Sodomie

Sodomie is alle vorme van seks wat as “nie-reproduktief” gesien kan word. So sluit dit seks met diere, orale seks sowel as homoseksuele en heteroseksuele anale penetrasie in. In engere sin verwys sodomie egter na anale seks. Die afgeleide werkwoord, ‘sodomiseer’ beteken dan ook om iemand anaal te penetreer. Die term is afkomstig van Sodom in die Bybel (Genesis 18 en 19) waar vele vorme van seks gepraktiseer was, waarvan baie ook onvrywillig.

Kyk ook

1 thought on “Sodomie”

  1. Baie interessant dat die NGK hierdie term nie beskryf volgens die beskrywing van die die HAT (Handboek van die Afrikaanse Taal) nie (terwyl hulle ander terme volgens die HAT beskryf). Duidelik poog hulle om die usus loquendi van hierdie woord te verander.
    Die kweekskole van die NGK is besig om met slinkse taktiek die duidelike leer van die Skrif te verdraai en onskuldige oningeligte lidmate met hul dwalings mee te sleur, weg van die waarheid. Dit is inderdaad soos Judas in sy brief skryf: hulle het die kerk binnegesypel (die Grieks impliseer dat hulle ongesiends die leuen saam met die waarheid verkondig op so ’n wyse dat gelowiges nie die leuen kan onderskei nie).

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui