Gnostisisme

Kyk ook:

Gnostisisme is ’n mistieke godsdiens en filosofie wat elemente bevat van onder meer die okkultisme, Oosterse mistisisme, astrologie, toorkuns, Judaïsme, Christelike leer, Griekse filosofie en selfs Zoroastrisme. Die term gnostisisme is afgelei van die Griekse woord gnosis wat “kennis” beteken. Gnostici glo dat die mens se siel, wat deel is van die godheid of Gees van God, in die fisieke wêreld vasgevang is en net daaruit kan ontsnap en na sy goddelike oorsprong kan terugkeer deur spesiale kennis (gnosis).

Volgens die HAT: Gnostisisme is ’n filosofiese en godsdienstige stelsel van die 1ste tot die 6de eeu, wat geleer het dat kennis eerder as geloof die sleutel tot die saligheid is.

’n Gnostikus is ’n aanhanger of voorstander van die gnostisisme.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui