Is dit altyd ’n sonde om ’n leuen te vertel?

In Is Lying ALWAYS a Sin? word aan Frank Turek gevra of dit altyd sonde is om te jok.

Hier volg sy antwoord:

Die negende gebod lui soos volg (Eksodus 20:16, Deuteronomium 5:20):

Jy mag nie vals teen ‘n ander getuig nie.

Dit impliseer dat jy onder eed is. As jou kind jou egter iets vra en jy weet dat dit nie van pas sal wees om die waarheid vir hom/haar te vertel nie en instede vertel jy ’n witleuntjie, is dit nie sonde nie, want dit is nie waaroor die negende gebod gaan nie.

Daar is selfs dele in die Bybel waar dit van pas was om nie die waarheid te praat nie, soos die Hebreeuse vroedvroue wat vir farao gejok het oor die Joodse seuntjies (Eks 1:18-19).

As jy byvoorbeeld tydens die tweede wêreldoorlog Jode in jou huis weggesteek het en Duitse soldate vra of daar Jode in jou huis is, is dit nie sonde om daaroor te jok nie.

Daar is nog voorbeelde in die Bybel waar mense leuens vertel het om ander te beskerm:

Ook:

  • Wanneer jy ’n verrassingspartytjie vir iemand beplan, moet jy soms ’n leuen vertel sodat die verrassing nie bederf word nie.
  • Wanneer jy ’n spioen vir jou land is, kan jy nie die waarheid aan die vyand vertel nie.

Soms moet mens egter God vertrou om wel die waarheid te vertel wanneer dit gepas lyk om ’n leuen te vertel.

Ravi Zacharias vertel van sy tolk Hein Pham wat uit Vietnam wou ontsnap van die kommuniste. Hy was besig om ’n boot te bou om te ontsnap toe vier Vietnamese kommuniste (Vietcong) hom daarmee konfronteer. Na hy hulle verseker het dat hy nie besig is om te ontsnap nie is hulle daar weg.

Hein het baie sleg daaroor gevoel dat hy gejok het en het vir God gesê dat as hulle ooit weer sou kom hy vir hulle die waarheid sou vertel.

’n Paar uur voor hulle met die boot sou vertrek het die vier weer by hom aangekom en hom gevra. Hy het vir hulle die waarheid vertel en gevra of hulle hom gaan arresteer.

Hulle antwoord was: “Nee, ons wil saam met jou ontsnap.”

Die vier was vissermanne en op die ou einde was hulle skeepsvaartervaring van onskatbare waarde. Trouens, as dit nie vir hulle vier was nie sou hulle waarskynlik nie die seevaart oorleef het nie.

Kyk ook

Heidelbergse kategismus, Sondag 43, vraag 112:

Vraag: Wat eis die negende gebod?

Antwoord: Ek mag teen niemand valse getuienis aflê (a), niemand se woorde verdraai (b), nie ’n kwaadsteker of lasteraar wees nie (c), niemand onverhoord en ligtelik help veroordeel nie (d). Alle vorme van lieg en bedrieg moet ek as die duiwel (e) se eie werke vermy as ek nie die sware toorn van God oor my wil bring (f) nie. In regsake en in alle ander handelinge moet ek die waarheid liefhê, en opreg wees in wat ek sê en bely (g). My naaste se eer en goeie naam moet ek na my vermoë verdedig en bevorder (h).

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui