Doop verdeel gemeente

Die volgende artikel het oorspronklik in Rapport verskyn.

Dit is baie ironies dat daar beweer word: “Met die kinderdoop glo die NG Kerk die evangelie is op die spel.”, maar dan word daar veel meer belangrike kwessies in die NG Kerk bevraagteken (kyk Opsomming van skokkende NGK-besluite).

***********

Doop verdeel gemeente

RAPPORT, 6 FEBRUARIE 2005

JOHANNESBURG FINAAL

NUUS BL. 23

MARLENE MALAN Bellville

‘n Sluier van geheimhouding is die afgelope week oor een van Kaapstad se rykste gemeentes getrek oor ’n klag wat gemeentelede teen twee van sy predikante ingedien het — onder meer oor hul ondersteuning van die grootdoop en hul “charismatiese” geneigdheid.

Geeneen van die predikante van die NG kerk Welgemoed in Bellville, waar die minister van omgewingsake en toerisme, mnr. Marthinus van Schalkwyk, ook ’n gemeentelid is, wou gister iets oor die bakleiery en onmin sê wat al maande lank dreig om dié kerk in twee te skeur nie.

Ds. Chris Liebenberg, wie se beweerde optrede saam met dié van sy kollega, ds. Frik de Beer, ondersoek word, het aan Rapport gesê hulle “is gevra om niks aan die pers te sê nie”, maar hy het bevestig dat daar ’n ringskommissie-ondersoek na hulle is. “Maar ek kan nie antwoord nie. ’n Verhoor is aan die gang nadat ’n klag ingedien is.”

Gemeentelede skinder egter al maande lank dat Liebenberg en De Beer sowat 20% van die gemeente “aan hul kant” het vanweë hul ondersteuning van die grootdoop, en dat die ander 80% hulle agter die ander predikant, ds. Heerden van Niekerk, wat die kinderdoop ondersteun, geskaar het. Van Schalkwyk is glo een van dié wat hom agter Van Niekerk skaar.

“Dis ’n verskriklike ding en ’n groot bakleiery,” het ’n gemeentelid aan Rapport gesê. “Die gemeente is al klaar in twee geskeur en almal probeer nou red wat te redde is.”

Van Niekerk het botweg geweier om met Rapport te praat en het via ’n gemeentelid alle navrae na ds. Kosie Delport van die NG kerk Stellenberg verwys. Delport is lid van die kommissie van ondersoek.

Volgens Delport weet hy nie veel van wat daar aangaan nie, “maar ek is deel van ’n ondersoekkommissie nadat ’n klag teen twee predikante van Welgemoed ingedien is”.

Delport het gesê die klag “is hangende omdat besluit is daar moet eers pastorale aandag aan die klaers en die aangeklaagdes gegee word. Dié proses moet nou eers sy loop neem, maar dis vir my moeilik om hieroor te praat. ’n Mens kan seker nie ’n regter vooraf oor uitsluitsel in ’n saak vra nie. Maar dit is so dat die NG Kerk ’n bepaalde standpunt oor die kinder- en grootdoop het.”

Rapport het intussen vasgestel dat Liebenberg en De Beer se “charismatiese” gebruike glo ’n erge steen des aanstoots vir talle gemeentelede is — wat grootliks welgestelde, professionele mense is. “Dit gaan om die doop en ’n handeklappery. Dit strook nie met NG gebruike nie. Die meeste is daarteen gekant, maar ’n fundamentalistiese klomp volg dié twee na.”

Hoewel die twee predikante nog nie in hul amp gestuit is nie, gaan “fasiliteringsgesprekke” glo voort en “buite-predikante” is ingeroep om weer orde tussen die rykes te help skep. “Dis nou al hoër as ringsvlak. Dit gaan om mense in ’n situasie wat hulp nodig het.”

By navraag het prof. Flip Theron, emeritus-professor van die Universiteit van Stellenbosch, aan Rapport gesê die kinderdoop is een van die leerstellings van die NG Kerk.

“Dis wat predikante belowe wanneer hulle gelegitimeer word. As predikante nie meer hiermee saamstem nie, kan ek nie sien hoe hulle deel van die NG Kerk wil bly nie. Dis tog net billik om dan uit die kerk te bedank. Met die kinderdoop glo die NG Kerk die evangelie is op die spel. Dit gaan om ons omhelsing van genade. Maar daarby sê die NG Kerk ook nie dat die grootdoop die kern van ons geloof verwerp nie. Vir die NG Kerk is die kinderdoop ’n basiese sakrament waarin God ons sy Woord gee en absolute vertroue vra. En absolute vertroue was nog nooit maklik nie. Dis ’n ont-[Oorspronklike artikel stop hier.]

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui