Kyk ook:
Daar is heelwat verse in die Bybel wat sê dat Jesus aan die regterkant van God die Vader sit in die hemel:
- Psalm 110:1 — Die Here het vir my heer die koning gesê: ‘Kom sit aan my regterhand, en Ek sal jou vyande aan jou onderwerp.’ (kyk ook Matteus 22:44, Markus 12:36, Lukas 20:42-43)
- Markus 16:19 — …is Hy in die hemel opgeneem en het Hy aan die regterhand van God gaan sit.
- Lukas 22:69 — Maar van nou af sal die Seun van die mens aan die regterhand van die almagtige God sit.
- Handelinge 7:56 — … ek [Stefanus] sien die hemel geopen en die Seun van die mens wat aan die regterhand van God staan.
- Romeine 8:34 — Christus Jesus … is aan die regterhand van God en Hy pleit vir ons.
- Efesiërs 1:20 — God het Christus uit die dood opgewek en Hom aan sy regterhand in die hemel laat sit.
- Kolossense 3:1 — …waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit.
- Hebreërs 10:12 — …het Hy vir altyd net aan die regterhand van God gaan sit.
- 1 Petrus 3:22 — Hy is nou aan die regterhand van God…
Let daarop dat Handelinge 7:56 beskryf wat Stefanus gesien het voor hy gestenig is. Hy het Jesus gesien staan aan die regterkant van God. Dit is anders as die ander verse wat sê dat Jesus aan die regterkant van God sit.
Daar is twee moontlikhede daarvoor:
1. Jesus staan om Stefanus te ontvang
Dit herinner aan die verlore seun se pa wat hom tegemoet gehardloop het toe hy hom gesien aankom het (Lukas 15:20).
2. Jesus staan as getuie vir Stefanus
Nog ‘n moontlikheid is dat Jesus staan om Stefanus se getuienis te bevestig.
Dit herinner sterk aan Jesus se eie woorde: “Elkeen dan wat My voor die mense bely, hom sal Ek ook voor my Vader wat in die hemele is, bely.” — Matteus 10:32