Word NG Kerk se kultuurprobleem nou in nuwe konteks herhaal?

*******

Gerhard Mahne skryf: Word NG Kerk se kultuurprobleem nou in nuwe konteks herhaal? – Kerkbode

Kerkbode

25 Oktober 2022

Gerhard Mahne van Kaapstad skryf: Neels Jackson se brief van 24 Oktober 2022 oor bogenoemde onderwerp het betrekking. Neels is ’n goeie joernalis en bekwame skrywer, en wys tereg op ’n kerkgeskiedenis van onreg gebaseer op ras.

Wel, die rede is dat die kerk aan die wit kultuur van die dag gekoppel was. Plus dat toonaangewende NG leiers, wetend of onwetend, die fout begaan het om appels en pere met mekaar te vergelyk. Apartheid is deur Openbaring 5:9 se “elke taal en volk en nasie” geregverdig en die oorgrote meerderheid het nie die verskil tussen Openbaring 5 en Apartheid ingesien nie.

Maar maak Jackson nie ook nou weer dieselfde fout nie? Hy sê dat die NG Kerk verander het en derhalwe nie meer diskrimineer teen mense van kleur of teen vroue of gay mense nie.

Maar om gay te wees aan die een kant, en van ’n ander ras of om ’n vrou te wees aan die ander kant, het niks met mekaar te doen nie. Betroubare navorsing op monosigotiese tweelinge het bewys dat daar nie so iets soos ’n gay-geen is nie, terwyl vrou wees, of die kleur van jou vel wel geneties bepaal word. Ja, en weereens word die kerk se kultuurprobleem van 1948-85 herhaal, hierdie keer nie gekoppel aan die wit kultuur nie maar aan die LGBTQIA+-subkultuur van ons dag.

1 thought on “Word NG Kerk se kultuurprobleem nou in nuwe konteks herhaal?”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui