Johannes die Doper

Kyk ook:

Bediening

In Markus 1 word gesê watter rol Johannes die Doper sou vervul, soos voorspel is deur Jesaja:

(2)In die boek van die profeet Jesaja staan daar geskrywe: “Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit. Hy sal die pad vir jou regmaak. (3)Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit.” (4)Só het Johannes die Doper in die woestyn opgetree. Hy het verkondig: Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe. (5)Die hele landstreek van Judea en al die inwoners van Jerusalem het na hom toe gestroom. Hulle het hulle sondes bely en is deur hom in die Jordaanrivier gedoop.
(6)Johannes het klere van kameelhaar gedra met ‘n leerband om sy heupe, en hy het van sprinkane en veldheuning gelewe. (7)Hy het gepreek en gesê: “Die Een wat ná my kom, is my meerdere. Ek is nie eers werd om te buk en sy skoene los te maak nie. (8)Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop.”

Tydlyn

Die volgende tydlyn is verkry uit The Annals of the World.

Beskrywing Jaar Ouderdom
‘n Engel verskyn aan Sagaria en sê dat ‘n seun vir hom gebore sal word 6 vC
Johannes die Doper word gebore 6 vC 0
Jesus word ongeveer ses maande later gebore 5 vC 1
Johannes die Doper se bediening begin (32 jaar oud) 26 nC 32
Johannes doop vir Jesus 27 nC 33
Jesus se publieke bediening begin. Jesus hoor dat Johannes die Doper in die tronk is. 30 nC 36
Johannes word onthoof (38 jaar oud) 32 nC 38
Jesus se gekruisiging, opstanding en hemelvaart (38 jaar oud) 33 nC

Verskillende bronne gee egter verskillende syfers.

Kyk ook

1 thought on “Johannes die Doper”

  1. Johannes die Doper herinner mens dikwels aan dié verhaal:

    ”Lukas 1:39 En in daardie dae het Maria opgestaan en haastig na die bergstreek gegaan, na ‘n stad van Juda;
    Lukas 1:40 en sy het in die huis van Sagaría gekom en Elisabet gegroet.
    Lukas 1:41 En toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in haar skoot opgespring; en Elisabet is vervul met die Heilige Gees
    Lukas 1:42 en het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Geseënd is jy onder die vroue, en geseënd is die vrug van jou skoot!
    Lukas 1:43 En wat het my oorgekom dat die moeder van my Here na my toe kom?
    Luk 1:44 Want kyk, toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my skoot van vreugde opgespring.
    Luk 1:45 En salig is sy wat geglo het, want die dinge wat deur die Here aan haar gesê is, sal vervul word.”

    Enkele gedagtes hieroor (en mens kan ‘n BOEK oor slegs een vers skryf, alhoewel die BYBELBOEK vér meer van waarde is om aan kosbare oorblywende týd te spandeer):
    – Maria groet
    – Elisabet hoor
    – Kindjie spring in die baarmoeder
    – Elisabet word vervul met die Heilige Gees
    – Nie Jesus of Johannes nie, maar Elisabet word hiér vervul, en waarom?
    – Was die GEES in Jesus ‘baba-gees-groot’, of ‘GOD-se-GEES-Homself-groot’? (verskoon die ‘baba taal’ hier)
    – Ken ons ooit waarlik die Werking van GOD se Gees?
    – Ken ons die diepte van hierdie skynbare ‘blote storie om van Jesus iets te vertel’, of gaan leraars en lesers van die Woord begin wakker skrik, dat GOD se GEES in Sy volheid, nie ‘ontwikkel’ het soos ‘n babatjie tot ‘Volwasse -Wees-Mensdom’ nie, maar reeds voor die Skepping, die Allermagtige ‘Gees-Wese’ en Heerlikheid van GOD was en is en altyd sal wees.
    – Reflekteer leraars, ouderlinge, diakens, Bybelstudieleiers, Selgroepleiers, Christen Radio Omroepers en Sangers, Christen ‘Sekulêre Leiers’ se woorde en ‘beloftes’, iets hiervan? Die prentjie van ‘Lam asof Geslag’ in Openbaring 5, was tog reeds in GOD se Ewige Raadsbesinning vóór die bestaan van die Skepping in Genesis 1:1?
    – Was GOD se Gees soos ‘n ‘fopspeen’ in Sy Mond toe Hy geskep het, en toe in Openbaring 5, ‘ontwikkel’ en ‘gegroei’ tot hierdie Magtige ‘Sewe Geeste’ en ‘Sewe Oë’ en ‘Sewe Horings’? Baie preke klink só.
    – Kan met GOD se GEES gedobbel en gewoeker word soos met ‘n ‘777-slotmasjien’, om te kyk wat mens kan ‘wen’ uit GOD se Woorde?
    – Is die ‘reënboog’ by GOD se TROON die kléúr van ‘smarag’ of die kleure van die ‘reënboogrefleksies van meesste leraars se harte in die wèreld’?
    – Is GOD se Woorde beklee en bekragtig met ‘SY TROON van smarag outoriteit’ se Heerlikheid, of is GOD se Woorde soos die ‘reënboog kleur-woorde van meesste leraars in die wèreld’?
    – Lees mens GOD se Woorde soos ‘n tydskrif….’n koerant….’n storieboek…of ‘kyk’ ‘n person daarna soos ‘n TV met ‘passiewe kognitiewe persepsie’?
    – Hoe lees mens, en wat dóën mens met GOD se Woorde?
    – Kan GOD se GEES met jou eie gedagtewêreld kommunikeer, of leef Hy in álles van ‘n wedergebore mens, maar nie in die mens se ‘gedagtewêreld’ nie?
    – Moet gedagtes ‘REFORMEER’ word of ‘TRANSFORMEER’ word, en hoe?
    – Word mens deur GOD se GEES toegelaat om enige woord of idee of prentjie of voorstel of skrywe of aksies te verrig, wat nié presies met KJV?…of 1933-vertaling?…of ESV? vertaling…ens ooreenstem nie, selfs nie eens in dieselfde volgorde nie?
    – Watter Bybelvertaling is vir GOD 100% aanvaarbaar?
    – Watter ‘tipe hart’ van ‘n mens is vir GOD 100% aanvaarbaar?
    – Mag mens ‘dink’ oor GOD, of is alle gedagtes oor GOD en vrae ontoelaatbaar, as die ‘100% spieëlbeeld’ nie ‘gevind’ kan word in die BYBEL nie?
    – Stel GOD ooit belang in mens se Naam, Van, Identiteitnommer, Adres, Bankrekeningnommer, Ander ‘rekeninge’, ens., as die ‘inkletters of digital verwysinge’, nié PRESIES ook só verskyn in die Bybel nie? Of most ‘n Afrikaanse person dit gaan opsoek dalk in die Hebreeus, Grieks vertalings, en in welke van die ‘variante’ en/of antieke tekste of fragmente, is nou wáárlik ‘geïnspireer deur GOD se GEES’?
    – Hoeveel Aborsies was daar alreeds in die Wêreld, of het ‘fetusse’ geen ‘gees’ nie, en wanneer betrek die ‘mense gees’ die fetus?
    – Kán die ‘Heilge Gees Werkinge’, ‘aborteer’ word met ‘vlymskerp skalpelmeswoorde’ vanuit ‘n mens, ‘n kerk, of selfs vanuit ‘n ‘brief’, of ‘Rekening wat aan ‘n Organisasie gestuur is deur die Hemel, vir Heilige Gees Naamskending Werkinge oor Debiete en Krediete wat wetlik aangestelde SARS Openbare Amptenaar’, verontrus het?

    Slotsom:
    – Wie het wáárlik nog die GEES van GOD by hul , letterlik en figuurlik?
    – Jy mag só dink, maar lees eerder die volgende woorde, want ‘martelaar asharte’ roep uit in die Hemel om ‘finale oordeel’, want die wêreld is in stikdonkerte geestelike duisternis, en wìs dit nie eens, allermins bovermelde leiers.

    “Openbaring 4:3 En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was ‘n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos ‘n smarag.
    Openbaring 4:5 En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand;
    Openbaring 4:6 en voor die troon was daar ‘n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens vol oë van voor en van agter.”

    “Openbaring 5:6 En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar ‘n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui