is ek weer aan jou sy.
Refrein
Taraboemdery, raboemdery, boemdery,
Taraboemdery, raboemdery, boemdery.
2. Taraboemdery, my vaalhaar nooientjie,
taraboemdery, hoor jy my sange?
Wee, o wee, o wee, die groot verlange!
Ag, hoe wreed dat ons moes skei!
[Terug]
36(85) Kom Saartjie, laat ons gaan
Kom Saartjie, laat ons gaan met wandelskoene aan,
kom Saartjie, kom Saartjie, kom Saartjie, laat ons gaan.
2. Hoe noem jy nou jou kêrel wat op die plaas daar woon?
Hoe noem jy nou jou kêrel wat op die plaas daar woon?
3. My kêrel noem ek Kalie wat op die plaas daar woon.
My kêrel noem ek Kalie wat op die plaas daar woon.
[Terug]
37(87) O, die liewe Martatjie
O, die liewe Martatjie, Martatjie, Martatjie!
O, die kleine vabondjie het my laat staan.
Geld is weg, nooi is weg, als is weg, alles weg!
O, die kleine vabondjie! Wat nou gedaan?
2. O, die liewe meisietjies, meisietjies, meisietjies!
O, die kleine skellempies, skaam tog vir jul!
Gooi ons weg, maak ons sleg, breek ons hart, maak ons kwaad.
Kan die liewe engeltjies tog nie laat staan.
3. O, my liewe Kareltjie, Kareltjie, Kareltjie!
Waarom kleine papbroekie, moet jy so kla?
Net ‘n grap, jy’s te pap, jy’s te sleg, als is reg.
Kom nou, liewe Kareltjie, vra Pa en Ma.
[Terug]
38(93) Goue koring, goue hawer
Goue koring, goue hawer, goue gars,
Piet is nog jonk maar. hy boer ‘n bars.
Hy’s die kêrel van die Pêrel,
maar miskien tog glad nie sleg;
hy’s nie te klein, nie te groot, net mooi reg.
Luister nooiens, luister nooiens,
maak tog liewer ‘n ander plan.
Piet is myne, ek is syne;
as die oestyd eers verby is word ek
sy vroutjie en hy my man.
[Terug]
39(95) Bokkie
Die trane die rol oor jou, Bokkie,
die trane die rol oor jou, Bokkie.
Daar waar die son en die maan ondergaan,
Bokkie ons moet huis toe gaan.
Nee, nee, nee, my Dolla, nee!
Nee, my Dolla, nee!
Nee, my Dolla, nee!
Nee, nee, nee, my Dolla, nee!
Ek lol nie met ‘n loskop Dolla nie.
[Terug]
40(102) Gertjie
Wanneer kom ons troudag, Gertjie, Gertjie?
Hoe’s dit dan so stil met jou?
Ons is so lank verloof al, Gertjie, Gertjie;
dit is tyd dat ons gaan trou.
Refrein
Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie,
nooit nie nog !anger aan jou sleeptou bly nie, bly nie.
Jy dink miskien ek kan nie dood nie,
maar my jare gaan verby.
2. ‘k Hoor jy is verlief. op Sarie, Sarie;
maar die pret moet jy laat staan!
O, pas maar op vir Piet en Danie, Danie,
hulle kan jou sommer slaan.
3. Gertjie, as ons Sondags kuier, kuier
agter om die kop verby,
dan sê ek: Nonnie lig jou sluier, sluier,
kom en gee ‘n soen vir my.
4. Jannie, al die soentjies help nie, help nie;
kyk vir Pieter en vir Griet:
vandag wil hul mekaar nie hê nie, hê nie;
al die soentjies was verniet.
5. Jan, laat staan die pret maar liewer, liewer,
ons moet maar die soen laat bly;
ek volg my eie paadjie liewer, liewer;
jy kan dan na Sarie vry.
[Terug]
41(104) Sy’s ‘n perskeblom
Boetie, sy’s ‘n perskeblom,
rosig fyn van kleur;
moenie wag nie, kêrel kom,
pluk haar in haar fleur.
Maak jou buiging, vat haar hand,
gly nou heen en weer;
nog ‘n buiging, nog ‘n groet,
speel dan nog ‘n keer.
[Terug]
42(105) Donkerbruin vonk’lende oë
Donkerbruin vonk’lend haar laggende oë,
vrolike onskuld haar grootste genoeë,
so sag en lieflik haar handjies fyn,
haartjies blond en hartjie so rein.
Refrein
Skertsend loer sy na my,
vrolik sing sy en bly van
ditjies en datjies en wie weet watjies:
Traladie, tralada,
tralaladie, tralala,
tralaladira!
3. O die betow’ring van skoon lente maande,
lieflike uurtjies op stil maanligaande:
sag fluister ek haar my liefde trou,
maar wanneer ek handjie wil hou:
[Terug]
43(107) My hartjie, my liefie
My hartjie, my liefie, die son sak weg,
die son sak weg, die son sak weg.
My hartjie, my liefie, die son sak weg,
daar onder by die blou berge
Refrein
En ek wil, ek wil, ek wil
na die nooi’ntjie gaan vry;
sy is so mooi en so liefies vir my.
En ek wil, ek wil, ek wil
na die nooi’ntjie gaan vry;
daar onder by die blou berge.
2. My hartjie, my liefie, die maan kom op,
die maan kom op, die maan kom op.
My hartjie, my liefie, die maan kom op,
daar onder by die blou berge.
3. My hartjie, my liefie, die maan sak weg,
die maan sak weg, die maan sak weg.
My hartjie, my liefie, die maan sak weg,
daar onder by die blou berge.
[Terug]
44(108) ‘n Liefdesliedjie
Jy, jy is my klein hartedief.
Jou, jou het ek so lief.
Jy, jy laat my so treurig voel,
weet tog hoe goed ek bedoel;
Ja, ja, ja, ja, weet tog hoe
goed ek bedoel.
2. Jy, iy kon soms so tergsiek wees,
ja, so wankel van sin;
Jy, jy kan soms vererg ook wees,
weet tog dat ek jou bemin.
Ja, ja, ja, ja, weet tog dat ek jou
bemin.
3. En, en is ek daar ver alleen,
dan, dan dink ek aan jou.
Hoe, hoe trek jy my dan hierheen
tot ek dit !anger nie hou.
Ja, ja, ja, ja, tot ek dit !anger nie
hou.
[Terug]
45(109) Bolandse Nooi’ntjie
Bolandse nooi’ntjie, stil is die nag,
soet is jou rus na die Jang, lange dag!
Saans in my drome kom ek na jou,
smagtend na lonkies uit oë so blou.
Berge en dale kan ons nooit skei,
want in my droomland ontmoet jy vir my.
Refrein
Bolandse nooi’ntjie, stil is die nag!
Kom in my drome, o liefste ek wag!
Kom in my drome, o liefste ek wag!
2. Bolandse nooi’ntjie, sluimes nou sag,
ver in die droomland ontmoet ons vannag,
daar waar die blomme weelderig groei,
daar waar die strome sag murmelend vloei.
Soos in vergange dae weleer,
troos ons mekaar weer met soentjies so teer.
[Terug]
46(114) Suikerbossie
Suikerbossie, ‘k wil jou hê,
Suikerbossie, ‘k wil jou hê,
Suikerbossie, ‘k wil jou hê;
wat sal jou mamma daarvan sê?
2. Dan loop ons so onderdeur die maan,
dan loop ons so onderdeur die maan,
dan loop ons so onderdeur die maan,
ek en my Suikerbossie saam!
3. Sy kan nie kos kook nie, haar kos is rou;
sy kan nie tee maak nie, haar tee is flou;
sy kan nie brood bak nie, dis als verbrou;
tog wag ek, Suikerbossie, net vir jou!
4. O Siena, ek’s lief vir jou;
Siena, ek’s lief vir jou,
Siena, ek’s lief vir jou,
Siena, wat sê jou mamma nou?
[Terug]
47(120) Net soos ‘n waterstroompie
Net soos ‘n waterstroompie wat wegvloei na die see
en nooit sy wal deurbreek nie, geduldig en tevree,
gaan my gedagtes liefste, na jou ja, na jou,
en neem my liefde mee.
2. Die liefde-is nes ‘n stroompie wat wegvloei na die see,
solank die walle hoog is, dan vloei dit saggies mee,
maar dam dit op dan kry dit gou,
nog ‘n pad wat wegvloei na die see.
3. Al kan ek jou nie roep nie dan sal ek vir jou wink.
En antwoord gou, my liefste, voordat ek my bedink,
want spoedig kom ‘n ander een,
ander een vir wie ek dan sal wink.
[Terug]
48(124) Pollie, ons gaan Pêrel toe
Pollie gaan mos Pêrel toe, (3x)
Wat gaan sy daar maak?
2. Sy gaan na haar kêrel toe, (3x)
soos dit niemand traak.
3. En wat sal die wêreld sê, (3x)
Pollie gaan alleen!
4. Sy sal aan die wêreld sê: (3x)
“Skeer vir my part heen.”
5. Gaan sy regtig Pêrel toe? (3x)
Pollie stokalleen?
6. Stokalleen, ja, stokalleen, (3x)
Ek en sy alleen.
7. En wat sal haar kêrel sê? (3x)
Jy en sy alleen!
8. Sy gaan om hom af te sê, (3x)
Dan bly ons alleen.
9. Wat gaan jy en sy dan doen, (3x)
Jy en sy alleen?
10. Ons gaan in die Pêrel soen, (3x)
Ek en sy alleen.
Saam:
Pollie, ons gaan Pêrel toe (3x)
Ek en jy alleen.
[Terug]
49(129) Die kappie
O Boerenooientjie fyn, ek wonder of jy weet,
ag mapstieks, liewe kind, jou kappie het my beet.
Refrein
Ag toggie, mapstiekeliekela,
mapstiekeliekela, mapstiekeliekela
Ag toggie, mapstiekeliekela, jou
kappie het my beet.
2. Ag, draai tog effe net jou koppie na my kant
dat ek die inhoud sien van kappie elegant.
[Terug]
50(131) Jy’s rein soos lenteblomme
Jy’s rein soos lenteblomme, gekus deur môredou;
my hart ontbrand in liefde as ek jou skoonheid skou.
Ek wil jou hoof sag strelend, teer aan my boesem vou.
God hou jou steeds so heilig, so skoon en rein soos nou,
so skoon en rein soos nou!
[Terug]
51(133) Tortelduifies
Hoor hoe die tortel roep: roekoekoekoe!
Sag koer die wyfie hom so vriend’lik toe.
Wat sê die tortel met roekoekoekoe?
Hoor hoe hy smeek en roep, o hoor tog hoe!
2. Stil is die tortel nou, geen roekoekoe.
Wyfietjie koer hom nie meer vriend’lik toe.
Wat sou die tweetjies doen, roekoekoekoe?
Waarnatoe hierdie somer, waar natoe?
[Terug]
52(134) Môre Oompie, môre Tannie
Môre Oompie, môre Tannie, waar is Sannie dan?
Sannie het gaan water haal daar onder by die dam.
Refrein
Ja, Oompie, ja, môre gaan ons trou!
Ja, Oompie, ja, môre gaan ons trou!
2. Haar rokkie het ‘n skeurtjie in,
die jonkman kyk daarna.
die jonkman vra om-met Sannie te trou,
en skamerig sê sy: “Ja.”
[Terug]
53(135) Santjie van Soendal
Santjie van Soendal, o nooi van my hart,
bron van my vreugde en bron van my smart;
vreug as daar een is, en ek is die een,
smart as daar tientalle draai om jou heen.
Santjie van Soendal, my rykdom, my goed,
jy is my lewe, my vlees en my bloed.
[Terug]
54(136) Ek soek na my Dina
Ek soek na my Dina, my Dina, my Dina,
Ek soek na my Dina, die Dina van my.
O, hier is my Dina, my Dina, my Dina;
O, hier is my Dina, die Dina van my.
[Terug]
55(137) Hier’s ek weer
Hier’s ek weer, hier’s ek weer
met my rooirok voor jou deur,
en ek wil jou hê, en ek sal jou kry,
Hier’s ek weer, hier’s ek weer
met my rooirok voor jou deur,
en ek wil jou hê, en ek sal jou kry.
Al slaan jou ma my driemaal oor my kop,
dan staan ek op en kom ek weer.
Al slaan jou ma my driemaal oor my kop,
dan staan ek op en kom ek weer.
[Terug]
56(138) Daar oorkant die spruit
Daar oorkant die spruit staan ‘n mooi rooi blom.
Hoe sal ek maak om by haar te kom?
Dis te ver om te loop, dis te na om te ry.
Hoe sal ek maak om die blom te kry?
Dis nie myne nie, dis nie joune nie,
dis anderman se goed wat jy om stry. (2x)
[Terug]
57(140) Japie, my skapie
Japie, my skapie, ek verlang na jou (2x)
Kalkoentjies trap al so, al so, al so. (2x)
Refrein
In die wêreld is nie ene nie, ene nie, ene nie,
In die wêreld is nie ene nie, so als jy.
2. Wie het vir Sarie in die doringbos gegooi? (2x)
Daar’s vuur in die bos, gooi sand op, gooi sand op, gooi sand op,
Daar’s vuur in die bos, gooi sand op, -Een, Twee, Drie!
[Terug]
58(143) Sarie Marais
My Sarie Marais is so ver van my hart,
maar’k hoop om haar weer te sien.
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
nog voor die oorlog het begin.
Refrein
O bring my t’rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.
2. Ek was so bang dat die Kakies my sou vang
en ver oor die see wegstuur;
toe vlug ek na die kant van die Upington se sand
daar onder langs die Grootrivier.
3. Die Kakies is mos net soos ‘n krokodillepes.
Hul sleep jou altyd water toe.
Hul gooi jou op ‘n skip vir ‘n lange, lange “trip”,
die josie weet waarnatoe.
4. Verlossing het gekom en die huis toe gaan was daar
terug na die ou Transvaal;
my liewelingspersoon sal seker ook daar wees
om my met ‘n kus te beloon.
[Terug]
59(144) Daar op ons plasie
1. Daar op ons plasie in die Boland,
lieflik en skoon,
daar is die plek van my geboorte,
het ek as kind gewoon.
Weer eens sien ek in my gedagtes
bome in blom,
saans hoor ek nog die diergeluide,
skape wat kraal toe kom.
Refrein
Oral waar ek heen mag swerwe,
nêrens voel ek tuis.
Waar is ‘n mens so gelukkig soos
by sy ouerhuis?
2. Heerlik die lente daar as blomme
kleurvol verskyn,
oral versprei hul soete geure,
helder die sonneskyn.
Saans sak die son daar oor die
heuwels, rooi is die lug.
Al’s op die werf is so bedrywig,
kon ek maar daarheen vlug?
3. O, neem my saam oor berge-en
dale. Ver hiervandaan
staan daardie huis waar ek ge
woon het, daar by die eikelaan.
O, kon ek net weer eenmaal
daarheen, tuiste van my,
daar maak die vrede my gelukkig,
daar wil ek altyd bly.
[Terug]
60(145) My hartbeeshuis
Daar’s ‘n lief ou hartbeeshuisie
op ‘n plaas so wyd en vry,
nou verbind met soet herinn’rings,
dis die liefste plek vir my;
heerlik geur die lentebloeisels,
perske, peer en appelkoos,
en daar binne in die huisie
bly ‘n Afrikaanse roos.
Refrein
O my lief ou hartbeeshuisie met
jou kraal en moerbeiboom,
ek verlang na jou gedurig, o, ek
sien jou in my droom.
As die oorlogswolke oor is en die
lug daarbo weer blou, kom ek weer,
my hartbeeshuisie, na my liefste,
en na jou.
2. In die mooi ou hartbeeshuisie
woon my allerliefste nooi;
ek verlang na haar gedurig,
sy’ s so vriendelik en mooi.
Hoe het ons twee saam gewandel,
oor die plaas het ons gedwaal,
tot die lug vol helder kleure wys
die dag begin te daal.
[Terug]
61(147) O, glo my
O glo my, as frisheid so jeugdig en fraai,
soos jou skoonheid wat ek nou betrag,
sou verwelk soos ‘n roostuin deur winde verwaai
en ontdaan van sy luister en prag;
sou ek jou steeds aanbid en met teerheid bemin,
laat jou lieflikheid kwyn en verflou;
in my hart bly jy nogtans my skoon koningin,
al my liefde gewy net aan jou.
2. Dis nie slegs wanneer sonnige glans jou omhul
en geen trane jou wange ontwy,
dat ek vol van verlange my trou sal vervul
en my liefdesgloed tydloos bely,
Ware liefde gedy, onbelemmer en bly,
en verloor nooit sy frisheid en fleur;
maar behou steeds sy egtheid, onskendbaar en vry,
soos ‘n blom in die lente sy geur.
[Terug]
62(149) Daar ver op ons plasie
Daar ver op ons plasie, as aandskemer nader,
die dagtaak verby is en aandstilte daal
die verlange na vergange, en hunker en heimwee
laat mym’rend dwaal.
Dan leef in herinnering, heerlik betowering,
verlede word vreug telkemaal!
O plasie so eensaam, by jou kom
ek telkens weer laafnis haal.
2. Want hier op ons plasie het sy eens gewandel,
die nooi van my liefde met wie’k hier sou woon.
Deur die bome, op die strome
haar woorde, haar glimlag, die beelt’nis skoon.
Maar nou is dit verlore, t’was my nie beskore
haar skoonheid en deug te beloon!
O plek van herinn’ring,
vertroosting, o plasie ek wil hier woon.
[Terug]
63(150) Kom ons gaan blomme pluk
Dit is weer lente, winter is verby.
Kyk tog hoe staan die blomme in die vlei.
Is dit nie lieflik! Lyk hul tog nie skoon!
O, om vir altyd tussen hul te woon!
Refrein
Kom ons gaan blomme pluk in die vlei.
Daar sing die voëltjies vrolik en bly.
Steel jy ‘n soentjie, ek sal nie skrik,
want voëltjies sal ons nooit nie gaan verklik.
2. As ek die blomme fleurig sien gedy,
dink ek aan tye nou reeds lank verby,
hoe ons gedwaal het as die skemer daal
om teen die aande blomme te gaan haal.
3. Maar sy is weg nou; ek is stokalleen.
Ja, soos die blomme gaan ons almal heen.
Sit ek soms sawens buite op die stoep
is dit kompleet nog of ek haar hoor roep:
[Terug]
64(151) Daar gaan uit vergange se dae
Daar gaan uit vergange se dae ‘n
beeld voor my oë verby;
my hart is met weemoed geslae,
maar voel tog ook rustig en bly.
Die windjie roer sag deur die
bome, die weste se glanse verdwyn;
die berge, verlore in drome, staan
ver in die aandsonneskyn.
2. Die mooiste jong nooi’ntjie is
myne, vannaand is my hart weer by haar.
Haar oe, die sagste, die reine, is,
net soos haar wese, so waar,
eenvoudig en waar soos die velde,
van wêreldse modetjies vry.
Nie één is te kry nie, of selde, soos
sy, daardie nooi’ntjie van my.
3. O, kan ek die smart nie meer dra
nie van skeiding se lang, lange dag,
dan hoor ek ‘n stem: “Moenie kla
nie,” en sien ‘n lief mondjie se lag,
dan lees ek betowerd die tale, in oë
so diep en so trou:
“Hier ver oor die berge en dale, is
ene wat wag, net vir jou.”
[Terug]
65(154) As die winter nader kruip
Hoor die blomme en die blare
bewend van die winter praat,
doodgedoemde martelare,
siek en van die son verlaat
O, bly by my, beminde teer,
dan bloei in my die somerblomme weer,
o, bly by my, beminde teer,
bloei in my hart die blomme weer.
2. Kyk hoe swaels uit alle oorde
op die huis se dak vergaar
voordat hul na warmer oorde
hulle wintervlug aanvaar!
O, bly by my, beminde teer,
dan sing in my die somervoëltjies weer,
o, bly by my, beminde teer,
sing in my hart die voëltjies weer.
3. Koud en klammig sak ‘n swye
van die dood oor veld en lug;
as die winde deur die twye
hul begrafnisdeuntjie sug.
O, bly by my, beminde teer,
dan ken my hart geen dood of winterweer,
o, bly by my, beminde teer,
dan sterf my somer nimmermeer.
[Terug]
66(156) Die brug op die plaas
Ek dink weer vannaand aan die
brug op ons plaas,
gebou oor ‘n heldere stroom,
want daar het my Lenie en ek
vaak, helaas!
van liefd’ in die maanskyn gedroom.
Dis daar waar ek haar het gevra en
sy my gesê
het dat ek haar kan kry.
En skoon ver verwyder, my hart
gaan terug na die plek
op ons plaas by die brug.
Refrein
Ek hoor nog die stroom se geluid,
ja’k hoor nog die voëltjies fluit,
en skoon ver verwyder, my hart
gaan terug
na die plek op ons plaas by die brug.
[Terug]
67(158) ‘n Liedjie van verlange
1. Ek wonder wat my hinder!
Daar’s onrus in my hart,
of daar ‘n bange vlinder
sag huiwer in sy smart,
of daar ‘n bange vlinder
sag huiwer in sy smart.
2. ‘n Tortelduif se sange
het in my siel gevaar.
‘n Liedjie van verlange
wat glad nie wil bedaar,
‘n Liedjie van verlange
wat glad nie wil bedaar.
[Terug]
68(163) Vaarwel my eie soetelief
Vaarwel, my eie soetelief,
‘k moet ver, ver hiervandaan.
Betreur my nie, my soetelief,
dat ek so ver moet gaan.
Ek sal jou nooit, nee nooit vergeet;
ek bly my soetelief trou.
Waar ek op aarde ook swerwe moet,
tog dink ek steeds aan jou.
[Terug]
69(165) Al lê die berge nog so blou
1. Al lê die berge nog so blou, (3x)
haar woorde sal ek steeds onthou.
4. Al woon my bokkie nog so ver, (3x)
dan troos ek my aan die môrester.
[Terug]
70(166) Die blou berg
Die blou berg moet ek oor,
o, die blou berg moet ek oor,
die blou berg moet ek oor
want die liefde lê daar voor.
2. Die blou berg moet ek oor,
o, die blou berg moet ek oor,
en as julle van my hoor,
dan is ek die blou berg oor.
[Terug]
71(170) Liewe maan
Liewe maan, jy seil so langsaam
deur die awend wolke heen.
Jy’s so kalm en ook so rustig; kon
ek daardie rus maar leen.
Treurig staar ek in die verte na jou
stille eensaam baan.
O, hoe wreed is tog die noodlot
nooit sal ek na jou kan gaan.
2. Liewe maan, ek wil my smarte aan
jou luist’rend oorvertel,
wie dit is wat steeds my harte met
‘n teer herinn’ring kwel.
My geheim is by jou veilig; sien
dus maar my trane aan.
My verlange is my heilig, maar ek
weet jy sal verstaan.
[Terug]
72(172) Om die kampvuur
Vriende kom, dis kampvuurtyd,
someraand se heerlikheid;
pak die houtjies kunstig saam,
só lê ons ‘n vuurtjie aan.
Rokie draai, rokie swaai,
net-nou sal die vonke waai;
rokie draai, rokie swaai,
nou-nou sal die worsie braai.
4. Is die vlamme uitgewoed,
tuur ons in die kolegloed;
stil word elke kampvuurmaat
as die nag se stilte praat.
Om die vuur, om die vuur
sal die vriendskap altyd duur;
om die vuur, om die vuur,
nagtelike wonderuur!
[Terug]
73(174) Kom Patertjie
Kom Patertjie, buig jou stywe dop
en volg jou nonnatjie in ‘n kring.
Want in die kring is ons so bly
en laat ons soms so Jig verlei
om saam in die rondte te gly.
Draai ons en swaai ons tot laat in die nag;
hier sal ons nooit nie op antler laat wag.
Eerder sal ons hulle wakker laat bly
om hier tesaam in die rondte te gly.
[Terug]
74(176) By Coetzenburg loop ‘n waterstroom
By Coetzenburg loop ‘n waterstroom,
haai, haai, joegaai!
Daar staan ‘n groot ou eikeboom,
haai, haai, joegaai!
Daar het reeds menig vroom student,
haai, haai, joegaai!
sy liefde beloof, die onnosele vent,
of afjak gekry en sy bakkies geskend,
en skielik ontwaak uit sy lentedroom.
Pas op vir die ou eikeboom!
Joegaai!
[Terug]
75(177) Goud en silwer
1. Goud en silwer het ek lief,
met hul kartelrandjies
lank aan Pa my bedelbrief,
kort bly die kontantjies.
Platsak sit ek tuis en kwyn
en ek sien van verre
net die maan se silwerskyn,
goudlag van die sterre,
net die maan se silwerskyn,
goudlag van die sterre.
3. Maar die skoonste goud van al:
lokke van die nooi’ntjies,
soos ‘n goue waterval
van die goue kroontjies!
Laat ons in dié heerlikheid
net van soentjies lewe,
voor die silwer van die tyd
om die hofies bewe,
voor die silwer van die tyd
om die hofies bewe.
[Terug]
76(180) So ry die trein
So ry die trein, so ry die trein,
die Kimberley se trein. (2x)
Hoor daar hoe stoom hy,
stoom hy, stoom hy,
opdraand en afdraand,
Kimberley se trein.
[Terug]
77(181) Hoe ry die Boere?
Hoe ry die Boere? Sit, sit so!
Sit, sit so! Sit, sit so!
Hoe ry die Boere? Sit, sit so!
Sit, sit so! Hoera!
Die Kaapse nooi sê: Tingelingeling!
Tingelingeling, hoera! (2x)
Hoe ry die Boere? Sit, sit so!
Sit, sit so! Sit, sit so!
Hoe ry die Boere? Sit, sit so!
Sit, sit so! Hoera!
2. Hoe fluit die boere? Fluit, fluit, so!
Fluit, fluit, so! Fluit, fluit, so!
Hoe fluit die Boere? Fluit, fluit, so!
Fluit, fluit, so! (fluit laaste twee note)
Die Kaapse nooi sê: (fluit die note)
Hoera! (2x)
Hoe fluit die Boere! Fluit, fluit, so!
Fluit, fluit, so! Fluit, fluit, so!
Hoe fluit die Boere? Fluit, fluit, so!
Fluit, fluit, so! (fluit die laaste twee note)
3. Hoe dans die Boere? Polkadraai!
Tiekiedraai! Tiekiedraai!
Hoe dans die Boere? Polkadraai!
Tiekiedraai, ou perd!
Die Kaapse nooi sê: Tingelingeling!
Tingelingeling, ou haan! (2x)
Hoe dans die Boere? Polkadraai!
Tiekiedraai! Tiekiedraai!
Hoe dans die Boere! Polkadraai!
Tiekiedraai, ou perd!
4. Hoe skiet die Boere? Boem, boem, boem!
Boem, boem, boem! Boem, boem, boem!
Hoe skiet die Boere? Boem, boem, boem!
Boem, boem, boem, dis raak!
Die Kaapse nooi sê: Skiet nog een!
Skiet nog een! Skiet raak! (2x)
Hoe skiet die Boere? Boem, boem, boem!
Boem, boem, boem! Boem, boem, boem!
Hoe skiet die Boere? Boem, boem, boem!
Boem, boem, boem! Dis raak!
[Terug]
78(182) Kaapse draai
Kyk hoe maak die kêrel daar ‘n Kaapse draai,
Kaapse draai, Kaapse draai.
Kyk hoe ry die kêrel dat die stof so waai,
stof so waai, ai, ai.
Luister na die perde, dit galop, galop:
en die kar se wiele, dit gaan om, gaan om.
Selfs die draaghout antwoord met
‘n klop, klop, klop:
en die kêrel skree hardop: “Pasop, ek kom!”
Wag vir my ‘n bietjie by die Kaapse draai,
Kaapse draai, Kaapse draai.
Ek wil met jou saamry na Saldanhabaai,
ai, ai, ai, ai, ai.
[Terug]
79(184) Die blink vosperd
1. O, ek het ‘n perd, ‘n blink vosperd
met ‘n splinter nuwe saal;
en ek klim op my perd, my blink vosperd,
en ek kom om jou te haal.
Want jy’t gesê as ek jou wil hê dan
moet ek jou kom haal
op ‘n mooi ryperd, ‘n blink vosperd,
met ‘n splinter nuwe saal. (2x)
2. En nou’t ek ‘n nooi, ‘n mooie nooi
en een ding is maar klaar:
is die oes eers verby, saal’k op en ry
met my blink vosperd na haar
om haar te vra om met my te trou,
my vosperd blink mos mooi.
Op ‘n flink galop ry ek na haar,
sy’s my plaas se nuwe nooi. (2x)
3. En nou’s ons getroud en het ‘n span
van twaalf groot seuns as kroos;
en elkeen wil nou ‘n vosperd hê
om ‘n nooi’ntjie te gaan troos!
Ag, luister tog na goeie raad:
as jy ‘n vosperd kry,
ry dan liewer rond op jou eie plaas
waar jy nooi’ntjies kan vermy.
(2x)
[Terug]
80(185) Die kat kom weer
1. Ou Jan Wilson had ‘n kat wat die ou nie wou verlaat;
Hy’t alles geprobeer om die kat daar weg te keer;
selfs na die predikant om raad van hom te kry.
Die predikant die het gesê: “Die kat moet daar bly.”
Refrein
Maar die kat kom weer, want hy wil nie langer wag,
die kat kom weer, net die volgende dag,
die kat kom weer, o glo vir my dis waar
die volgende môre was die kat weer daar.
2. Hulle sit hom op ‘n skip en hul stuur hom na Ceylon.
Die skip die was gelaai met ‘n twaalfduisend ton.
Nie ver nie van die land daar het die skip gesink;
en al die matrose op die skip het verdrink.
5. Die kat sit op die stoep en hy eet ‘n stukkie kaas;
daar kom ‘n Skotsman aan, hy maak ‘n groot geraas;
die katjie kyk verwonder, veeg hom met sy poot,
die Skot speel “Britannia”, die kat skrik hom dood.
Maar sy gees kom weer, want hy wil nie langer wag,
sy gees kom weer, net die volgende dag,
sy gees kom weer, o glo vir my, dis waar
die anderdagmôre was die KAT weer daar.
[Terug]
81(186) Een triomfantelik lied van die Zilvervloot
Heb je we! gehoord van de Zilveren vloot,
die Zilverenvloot van Spanje!
Die had er veel Spaanse matten aan boord
en appeltjes van Oranje.
Piet Hein, Piet, Hein, Piet Hein
zijn naam is klein,
zijn daden bennen groot, zijn
daden bennen groot,
hij heeft gewonnen de Zilveren vloot,
hij heeft gewonnen de Zilveren vloot!
[Terug]
82(188) Wat maak Oom Kalie daar?
1. Wat maak Oom Kalie daar! (2x)
Oom Kalie maak hom klaar vir trou
met Mietjie die kwaai jong weduvrou.
En sy is vir hom klaar.
2. Wat dra Nig Mietjie daar? (2x)
Nig Mietjie dra ‘n rooi sisrok
en onder die rok ‘n handsambok
Oom Kalie dray’n blaar.
3. Wat maak Oom Kalie daar? (2x)
Hy’s besig om hom vet te smeer,
en sweer: So nooit as nimmer weer
hy’s met Nig Mietjie klaar.
4. Wat skree Nig Mietjie daar? (2x)
“Oom Kalie,” skree sy,
“Kom tog weer
my hartjie is tog al te seer,
nog seerder as die blaar.”
5. Wat maak die twee nou daar? (2x)
Oom Kalie steek ‘n stywe dop,
Nig Mietjie slaan met die handsambok,
En goed kom hulle klaar.
[Terug]
83(190) Siembamba
1. Siembamba, ek is ‘n baba, (2x)
Pas my veilig op in die nood,
sus my liefies op die skoot.
2. Siembamba, ek is ‘n seuntjie, (2x)
maar jy sal sien ek is net nou groot;
Slaan maar die orige kêrels dood.
3. Siembamba, ek is ‘n jonkman, (2x)
Tel my nou maar af van die skoot,
ek slaan self die kêrels dood.
4. Siembamba, ek is getroud nou, (2x)
Maar sy dink ek is nog op die skoot,
Wil nie glo nie ek is groot.
5. Siembamba, alma! baba’ s, (2x)
Al die mans is danig groot
Alma! baba’s tot hul dood.
[Terug]
84(194) Waai met die wiepie
Ek kom vannaand by die huis,
my huis is sonder dak.
Ek kry my vrou in die vuurherd,
sy sit en poffertjies bak.
Refrein
Waai met die wiepie, waai,
waai met die wiepie, waai,
waai met die wiepie,
waai met die wiepie,
waai met die wiepie, waai.
2. Ek kom vannaand by die huis,
my huis se dak die staan.
Ek kry my vrou in die voorhuis,
sy sing net waar sy gaan.
3. Ek kom vannaand by die huis,
my huis is blink geverf.
My vrou die stap in ‘n sisrok,
soos ‘n pronkpou op die werf.
[Terug]
85(197) Die goeie, oue tyd
Sal vriende ooit mekaar vergeet,
al moet ons nou weer skei,
verbind deur al die lief en leed
in tye lank verby?
Refrein
Die goeie oue tyd, my vriend,
die goeie oue tyd!
Sal ons ou vriende ooit vergeet
en die goeie oue tyd?
Die goeie oue tyd, my vriend,
die goeie oue tyd!
Sal ons ou vriende ooit vergeet
en die goeie oue tyd?
[Terug]
86(198) Die bootjie na kammaland
Hoe sag gly ons bootjie, en wieg heen en weer
op golfies wat dein oor die maan blanke meer!
Met kommer en sorge gelaat op die land,
wuif ons aan die vriende vaarwel met die hand.
2. Verbeelding is stuurman, hy sit aan die roer,
en wys ons die weg wat na Kammaland voer;
dis oos van die son en dis wes van die maan,
die land waar die jonkheid mos nimmer vergaan.
[Terug]
87(199) Ver in die wêreld, Kittie
Ver in die wêreld, Kittie, Kittie, Kittie,
ver in die wêreld, Kittie, Kittie oor die see.
Sy laat haar draai en sy laat haar swaai,
maar sy laat haar nie verraai,
sy laat haar draai sy laat haar swaai,
maar sy laat haar nie verraai.
[Terug]
88(203) Aanstap rooies
Aanstap rooies! Die pad is lank en swaar,
die mense wag al daar en die koffie is al klaar.
O, laat julle kwasies swaai, swaai,
laat julle kwasies swaai,
wieg julle koppe fraai en laat die wiele draai.
[Terug]
89(207) Daar kom die rooidag uit
Daar kom die rooidag uit, (3x)
môre bak ons mosbeskuit.
Mosbeskuit is ‘n lekker ding,
daar kom vet en suiker in;
mosbeskuit is ‘n lekker ding,
daar kom vet en suiker in.
2. Daar kom die rooidag uit, (3x)
môre kook ons moskonfyt.
Moskonfyt is ‘n lekker ding,
daar kom stroop en suiker in;
moskonfyt is ‘n lekker ding,
daar kom stroop en suiker in.
[Terug]
90(208) Ons is musikante
Ons is musikante van die Vrystaat,
ons is musikante van die Vrystaat,
Ons kan speel fiolioliolei,
ons kan speel basviool en fluit.
En ons kan draai so boemfaderalla, boemfaderalla, boemfaderalla,
ons kan draai so boemfaderalla,
boemfaderallala!
[Terug]
91(209) Afrikaners is plesierig
Afrikaners is plesierig, dit kan jy my glo,
hulle hou van partytjies, en dan maak hulle so:
Eers draai die ou vroutjie en dan draai haar ou man,
en hy vat om haar lyfie en dan draai hulle saam.
Goeie nag, my vroutjie, goeie nag my man!
Oor ‘n week ‘n partytjie, en dan draai ons weer saam.
[Terug]
92(210) Die vrolike musikant
My vader was ‘n musikant,
‘n man van durf en daad,
met stem en snaar, viool, kitaar
was hy altyd kordaat.
Refrein
Walderie, waldera, walderie,
walderala-la-la-la,
Walderie, waldera
was hy altyd kordaat.
2. My moeder was ‘n musikant,
‘n niggie fiets en fraai,
met bly gemoed en lig van voet
kon sy ook tiekiedraai.
Refrein
Walderie, waldera, walderie,
walderala-la-la-la,
Walderie, waldera,
kon sy ook tiekie draai.
3. En nou is ek ‘n musikant,
hoe kan dit anders wees!
Ek speel soos pa en dans soos ma
die skoen pas by die lees.
Refrein
Walderie, waldera, walderie,
walderala-la-la-la,
Walderie, waldera,
die skoen pas by die lees.
[Terug]
93(211) Daar kom die wa
Daar kom die wa, die vierperdewa!
Hy het nie naam nie, sy naam moet hy nog kry.
Tant Leentjie draai, stadig swaai, daar onder in die baai,
tant Leentjie draai, stadig swaai, daar onder in die baai.
[Terug]
94(212) Saam met die wa
Saam na die Noorde, saam met die wa.
Malie my liefling, vra jou ma;
staan net ‘n oomblik stil en laat jou gedagte gaan.
Malie my liefling, kom kyk hoe loer die maan.
2. Jan, bring die braaivleis, Piet, bring die wors.
Malie my liefling, ek voel dors.
Bring maar die koffiekan en laat jou gedagte gaan.
Malie, my liefling, kom kyk hoe lag die maan.
3. Saam in die mode, saam met die wa.
Malie my liefling, vra jou pa;
Kyk net van naby en sê my na wie ek aard.
Malie, my liefling, kom voel hoe groei my baard.
[Terug]
95(215) Vat jou goed en trek
Vat jou goed en trek, Ferreira,
vat jou goed en trek!
Agter die bos is ‘n klompie perde,
vat jou goed en trek!
Swaar dra, al aan die een kant, (3x)
vat jou goed en trek!
[Terug]
96(216) Rokkies wou sy dra
1. Rokkies wou sy dra,
maar niemand kyk daarna,
en almal staan verslae
oor sy die rokkies dra.
Refrein
Oom Jannie se naam is Goggabie,
Goggabie, Goggabie.
Oom Jannie se naam is Goggabie.
Mooi is sy, nie lelik nie.
2. Lokkie dra sy nou,
met strikkies bont en blou.
Sy vra oom Jannie gou
of hy van lokkies hou.
3. Met rok en lok getooi
lyk die nooi nou baie mooi,
die kêrels kom flikflooi
by die haarlok, rooirok nooi!
4. Nou maak sy vir haar
klomp kêrels bymekaar,
en kyk hoe staan hul daar
na rok en lok te staar.
[Terug]
97(219) Sing jy van blomme
Sing jy van blomme of sing jy van geld?
Nee, nee, nooit nie van geld!
Nee, nee, nooit nie van geld!
[Terug]
98(220) Saai die waatlemoen
Saai die waatlemoen, (4x)
My mamma roei in die skuitjie,
my pappa blaas ‘n fluitjie,
my boetie draai die orreltjie,
saai die waatlemoen.
2. Braai die jong kalkoen, (4x)
My tannie dra ‘n kruikie
vol water uit die spruitjie,
sy saai ‘n koringkorreltjie,
en kry ‘n boerpampoen!
3. Wat sal ek tog doen? (3x)
Spyker in my skoen!
Die nooientjie brei ‘n truitjie,
haar mond op ‘n tuitjie,
sing deur haar gorreltjie.
Wat sal ek tog doen?
4. Alma! wil haar soen, (4x)
Dan bak sy maar ‘n kluitjie
en sê sy’s klaar ‘n bruidjie,
die vonkelwyn maak ‘n borreltjie,
almal wil haar soen!
[Terug]
99(221) Aai, aai die Witborskraai
Aai, aai, die Witborskraai!
Hiervandaan na Mosselbaai
hooggevlieg en laaggeswaai,
by die groot see omgedraai.
2. Raai, raai Janpiet Kepaai
het sy rietgeweer gelaai,
tier gaan skiet by Mosselbaai,
nooit nie weer daar omgedraai.
3. Fooi, fooi, Stefaans du Toit
het gaan kuier by ‘n nooi
met sy rietperd in die Baai,
daadlik weer daar omgedraai.
[Terug]
100(224) In die helder maanskyn
In die helder maanskyn,
goeie buurmansvrou.
Ag, my pen is stukkend,
leen my joue gou.
Ook het ek g’n kers nie,
weg my tonteldoos.
Help my, goeie buurvrou,
wees tog net nie boos.
2. In die helder maanskyn
antwoord buurvrou net:
Nee, ek het g’n kers nie,
ek is reeds in bed.
Vra vir Hannie langsaan,
vrou van ou neef Koos,
want in haar kombuisie
staan sy tonteldoos.
[Terug]
101(234) Gaudeamus-Igitur
Gaudeamus, igitur,
juvenes dum sumus; (2x)
post jucundam juventutem,
post molestam senectutem
nos habebit humus,
nos habebit humus.
2. Kom nou, kêrels,
laat ons sing, (2x)
skuif die boeke nou opsy!
Al die bitter jer’miades,
al die skandes en die skades
van die bloktyd is verby,
van die bloktyd is verby.
[Terug]
102(235) Kolperd
As ek ver in die veld op my kolperd ry
dan voel ek vry en ek sing so bly;
as ek ver in die veld op my kolperd ry
dan voel ek vry en ek sing so bly,
En ek sing van die son van my land so skoon,
my land so skoon waarin ek woon;
en ek sing van die son van my land so skoon,
my land so skoon waarin ek woon.
[Terug]
103(237) Tant Hessie se witperd
Kyk, hoe ry tant Hessie se witperd,
Hessie se witperd, Hessie se witperd!
Kyk, hoe ry tant Hessie se witperd;
Hessie se witperd bo!
Julle maak verniet
tant Hessie se witperd sleg;
tant Hessie se witperd maak
die hele wêreld reg.
O kyk, hoe ry tant Hessie se witperd,
Hessie se witperd, Hessie se witperd,
Kyk hoe ry tant Hessie se witperd,
Hessie se witperd bo!
[Terug]
104(239) Trekliedjie
Die sweep het geklap en die wawiele draai
agter die rooispan aan.
Ons hart is swaar; die skeiding is daar
van die plaas waar ons tuiste staan.
Trek oor die vlakte en trek oor die rand.
Stadig nou! Briek aandraai!
Hotagter! Haaragter! Vat nou die wa!
Geluk lê net om die draai!
Uitspan vanaand, uitspan van
aand, uitspan op Mooifontein!
Hotagter, Haaragter! Vat nou die wa!
Geluk lê net om die draai!
[Terug]
105(240) Solank as die rietjie
Solank as die rietjie in die water lê,
in die water lê, in die water lê,
solank as die rietjie in die water lê
blommetjie, gedenk aan my.
Ek en vat haar om haar nekkie,
soen haar op haar bekkie,
blommetjie, gedenk aan my,
(ek) vat haar aan haar handjie,
lei haar om die rantjie,
blommetjie, gedenk aan my.
[Terug]
106(241) Die Oukraalliedjie
Jy met jou mandolientjie,
ek met my bandolientjie,
sing ons die Oukraalliedjie saam;
sing ons van waterstrome,
slange in olienhoutbome
en ‘n ribbok wat daar teen die rantjie staan.
Ons sing, ons speel, van die
Oukraal wat ons
nooit nie sal verveel, sal verveel.
Jy met jou mandolientjie,
ek met my bandolientjie,
sing ons die Oukraalliedjie saam.
[Terug]
107(242) Kinders, moenie in die water mors nie
Kinders, moenie in die water mors nie,
die ou mense wil dit drink,
O kinders, moenie in die water mors nie,
die ou mense wil dit drink.
Dit kom van ver af. (3x)
Van Piet le Roux se plaas.
Staan, Poppie, staan, en laat jou gedagte gaan,
dat jy vir my kan sê hoe ver die liefde lê.
Dit kom van ver af (3x)
van Piet le Roux se plaas.
[Terug]
108(257) Daar kom die Alibama
Daar kom die Alibama,
Die Alibama die kom oor die see
(2x)
Nooi, nooi die rietkooi, nooi,
die rietkooi is gemaak,
Die rietkooi is vir my gemaak om
daarop te slaap (2x)
Die Alibama, die Alibama,
Die Alibama kom oor die see (2x).
[Terug]
109(258) Ou tante Koba en bobbejaan klim die berg
1. Ou tante Koba, sy was so dom,
sy roer haar koffie met haar groottoon om.
Refrein
Tierieriera, dierie rampampa! (2x)
Bobbejaan klim die berg,
so haastig en so lastig;
bobbejaan klim die berg,
so haastig en so lastig;
bobbejaan klim die berg
om die boere te vererg.
Hoera vir die jollie bobbejaan!
O moenie huil,
o moenie treur,
o moenie huil, o moenie huil o moenie treur. (2x)
2. Ou tante Koba, maak oop die deur;
jou man se broek sit vas in die skeur.
[Terug]
110(259) Jan Pierewiet
Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, Jan Pierewiet staan stil;
Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, Jan Pierewiet staan stil.
Goeie môre my vrou, hier’s ‘n soentjie vir jou.
Goeie môre my man, daar is koffie in die kan.
[Terug]
111(260) Daar kom tant Alie
Daar kom tant Alie, tant Alie, tant Alie,
daar kom tant Alie, tant Alie om die draai.
En tant Miena kook stroop van die meboskonfyt,
van die Wellingtonse suiker teen die trippens die pond,
en tant Miena kook stroop van die meboskonfyt,
van die Wellingtonse suiker teen die trippens die pond!
[Terug]
112(261) Vanaand gaan die volkies
Vanaand gaan die volkies koring sny, koring sny,
en vannaand gaan die volkies koring sny, koring sny.
My geliefde hang in die bos,
My geliefde hang in die bos,
My geliefde hang in die bitterbessiebos.
[Terug]
113(302) Pikaninie-wiegelied
Slaap Pikaninie, ons vee’s in die kraal
alma! ons skapies en bokkies.
môrevroeg kry jy van soetpap ‘n maal,
en ‘n paar spierwitte sokkies.
Doedoe, doedoe! Doedoe, doedoe.
2. Slaap Pikaninie, die ou bobbejaan
ken mos vir jou van tevore.
As jy nie slaap, kan jy seker wees, man,
byt hy jou neus ar en ore.
Doedoe, doedoe! Doedoe, doe doe.
3. Pappie kom more terug van die dam;
ry op sy vet ou kapater.
As hy dan hoor hoe jy soet was, my lam,
hoe sal jou Pappie dan skater!
Doedoe, doedoe! Doedoe, doe doe.
4. Kruip nou maar diep in jou velkombers in;
Mammie bak lekker vars tertjies.
As jy nie slaap kry ou Mombak sy sin,
slaat Pikanien op sy stertjies.
Doedoe, doedoe! Doedoe, doe doe.
[Terug]
114(304) Hulle sê daar’s ‘n man in die maan
Hulle sê daar’s ‘n man in die maan.
O, ek wil baie graag gaan
met ‘n hoed en ‘n sluier
om net maar te kuier
by daardie ou man in die maan.
[Terug]
115(310) Afrikaanse wiegeliedjie
Lamtietie, damtietie,
doedoe my liefstetjie,
moederhartrowertjie,
dierbaarste diefstetjie!
Luister hoe fluister
die wind deur die boompietjie.
Heen en weer wieg hy hom
al oor die stroompietjie.
“Doedoedoe, bladertjies,
slapenstyd nadertjies.
Doedoedoe blommetjies,
nag is aan’t kommetjies,”
so sing die windjie vir blaartjies
en blommetjies.
[Terug]
116(329) Rosie van die velde
1. Knapie sien ‘n rosie staan,
Rosie van die velde.
Haastig het hy toe gegaan,
staar dit met verrukking aan;
sien so ‘n skoonheid selde.
Rosie, rosie, rosigrooi, Rosie van die velde.
2. Knapie sê: Ek pluk jou nou,
Rosie van die velde.
Rosie sê: Dan steek ek jou
dat jy altyd sal onthou
Rosie steek met spelde.
Rosie, rosie, rosigrooi, Rosie van die velde.
3. Maar die ruwe knapie breek
Rosie van die velde.
Rosie hou haar woord en wreek
Knapie’s moedswil met ‘n steek
tog moet sy’t ontgelde.
Rosie, rosie, rosigrooi, Rosie van die velde.
[Terug]
117(335) Waarom nie vrolik?
Waarom nie vrolik, vroeg op jou lewensbaan?
Pluk al die rose, eer hul vergaan!
Mens skep jou sorge wat vermoei,
sien rondom jou net dorings groei
en stap viooltjies fraai verby,
wat om jou voet gedy.
Refrein:
Waarom nie vrolik, vroeg op jou lewensbaan?
Pluk al die rose, eer hul vergaan!
2. Al lei jou pad deur nag so swart,
jou matte gang deur stryd getart
die storms woed uit, die nag verdwyn,
die son sal weer verskyn!
5. Skep moed, ou maat, veeg af die traan,
want ons sal eenmaal t’rug weer gaan,
waar rose bloei, van strand tot strand,
ver in ons vaderland.
[Terug]
118(341) Stil deur die nag
1. As die nagwind saggies fluister
stil deur die nag
en die bome bewend luister
stil deur die nag
dan mis in my droewe sange
weemoed en ‘n stil verlange
na die dae van vergange
stil deur die nag.
2. Slaap, geliefde, soet jou drome
stil deur die nag
in die ruising van die bome
stil deur die nag
sal ek huiw’rend sag verbygaan,
jou nie steur nie, net maar stilstaan,
skuilend in die skadu’s weggaan
stil deur die nag.
3. As die maanlig my omgewe
stil deur die nag
silwer wolkies ver weg swewe
stil deur die nag
dan vergeet ek al die wrede
– hunk’ring
na ‘n soet verlede
voel ek rustig en tevrede
stil deur die nag.
[Terug]
119(343) O Boereplaas
O, Boereplaas, geboortegrond!
Jou het ek lief bo alles.
AI dwaal ek heel die wêreld rond,
waar so gelukkig, so gesond?
O, Boereplaas, geboortegrond!
Jou het ek lief bo alles.
2. O, Moederhuis, waar ooit so tuis?
Jou het ek lief bo alles.
Die wêreld, rykdom, prag en praal
kan jou verlies my nooit betaal.
O, Moederhuis, waar ooit so tuis?
Jou het ek lief bo alles.
3. O, Moedertaal, o soetste taal!
Jou het ek lief bo alles.
Van al die tale wat ek hoor,
niks wat my siel ooit so bekoor.
O, Moedertaal, o soetste taal.
Jou het ek lief bo alles.
[Terug]
120(372) Psalm 38
1. Straf tog nie in ongenade my misdade,
Heer verdra my met geduld.
Wil tog nie in toorn ontsteek nie
en U nie wreek nie op my sonde- en sondeskuld.
11. En my vyand lê sy lae, in my plae
dreig hy met die Jaaste slag.
Samespreek hul, sameveins hul,
en bepeins hul my verderf die ganse dag.
17. Wil my, Heer, in hierdie lewe nie begewe;
Wees nie ver van my gebed!
Hoor die roepstem van ‘n lyder,
o Bevryder wat my altyd uit wou red!
[Terug]
121(375) Psalm 130
Uit dieptes, gans verlore,
van redding ver vandaan,
waar hoop se laaste spore
in wanhoop my vergaan;
uit diep van donker nagte roep ek,
O Here, hoor,
en laat my jammerklagte
tog opklim in U oor!
2. As U, o Heer, die sonde
na reg wou gadeslaan,
wie sou een enk’le stonde
voor U, o Heer, bestaan?
Maar nee, daar is vergewing
altyd by U gewees;
daarom word U met hewing
reg kinderlik gevrees.
4. Hoop, lsr’el, in jou klagte;
vertrou, o volk, wat treur;
sy guns verduur die nagte,
sy heil breek eind’lik deur.
Dan skyn ‘n soete vrede:
gans Israel word vry
van ongeregtighede.
Heer, doen ook so aan my!
[Terug]
122(380) Vervul my hart
Vervul my hart met dankbaarheid
waar ek nou tot U nader;
verkwik deur u weldadigheid,
kom ek tot U, my Vader.
Hoe juig my hart sy danklied uit
vir u goedgunstighede;
my eerste lied is dankgeluid,
u lof my eerste skrede!
U lof my eerste skrede!
[Terug]
123(381) Leer my op U wag, o Here
Leer my op U wag, o Here,
volgsaam wandel, U ter ere,
reken op u trou en mag;
psalme sing, selfs in die nag,
in die nag, psalme sing selfs in die nag.
2. Leer ons bou op u genade
u bevele eer met dade,
vir die uitkoms willig blind
stil soos ‘n getrooste kind.
soos ‘n kind, stil soos ‘n getrooste kind.
[Terug]
124(387) Oud-Nederlandse dankgebed, 1625
1. O Vader, ons nader u troon in gebede,
vertrouend en bouend op reg en op eer.
O, U in verlede ons hulp,
hoe sou hede die Bose voor u oog dan oor ons triomfeer?
2. Na lye en strye het steeds u genade
die harte se smarte verligting geskenk;
uit storme se woede het altyd die goede
soos daagraad na die donker verskyn op u wenk.
3. Beskermer, Ontfermer,
Bestuurder van volke
verlig ons en rig ons en staan ons weer by;
en nooit sal ons buig nie; geen
vyand ooit juig nie.
U Almag sal ons lowe, o Heer,
maak ons vry!
[Terug]
125(395) Magaliesburgse aandlied
1. Hoed my as ek my gaan neerlê
grote God, wat altyd waak.
O, beskerm my deur U Almag
as die kwade my genaak.
2. O, vergeef my al my sondes,
dan lê ek my hofie neer.
Dood of he! sal ek nie vrees nie
want U is my Rotssteen, Heer.
3. Neem my ouers en my vriende
in bewaring hierdie nag.
Môre dank ons U vir goedheid,
gawe van ‘n nuwe dag.
[Terug]