Wie is Francis Collins?

Francis Collins is ’n teïstiese evolusionis (geloof dat God evolusie gebruik het om te skep).

Francis Collins is een van die wêreld se voorste genetici, wat bekend is vir die leiding van die Human Genome Project (en dit suksesvol voltooi voor skedule en onder die begroting). Hy is ook ’n Christen wat as volwassene tot geloof gekom het toe hy sy tweede doktorsgraad voltooi het.

Collins het nie in ’n godsdienstige huis grootgeword nie – selfs toe hy na ’n plaaslike kerkkoor gestuur is om musiek te leer, het sy ouers hom vermaan om versigtig te wees vir die teologie! Op kollege was hy ’n uitgesproke skeptikus. Nadat hy ’n doktorsgraad in chemie aan Yale voltooi het, het hy na die mediese skool gegaan en daar besluit om die onderwerp van godsdiens te ondersoek om seker te maak dat sy ateïstiese oortuigings goed gegrond is. Hy het met die geskrifte van C.S. Lewis in aanraking gekom en vir die eerste keer ’n beredeneerde saak vir geloof gekry. Hy het van sy studie af weggegaan met die mening dat dit redeliker is om te glo as om nie aan die bestaan van God te glo nie, en dat agnostisisme bloot draadsittery was.

Vir meer oor sy sieninge, kyk Harmony and discord, A review of The Language of God: A Scientist Presents Evidence for Belief by Francis S. Collins.

Kyk ook:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui