Vele gemeentes bly weg van Hoëveld sinode 2026

Volgens die agenda van die Hoëveld sinode het die 26 uit ‘n totaal van 101 gemeentes geen name van verteenwoordigers gestuur nie. Hier volg ‘n lys wat ook die dolerende gemeentes insluit:

Gemeente Doleer Geen
verteenwoordigers
1 Balfour X
2 Bethal X X
3 Boksburg-Wes X
4 Brakpan-Noord X
5 Brakpan-Wes X
6 Brenthurst X
7 Charl Cilliers X X
8 Dalview X
9 Delmas-Wes X X
10 Dunnottar X
11 Edenvale X
12 Eendracht X X
13 Evander X
14 Fairland X
15 Germiston-Suid X X
16 Greylingstad X X
17 Grootvlei X
18 Heidelberg X X
19 Kempton-Krag X X
20 Kemptonpark-Noord X
21 Kensington X
22 Mooifontein X
23 Nigel X
24 Primrose Môrewag X
25 Secunda Goedehoop X X
26 Springs-Oos X
27 Standerton-Suid X X
28 Standerton-Wes X X
29 Strubenvale X X
30 Sundra X
31 Waterval X
32 Witfield X
33 Witfield-Wes X
Totaal 19 26

Die volgende bewoording was ook deel van die agenda:

4.2 Kerkverband

Die vrae rondom kerkverband het die grootste deel van die Dagbestuur se aandag gevra. Ons het deurgaans probeer om eerder te luister as om te veroordeel, en om die deur oop te hou.
Die Sinode van 2022 het gevra dat ’n taakspan die Sinode adviseer oor die interpretasie en toepassing van Artikel 37. Die Sinodale Regskommissie het daarmee begin, met inagneming van die werk wat die Algemene Taakspan Regte reeds gedoen het. Ná die besluite van die Algemene Sinode van 2023 het die landskap egter verander, en die taakspan se oorspronklike opdrag moes heroorweeg word.

In Augustus 2023 het die SDK ’n stigtingsverklaring van ’n Koinonia Ring van Standerton ontvang. Die Dagbestuur het in November 2023 met verteenwoordigers van die Ringskommissie gesprek gevoer oor die Ring se betrokkenheid by die Koinonia-groep. Die verteenwoordigers het aangedui dat hulle steeds lede van die Sinode Hoëveld is en graag lede van die NG Kerk wil bly, maar die vryheid soek om hulle van die Algemene Sinode te distansieer. ’n Verdere ontmoeting het in April 2024 gevolg.

In Februarie 2025 het die Dagbestuur die Ringe van Evander en Standerton besoek. Die gesprek met die Ring van Evander was met die Ringskommissie en die plaaslike predikant, die ander gemeentes van die Ring van Evander is later in die termyn besoek.

Die gesprek met die Ring van Standerton het op Sondag 2 Februarie 2025 by die NG Gemeente Charl Cilliers plaasgevind, met leraars en kerkraadslede van die gemeentes teenwoordig. Die Ringskommissie het die leiding geneem, en die verteenwoordigers van die SDK het toeligting gegee oor die kerkregtelike posisie. Die gesprek was nie maklik nie, maar dit was belangrik dat dit gevoer is.

Wat die opskorting van kerkverband betref: die kerkrade van die NG Gemeentes Kempton-Krag en Mooifontein het in Januarie 2024 aktes van opskorting uitgereik, en later in 2024 die gemeentes Eendracht, Evander, Secunda-Goedehoop en Charl Cilliers. Die NG Gemeente Mooifontein het sy akte weer teruggetrek en onderneem om sinodale bydraes te betaal. Die NG Gemeente Evander het sy besluit oor die opskorting van kerkverband in 2026 teruggetrek. Die Aktuarius van die Algemene Sinode het aangedui dat die Kerkorde nie voorsiening maak dat ’n kerkraad kerkverband opskort nie. Die kerkregtelike hantering van hierdie sake word verder behandel in die verslag van die Sinodale Regskommissie.*

Die gesprekke met kerkrade het soos volg verloop. In Mei 2024 was die Dagbestuur in gesprek met lede van die kerkraad van die NG Gemeente Sunwardpark — ’n positiewe en opbouende gesprek. In Junie 2025 is dit opgevolg met ’n verdere gesprek met die predikante en verteenwoordigers van daardie kerkraad, en daarna met ’n brief aan die kerkraad en die Ringskommissie.

In dieselfde maand het die Dagbestuur ook met die kerkrade van die NG Gemeentes Eendracht, Evander en Secunda-Goedehoop in gesprek getree.

’n Gesprek met die kerkraad van die NG Gemeente Brakpan-Noord is verskeie kere probeer reël, maar dit kon nie realiseer nie.

* Kyk paragraaf “6. Verslag van die Sinodale Regskommissie”, bl 128

Volledige lys van gemeentes

Hier volg ‘n volledige lys:

Gemeente Ring
1 Aan-die-berg Linden
2 Alberton-Noord Alberton
3 Alberton-Oos Alberton
4 Alberton-Suid Alberton
5 Alberton-Wes Alberton
6 Andrew Murray Johannesburg
7 Balfour Heidelberg
8 Benoni-Benjamin Benoni
9 Benoni-Noord Benoni
10 Benoni-Oos Benoni
11 Bethal Standerton
12 Bethal-Oos Standerton
13 Birchleigh Birchleigh
14 Birchleigh-Noord Birchleigh
15 Boksburgpark Boksburg
16 Boksburg-Suid Boksburg
17 Boksburg-Wes Boksburg
18 Bonaeropark Kemptonpark
19 Brackendal Alberton
20 Brackenhurst Alberton
21 Brakpan Brakpan
22 Brakpan-Noord Brakpan
23 Brakpan-Oos Brakpan
24 Brakpan-Wes Brakpan
25 Brenthurst Brakpan
26 Brixton Johannesburg
27 Bryanston Linden
28 Charl cilliers Standerton
29 Dalpark Brakpan
30 Dalview Brakpan
31 Delmas Delmas
32 Delmas-Wes Delmas
33 Differentia Boksburg
34 Dinwiddie Germiston
35 Domus Dei Linden
36 Dunnottar Heidelberg
37 Edenvale Germiston
38 Edleen Birchleigh
39 Eendracht Evander
40 Effata-vir-dowes Kemptonpark
41 Elsburg Germiston
42 Elsburg-Suid Germiston
43 Elspark Germiston
44 Evander Evander
45 Fairland Linden
46 Fontainebleau Linden
47 Forest hill Turffontein
48 Germiston-Suid Germiston
49 Greylingstad Heidelberg
50 Greydene Linden
51 Grootvlei Heidelberg
52 Heidelberg Heidelberg
53 Impalapark Boksburg
54 Johannesburg Johannesburg
55 Jubilate Benoni
56 Kempton-hoogland Birchleigh
57 Kempton-krag Birchleigh
58 Kempton-kruin Kemptonpark
59 Kemptonpark-Noord Kemptonpark
60 Kemptonpark-Oos Benoni
61 Kensington Johannesburg
62 Kiblerpark Turffontein
63 Lambton-Germiston Germiston
64 Ligbaken Turffontein
65 Melville kruisgemeente Johannesburg
66 Mooifontein Birchleigh
67 Nigel Heidelberg
68 Nigel-Oos Heidelberg
69 Nigel-Suid Heidelberg
70 Norkempark Birchleigh
71 Omnia Primroseheuwel Germiston
72 Parkkruin Familiekerk Johannesburg
73 Presidentsoord Delmas
74 Primrose Môrewag Germiston
75 Primrose-Oos Germiston
76 Randburg Linden
77 Rensburg Heidelberg
78 Rynfield Benoni
79 Secunda Goedehoop Evander
80 Secunda Rondekerk Evander
81 Secunda-Oos Evander
82 Selectionpark Delmas
83 Sonhoogte Germiston
84 Springs-Noord Delmas
85 Springs-Oos Delmas
86 Standerton Standerton
87 Standerton-Suid Standerton
88 Standerton-Wes Standerton
89 Strubenvale Delmas
90 Suikerbosrand Heidelberg
91 Sundra Delmas
92 Sunwardpark Boksburg
93 Triomf Johannesburg
94 Van dykpark Boksburg
95 Verwoerdpark Alberton
96 Waterval Johannesburg
97 Welbekend Benoni
98 Weltevreden Linden
99 Witfield Boksburg
100 Witfield-Wes Germiston
101 Zesfontein Benoni

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui