Eersgeboortereg

Wat het Jakob geneem toe hy Esau se eersgeboortereg geneem het?

Die eersgeboortereg was die natuurlike voorreg van die eersgebore seun. Deur die eersgeboortereg te ontvang, sou die eersgeborene die hoof van die gesin word, en sou hy beheer oor die gesin hê, insluitend die familie-eiendom. Hy sou verantwoordelik wees vir die welsyn van die jonger seuns, die weduwee en enige ongetroude dogters.

Kyk ook

2 thoughts on “Eersgeboortereg”

  1. Ek soek graag na antwoorde op vrae uit die bybel wat ek sedert 2002 begin bestudeer het. Iets wat my opgeval het met my bybel studies, is die geboorte lyn vanaf Adam tot by die geboorte van Jesus wat elke keer oorgedra is deur die eersgeborene van elke geslag. Natuurlik uitgesluit met Kain en Abel waar die eersgeboortereg na Set is agv. Kain wat vir Abel doodgeslaan het en weggestuur is, Isak, gebore uit Sara en nie Ismael wat gebore is uit die Egiptiese slavin Hagar nie en dan ook Esau wat sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop het vir lensie sop.
    My vraag is nou; sluit die eersgebore reg dan nie juis ook die belofte dat die Verlosser uit die eersgeborene gebore sou word as deel van die eersgeboortereg nie? Dan verstaan ek ook beter hoe erg misstap die daad was wat Esau gedoen het deur sy eersgeboortereg te verkoop het aan Jakob.

    1. Sonder om ‘n in diepte studie te doen: Juda, Dawid en ook Salomo, wat in Jesus se geslagsregister is, was nie die eersgeborenes nie. Ek dink dus nie dat ‘n mens moet aflei dat Esau ook daardie (voor)reg afgeteken het nie. Volgens Romeine 9 gaan dit bloot oor uitverkiesing: “(10)… Rebekka was net een keer swanger, deur ons voorvader Isak. (11-13)Toe haar kinders nog nie gebore was nie en ook nog niks goeds of kwaads gedoen het nie, toe is al vir haar gesê: “Die oudste sal die jongste dien.” Daar staan ook geskrywe: “Vir Jakob het Ek liefgehad, maar vir Esau het Ek gehaat.” Die besluit van God is gegrond op uitverkiesing; dit hang dus nie af van wat ‘n mens doen nie, maar van Hom wat jou roep.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui