Wie is Yolande Korkie?

Kyk ook:

Pierre en Yolande Korkie en hulle twee kinders het Suid-Afrika op 6 Desember 2009 verlaat en hulle in Jemen gevestig. In Jemen het Pierre as ’n onderwyser gewerk en Yolande het verligtingswerk in hospitale gedoen en ook as onderwyser gewerk.

In die stad Taiz in Mei 2013 het Al Qaeda vir Pierre en Yolande egter ontvoer en aangehou vir ’n losprys van R30 miljoen. Dit was grootliks weens die feit dat Yolande ’n Amerikaanse burger was – hulle het gedink dat Amerika haar sou loskoop.

In Januarie 2014 is sy vrygelaat as gevolg van onderhandelinge deur Gift of the Givers se kantoorbestuurder in Jemen, Anas al-Hamati. Sy het haar aangesluit by haar kinders wat terug is na Suid-Afrika. Pierre is egter doodgemaak in Desember 2014 tydens ’n mislukte reddingspoging deur die Amerikaanse spesiale magte (“US Special Forces”).

In haar boek 558 days … a true story (of in Afrikaans – 558 dae … ’n ware verhaal) vertel sy toe sy en Pierre, gevange geneem is, het die ondervraers hulle gevra wie die groot Arabiese vrou met die masjiengeweer was wat altyd saam met hulle was. Pierre en Yolande het nie geweet waarvan hulle praat nie, maar het besef dat dit ’n engel van God was. Die dag toe Pierre en Yolande gevange geneem is, was die engel nie daar nie. God het die engel verwyder. God het toegelaat dat hulle gevange geneem word. En dat Pierre later doodgeskiet word.

Kyk Kwêla: Yolande Korkie vir ’n onderhoud met haar.

Hier volg ’n paar koerantberigte:

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui