Reuse denkfoute onder diegene wat aan die AS vasklou

Deur Cliff van Vuren

11 September 2020

Heelwat behoudende leraars en kerkrade oor die hele het die uitgangspunt dat die gay aangeleentheid ’n rand saak is en daarom wil hulle steeds deel bly van die verband met die Algemene Sinode. Hulle is fundamenteel verkeerd en leef in ontkenning. Die saak is nie op die kantlyn nie, want die LGBT-kultus speel die bal op die veld sonder dat die ander span ’n keuse het. Eintlik moet die gay saak ’n “buite die sport stadion saak” wees en glad nie ’n “kantlyn” of “speel op die veld” saak wees nie. Die gay ideologie is soos ’n virus wat geen ruimte moet kry om in die liggaam van Christus te versprei nie. Ja, dit is moontlik om dit ten volle te stuit dat dit ’n “buite die stadion” saak bly. Sodra jy toelaat dat hierdie virus die sportstadion betree en posisie in te neem op die pawiljoene, kleedkamers, op die kantlyn en veld, gaan dit versprei.

In die lig van bogenoemde denkfout wat in stand gehou word en die NG kerk in haar wese benadeel, wil ek lidmate, leraars, gemeentes, ringe en streek sinodes vra om asseblief wakker te skrik. Dit is baie eenvoudig. Moenie die virus enige ruimte gee om die sportstadion binne te kom nie. Hoe doen ons dit?

1. Die implementering van artikel 37 van die kerkorde.

2. Belydende lidmaatskap word verantwoordelik beoefen. Lidmaatskap vir persone wat homoseksualiteit beoefen, is verbode. Enige lidmaat in ’n gemeente wat enige progay geluide maak by enige gemeentebyeenkoms of forum, word “liefdevol” en “waarheidvol” versoek om die “sportstadion” te verlaat. As so ’n lidmaat die ruimte kry om die kleedkamers, pawiljoene, kantlyn of veld te betree, gaan die virus in die gemeente versprei.

3. Word aktief deel van die dolerende gemeentes om konkreet weerstand teen die Algemene Sinode te bied.

4. Ons hoor dat al hoe meer getroude lesbiese paartjies afsprake maak met NG kerk leraars om vir hulle ’n vorm te voltooi of ’n aanbeveling te maak om kinders aan te neem. Kry ’n veilige beleid by die kerkraad hieroor in plek sodat leraars baie seker maak oor wie die mense is wat met hulle afsprake maak. In baie gevalle is dit getroude lesbiese paartjies wat maak asof hulle NG kerk lidmate is en in ander gevalle is dit persone wat doelgerig en moedswillig is. Sodra so ’n leraar iets verkeerd vir hulle sê, sal hierdie lesbiese persone nie huiwer om die leraar en kerkraad hof toe te vat nie. Hulle sien die kerk as ’n publieke diens, net soos hulle die staat sien. Dit is hoekom gays en lesbiërs so lief is daarvoor om dominees te vra om hulle te troue, want hy of sy is mos iemand wat ’n openbare diens aan die gemeenskap en kerk lewer.

5. Elke lidmaad word aangemoedig om nie weg te hardloop na ’n ander gemeente of die NG kerk te verlaat nie. Help eerder om ’n kultuur van deursigtigheid en duidelike skriftelike kommunikasie onderling te ontwikkel met gesamentlike deelname. Dit gaan nie help om in jou gemeente persoonlike gesprekke met die leraars en lede van die kerkraad te voer nie. Elke lidmaat het die reg, plig en verantwoordelikheid om ’n skriftelike verduideliking van elke leraar en lid van die kerkraad aan te vra waarom hy of sy gay huwelike ondersteun en wil bevorder in die gemeente. Indien hulle reageer daarop en vra dat hulle saam met jou koffie gaan drink of om ’n persoonlike gesprek te voer, moet jy dit nie doen nie. Dit is ’n algemene tendens – tydens so ’n afspraak manipuleer hulle jou met allerlei “woordjies” en taal om uit die ding te kom. Moet asseblief ook nie jou saak mondelings by ’n kerkraadsvergadering gaan verduidelik nie, want hierdie figure het allerlei “kunsies” en vaardighede om die situasie dood te druk of weg te bestuur met die hoop dat dit sal verdwyn. Persone wat nie bereid is om hulle hand op skrif te sit nie, steek goed weg en moet geen spasie gebied word om hulle dwaal ideologie in enige gemeente te bevorder nie. Doen ook skriftelike navraag by jou gemeente en by gustavc@ngkerk.org.za oor watter leraars deur die kantoor van die algemene sinode aansoek gedoen het om te registreer as bevestigers van gay verbintenisse. Lidmate het in hierdie verband die plig en verantwoordelikheid om skriftelik ingelig te wees of hulle leraars deel is daarvan of dalk vir ’n geruime tyd gays by ander plekke buite die kerkgebou trou sonder dat al die lidmate daarvan weet. Indien leraars en lede van jou gemeente se kerkraad swyg of versuim om jou op skrif te antwoord, vat dit verder. Betrek nog lidmate om briewe te skryf. Skryf ook aan die ringskommissie en verduidelik aan hulle dat die leraars en lede van die kerkraad jou nie antwoord nie. Indien dit nie werk nie vat dit nog verder deur te skryf aan die aktuarius van jou streeksinode of skryf direk aan die aktuarius van die algemene sinode by dewyku@iafrica.com en weet iewers gaan hierdie leraars en lede van die kerkraad verplig wees om ’n skriftelike antwoord aan jou te bied. Uit die aard van die saak gaan hulle allerlei “eierdanse” probeer om ’n gesprek met jou te voer maar jy moet volhou dat jy ’n skriftelik antwoord soek.

6. Wees proaktief en nie reaktief nie. Kom as lidmaat, leraar en gemeente onder ’n veilige sambreel soos byvoorbeeld artikel 37 en dolering. Indien nie, gaan die risikos toeneem, want hierdie ander figure gee vir die NG kerk ’n slegte naam wat tot gevolg kan hê dat al die gemeentes se harde werk tydelik is, want inkomste en dankoffers gaan teen ’n hoë spoed begin afneem. Moenie wag totdat jy die goed aan jou lyf begin ervaar en gay troues naby jou begin plaasvind nie. Lidmate gaan nie fokus op al die harde werk van die leraars en kerkraad oor die jare nie. Nee, hulle gaan net skielik die gemeente verlaat omdat hulle nie geassosieer wil word met jou leraar en gemeente se stilswye en gebrek aan doelgerigte aksie oor dit nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui