Sinode Hoëveld stem nee vir Belhar

Kyk ook:

Op Saterdag 18 April 2015 het die Hoëveldse sinode die vierde sinode geword wat ’n effektiewe nee-stem vir Belhar gegee het. (Namibië was die eerste sinode wat ’n effektiewe nee-stem gehad het. Daarmee is die voorstel om artikel 1 te aanvaar verby).

Die uitslag was soos volg: van 271 afgevaardigdes het 138 (51%) ja gestem en 133 (49%) nee. Dus het die sinode nie die voorstel met ’n tweederdemeerderheid aanvaar nie.

Op daardie stadium was die uitslag van die Hoëveldse sinode se gemeentes soos volg: Uit ’n totaal van 120 gemeentes het 55 nee gestem, 25 ja gestem en 2 gemeentes het buite stemming gebly (82 gemeentes). 38 gemeentes het op daardie stadium nog nie gestem nie.

Tot dusver het die volgende sinodes soos volg gestem:

no Sinode Totale stemme Ja-stemme Nee-stemme Uitslag
1 Oostelike Sinode ? 73% 27% Ja
2 Oos-Kaap ? 70% 30% Ja
3 Namibië 97 57 (59%) 40 (41%) Nee
4 Noord-Kaap 168 57 (34%) 111 (66%) Nee
5 Vrystaat ? 32% 68% Nee
6 Hoëveld Sinode 271 138 (51%) 133 (49%) Nee
7 Wes-en-Suid-Kaap
8 Kwazulu-Natal
9 Wes-Transvaal
10 Noordelike Sinode

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui