Tafelberg gemeente dolerend

Die kerkraad van Tafelberg gemeente het besluit om te doleer.

Chris Saayman, een van die predikante, het die volgende op Facebook geplaas op 10 November 2019.

**********

TAFELBERG GEMEENTE IS NOU AMPTELIK IN ‘N STAAT VAN DOLERING

Die kerkraad het eenparig besluit om die gemeente amptelik tot ’n treurende (dolerende) gemeente te verklaar met onmiddelike effek. Die gemeente is hieroor ingelig en so ook die Ring en Streeksinode.

Die gemeente treur oor allerlei tekens wat daarop dui dat – oor ’n tydperk van jare – vrysinnigheid & liberalisme die NG Kerk grootliks gekaap het. Dit manifesteer in die wyse waarop die Bybel as God se Woord gesien en hanteer word. Nie meer as die onfeilbaar geïnspireerde, duidelike, genoegsame Woord van God nie – maar as die neerslag van menslike nadenke oor God. Daarom dat die hedendaagse konteks van die mens die deurslag gee in die verklaring van die Skrif. Dit blyk onder andere uit die besluit van die 2019 Algemene Sinode aangaande homoseksuele verhoudings.

As treurende gemeente, bid Tafelberg Gemeente (Dolerend) dat die NG kerkverband deur die Here tot bekering en ’n terugkeer na nederige onderwerping aan die leer van die Skrif gelei mag word.

Op 8 November 2019 het Chris Saayman die volgende op Facebook geplaas:

TAFELBERG GEMEENTE (DOLEREND) > WIE ONS IS EN WAARVOOR ONS STAAN!

Ons streef na die handhawing van:

  • Sola Scriptura – Skrif alleen = onfeilbare Woord van God
  • ‘n Hoë siening van die Skrif
  • Trou aan die gereformeerde belydenis
  • Doelgerigte vers-vir-vers Skrifprediking
  • Eredienste met eerbiedige aanbidding en ontsag vir God
  • Vashou aan Skrifbehoudende standpunte oor kontroversiële sake
  • Deelwees van die snelgroeiende getal dolerende NG gemeentes
  • Die evangelisering van die wêreld en dus die Woord binne die kerkgebou en ook buite die kerkgebou te bedien!
  • ‘n Orrel-en-preek gemeente – ons het orrelbegeleiding (of klavier) en sing Psalms & Liedboekgesange en ons poog om God’s Woord verstaanbaar te maak vir die mense
  • Eenvormige erediensliturgie: Votum, seëngroet, geloofsbelydenis, wet, skuldbelydenis, vryspraak, bid, lees die Bybel, prediking, sang – dis ’n klassiek-gereformeerde either you hate it or you love it benadering!
  • Geen vermaaklikheidseredienste nie – net Bybelprediking
  • Ons het 115 lidmate en is ’n middestadgemeente met al sy uitdagings – ’n gereformeerde kerk reg midde-in post-moderne Kaapstad!

IN HIERDIE DEURMEKAAR TYE SOEK GELOWIGES NA VASTE ANKERS!

Jy is welkom om te kom inskakel by TBG Dolerend. Ons eredienste is elke Sondag om 09:30 by Buitenkantstraat 39, Kaapstad.

Vind ons ook by www.tafelbergkerk.co.za

Vir navrae skakel gerus vir Celeste by 083 700 8279

Leraars: Dr Chris Saayman & Ds André Lammertyn

3 thoughts on “Tafelberg gemeente dolerend”

  1. Ek stem met geen vermaaklikheidseredienste.

    Ek stem dat die beoefening van homoseksualiteit en selfdegeslag seksuele verhoudings nie God se wil vir die mens is nie.

    Ek is oortuig dat daar wel mense gebore word met “afwykende seksuele orientasies”, gebore met verstandelike gebreke, dubbel geslag esm. Dit kom voor of die dolerende gemeentes geen sensitiwiteit toon teenoor laasgenoemde mense het nie en laat so ’n deur oop om “self die kerk van binne te vervals”.

    Dit is geen aanval op dolerendes nie. Ek sal graag na julle insigte wil luister.

    1. Cobus, as beoefening van homoseksualiteit en selfdegeslag seksuele verhoudings nie God se wil vir die mens is nie, stem jy saam dat dit nie in die kerk hoort nie?
      Indien jy saamstem, wat stel jy voor doen behoudendes in die NG Kerk? Ons kan dit tog seker nie net so aanvaar nie. Niks wat deur die amptelike kanale probeer is, het gewerk nie – kyk Skokkende geskiedenis van die NG Kerk sedert 2000

      Oor die kwessie of jy so gebore word of nie, kyk asb Word jy gay gebore?.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui