NG Kerk weer op ’n apartheid-roete

Kyk ook:

Kyk Die Woord het en sal die toets van die tyd deurstaan, waarin Ernst Swanepoel op hierdie brief reageer.

*******

NG Kerk weer op ’n apartheid-roete | Netwerk24

Stefaan De Jager, Jeffreysbaai

24 November 2022

Ek verwys na dr. Frits Gaum se artikel “Twee paaie, een doelwit” (19 November). Dr. Beyers Naudé het die NG Kerk-leiers van sy tyd teengestaan onder meer omdat hulle apartheid teologies probeer regverdig het.

In ons huidige tydsgewrig begin daar gelukkig al meer stemme opgaan teen baie van ons huidige kerkleiers wat LGBTQI+ teologies probeer regverdig, soos wat die kerk dit destyds met apartheid gedoen het.

In Prediker 3 lees ons dat daar niks nuuts onder die son is nie, en dat dit wat is, alreeds was. Apartheid, sowel as LGBTQI+, kan nie teologies uit die Woord regverdig word nie. Die voorstanders van albei moes en moet ander bronne soek vir die regverdiging van hul saak, maar God en Sy Woord kan nie een van die bronne wees nie.

Die destydse NG Kerk het hom vasgeloop in sy naloop van die NP-regering en met die tyd besef dat hulle verkeerd was. Mag die huidige NG Kerk hom ook al meer vasloop in besluite wat nie die toets van die Woord kan deurstaan nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui