Kyk ook:
In Johannes 5 lees ons van ‘n man by die bad van Betesda wat 38 jaar lank siek was. Toe Jesus hom sien, vra Hy vir hom: “Wil jy gesond word?”
Op die oog af klink dit na ‘n vreemde vraag. Is die antwoord nie voor die handliggend nie?
Nie noodwendig nie. Genesing sou nuwe verantwoordelikhede bring vir hierdie man. Hy sou moes begin werk vir geld (tot op hede het hy waarskynlik gesteun op bydraes van simpatiekes).
Later in vers 14 sê Jesus vir hom: “Kyk, jy is nou gesond. Moet nou nie meer sonde doen nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.”
Dus lyk dit ook of daar dinge in sy lewe is wat hy sou moes verander.
In ‘n monoloog verwys Theo Von ook na hierdie gebeurtenis en erken dat hy met hierdie selfde vraag worstel: Hy smag na ‘n ander lewe, ‘n ander storie, maar hy weet of hy kans sien vir die nuwe verantwoordelikhede daarvan nie. Dit gaan moet meebring dat sy lewe sal moet verander.
In die monoloog is Theo Von mee in werklikheid besig om te besin oor die eise van dissipelskap. In Lukas 14:25-33 vra Jesus: Wie wil ‘n gebou oprig sonder om eers die koste te bereken? Of watter koning wat met ‘n ander koning in ‘n oorlog betrokke raak, sal nie eers gaan sit en oorweeg of hy met sy tien duisend man sterk genoeg is om die ander een teen te staan wat met twintig duisend teen hom optrek nie?
Kyk
- Comedian Theo Von’s Raw Plea to God (Youtube, 24 April 2026)
- Theo Von SHOCKS Megachurch Pastor When Talking About Jesus!? | Live Free with Josh Howerton (Youtube, 4 May 2026, 1:13:32)