Mense in die Bybel wie se name verander is

Kyk ook:

Wanneer God ‘n persoon se naam verander, was dit gewoonlik om die persoon ‘n nuwe identiteit of nuwe roeping te gee.

Die volgende mense in die Bybel se name is verander of hulle het ‘n spesifieke naam van geboorte gekry:

Verandering ter wille van betekenis

Ismael

Abraham

  • Ou naam: Abram
  • Nuwe naam: Abraham
  • Genesis 17:5
  • Abram beteken “geëerde vader”, Abraham beteken “vader van nasies”. God het sy naam verander om hom te herinner aan die belofte wat God aan hom gemaak het.

Sara

  • Ou naam: Sarai
  • Nuwe naam: Sara
  • Genesis 17:15
  • Sarai se oorspronklike naam beteken “geëerde moeder”, terwyl Sara “prinses” of “moeder van ‘n heerser van nasies” beteken. Hierdie naamsverandering dui daarop dat God Sara vir Sy diens en doeleindes gekies het.

Jakob

  • Ou naam: Jakob
  • Nuwe naam: Israel
  • Genesis 32:28
  • Die naam Jakob (Ya’akov) herinner aan die Hebreeuse woord vir “hakskeen” (akev) (Gen 25:26). Dit is ook baie naby aan die Hebreeuse woord vir “bedrieg” (akov) (Gen 27:36). God het sy naam na Israel verander om hom ‘n nuwe identiteit te geen – “Israel” (Hebreeus = Yisra’el) beteken “stryder met God” of “God stry”. Dit kom van die Hebreeuse woorde “Yisra” (stry) en “El” (God).

Petrus

  • Ou naam: Simon
  • Nuwe naam: Petrus
  • Matteus 16:18, Johannes 1:42
  • Petrus beteken “rots”. Die naam “Petrus” was ‘n simbool van krag, stabiliteit en leierskap, en sou ‘n herinnering wees aan die fondasie van die kerk.

Benjamin

  • Ou naam: Ben-Oni
  • Nuwe naam: Benjamin
  • Genesis 35:18
  • Ragel het gesterf terwyl sy geboorte geskenk het aan Benjamin. Net voor sy gesterf het, het sy hom Ben-Oni genoem, wat “Swaarkryseun” beteken. Jakob het hom egter Benjamin genoem, wat “Regterhandseun” beteken.

Naomi

  • Ou naam: Naomi
  • Nuwe naam: Mara
  • Rut 1:20
  • Naomi beteken “aangenaam”, “soet”, “lekker” of “mooi”. Weens haar swaarkry het sy haar naam verander na Mara, wat “bitter” beteken.

Salomo

  • Salomo
  • Ander naam: Jedidja
  • 1 Kronieke 22:9, 2 Samuel 12:24-25
  • Volgens 1 Kronieke 22:9 het God bepaal dat Dawid se seun “Salomo” genoem sou word. Die naam Salomo is afgelei van die Hebreeuse woord “shalom”, wat vrede beteken. In 2 Samuel 12:24-25 word genoem dat Salomo ook Jedidja genoem is, wat beteken “die Here het hom lief”. Hierdie naam kom slegs een keer in die Bybel voor.

Sagaria

  • Johannes die Doper
  • Lukas 1:13,59-64
  • Hulle wou Johannes die Doper aanvanklik Sagaria noem, maar hulle het hom Johannes genoem, soos die engel aan Elisabet gesê het. Sagaria beteken “God onthou”. Johannes beteken “deur God begenadig”.

Jesus

  • Jesus
  • Matteus 1:21
  • Die engel wat aan Maria verskyn het, het gesê dat sy haar seuntjie “Jesus” moes noem. Jesus beteken “God is verlossing”.

Ander redes

Josef

  • Ou naam: Josef
  • Nuwe naam: Safenat-Paneag
  • Genesis 41:45
  • Die farao het Josef ‘n Egiptiese naam gegee.

Daniël

  • Ou naam: Daniël
  • Nuwe naam: Beltsasar
  • Daniël 1:7
  • Koning Nebukadneser het Daniël ‘n Babiloniese naam gegee.

Gananja

  • Ou naam: Gananja
  • Nuwe naam: Sadrag
  • Daniël 1:7
  • Verander Hebreeuse naam na Babiloniese naam (soos Daniël).

Misael

  • Ou naam: Misael
  • Nuwe naam: Mesag
  • Daniël 1:7
  • Verander Hebreeuse naam na Babiloniese naam (soos Daniël).

Asarja

  • Ou naam: Asarja
  • Nuwe naam: Abednego
  • Daniël 1:7
  • Verander Hebreeuse naam na Babiloniese naam (soos Daniël).

Paulus

  • Ou naam: Saulus
  • Nuwe naam: Paulus
  • Handelinge 13:9
  • Die naam Paulus word in Handelinge 13:9 en verder gebruik, maar dit is nie ‘n naamsverandering nie, maar eerder ‘n verskuiwing in die manier waarop Lukas, die skrywer van Handelinge, na Saulus verwys. Hierdie verskuiwing kan wees as gevolg van die feit dat Paulus ‘n Romeinse burger was en die naam Paulus was meer algemeen in die Romeinse wêreld gebruik.

Bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui