Wie is Hugh Ross?

Hugh Ross is ’n Christen sterrekundige en die stigter van Reasons to Believe (kyk www.reasons.org). Hy is egter ’n voorstaander van progressiewe skepping (kyk Wat is ou-aarde skeppingsleer?). Hy ondersteun feitlik alles was die sekulêre wetenskap van die geskiedenis van die heelal beweer:

  • Oerknal ongeveer (13.7 miljard jaar gelede)
  • Ouderdom van die aarde (4.6 miljard jaar)
  • Evolusietydlyne

Hy verwerp wel biologiese evolusie (dat verskillende soorte lewende organismes kan ontstaan vanuit ’n ewekansige proses).

Hy word baie sterk gekritiseer op die webwerf www.creation.com. Kyk creation.com/hugh+ross.

In The Fingerprint of God, p178 sê hy die volgende:

“If the time since the creation of the universe were scaled down to a single year, the whole of human history would be less than one minute.”

Dit is baie teenstrydig met wat Jesus sê – kyk Jesus oor die ouderdom van die aarde.

Kyk ook:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui