Die Opgestane Jesus verewig my Godsbegrip

Hoe moet ons begryp hoe God te werk gaan in ons midde en hoe moet ons verstaan wat Hy aan ons probeer reflekteer of openbaar midde die kruis en Jesus?

‘n Tyd gelede, tydens samekomste van bekende teologiese akademici, het ‘n bekende professor verbonde aan ‘n teologiese kweekskool, die volgende oorgedra: Hy het begin deur ‘n brief voor te lees wat hy ontvang het van ‘n beswaarde dame. Die brief bevraagteken die kruisiging van Jesus as die Christus deurdat sy bevraagteken hoe die Vader kon toelaat dat sy seun so wreedaardig behandel word om ‘n ideologie (‘n Christen geloof) te bewerkstellig. Sy het onder andere gevra: “Watter vader sal dit aan sy eie seun doen?” en, “as God ‘n vrou was, sou sy heeltemal ander opgetree het”. Die betrokke professor se reaksie was dat God se wreedheid ’n probleem is, en die vraag gevra of God nie eerder uit die prentjie verwyder moet word ten gunste van ‘n Jesus nie?

Ander maak openlik die kruis gebeure af as ‘n mite, en ‘n ander het die kruis gebeure en hele Skrif in twyfel getrek, en as ‘n historiese boek van fabels beskryf. Sommige mense wat as professore, lektore en leraars by teologiese fakulteite of elders betrokke is, ondersteun of huldig ‘n nuwe voorstelling van sekere of alle Skrif gebeure, wat deels die Jesus Seminaar se siening weerspieël. Die Jesus Seminaar is ‘n Godlasterlike organisasie wat primêr die verstaan van Jesus as seun van God ontken, Jesus se maagdelike geboorte en Jesus se opstanding bevraagteken of ontken, en die kruisdood as ‘n mite af maak, om net sommige opvatting uit te lig. Soos ander gelowe erken hulle net ‘n God wat ‘n God van alle gelowe is. Hulle siening word ook ondersteun deur meeste postmoderniste, wat sommige verligtes, liberaliste en humaniste insluit. Hoe moet ons dan die Drie-eenheid verstaan midde hierdie lasterlike aantygins?

Eendag het ‘n paar eerste module studente, verbonde aan ‘n Bybelskool, my gevra om vir hulle die verstaan van die Drie-eenheid te verduidelik. Ek het ‘n elektriese ketel geneem en vol water gemaak, ‘n leë glas neergesit en met die ketel, die glas vol gemaak. Verder het ek verduidelik dat hulle die water in die ketel moet voorstel as God en die glas water as Jesus, want die water in die glas kom tog van die water in die ketel. Verder het ek die ketel aangeskakel, ‘n leë glas voor sy tuit gesit en met ‘n piering bo oor die tuit, die stoom, wat teen die piering druppel gevorm het, laat drip in die leë glas. Om ‘n lang storie kort te maak, het ek verduidelik dat hulle God as die water in die ketel moet sien, Jesus as die water in die vol glas, as die Seun van God, en die stoom wat uit die ketel gekom het as die Heilige Gees. As die twee glase water weer in die ketel gegooi word, is jy weer by die begin. Dus, ‘n Drie Enige God wat orals kan wees maar ook een is. Hierdie voorstelling word gemik op die voorafgaande ontkenning van ‘n God wat Drie Enig is, en bevestiging van ‘n Godsbegrip wat deur die kruisgebeure bekragtig word. Jesus se kruisdood en opstanding is ‘n toonbeeld van hoe God se belofte deur Jesus die Christus teweeg gebring word (Rom 3:25-26), en waarvan die Heilige Gees deel van sou word (Joh 14:15-31). Dus, hoe moet ons God midde die kruisgebeure waarneem en verstaan?

God het die wêreld so lief gehad dat hy sy enigste seun gestuur het (Joh 3:16). Dus, in die vorm van ‘n menslike gestalte, sy seun, het God hom aan die mensdom kom voorstel. God se doel was veel ledig, waarvan ek net drie wil uitlig: om vir die mens ‘n nuwe dispensasie in die vooruitsig te stel deur Sy genade, ‘n ewige lewe (1Joh 2:23b-25); om mense, deur Jesus, tot bekering te lei (Lukas 5:32), en deur Jesus se kruisdood, aan almal ‘n Godsbegrip bekend te stel. Hoe moet ons Godsbegrip wees midde strominge van dwaalleer en Wie is u Jesus?

Eerstens moet ons besef wie God is. Hy is die almagtige God wat skep, hemel en aarde, en baie belangrik, Hy het die mens geskep vir sy eie plesier (Ps 104:31, Direkte vertaling; Op 4:11 KJV). God is drieledig maar een, Drie ewige Persone in ‘n perfekte eenheid tot in alle ewigheid (Mat 28:19), soos ek verduidelike het met die ketel en water. Met anderwoorde, God is Jesus en terselfde tyd ook die Heilige Gees. Kom ons kyk nou na Jesus aan die kruis: Eerstens, wie is Jesus as hy aan die kruis hang? Is hy nie God in ‘n ander gestalte nie? Tweedens, wat is die belangrikste kruis boodskap? Is dit nie vergifnis in ‘n breë konteks nie? Byvoorbeeld, vergifnis van mense se sondes en vergifnis vir dit wat die mensdom aan Hom gedoen het, sy Godheid ontken en hom gekruisig het. Daarom moet ons as mens verstaan dat ons nie God fisies kan pynig nie. Daardie menslike liggaam wat gelei en geween het aan die kruis, was ‘n toonbeeld van God se hartseer vir so baie mense wat nie in sy Godheid en almag geglo het nie, en daarom het hy in ‘n menslike gestalte sy Godheid deur Jesus kom toon. Die minagting van Jesus, dan God se aardse vorm, was ‘n direkte minagting van God. Die mens wat Jesus vervolg het, het geen Godsbegrip gehad nie, so ook die mense wat hom nou nog vervolg, ‘n wanvoorstelling of opvatting van ‘n Godsbegrip het. Met ander woorde, teenstellende Bybelse uitlaatings ontkennings en se voorts, wat nie in lyn is met die Geskrewe Woord is nie, en voorstaan en verkondig (1Joh 2:18-23a). Daarom, Jesus is..

Jesus die Christus is werklik die seun van God. Soos ek in die Godsbegrip-verstaan verduidelik het, demonstreer die kruisdood sekerlik die belangrikste gebeure van Jesus se aardse doelstelling. Dit kan gesien word as ‘n samestelling van twee belangrike faktore: bekendstelling van sy Vader se genade in die vorm van ‘n Hiernamaals, en sy bloed aan die kruis wat lei tot vergifnis van ons sonde sodat ons die pad na die beloofde Hiernamaals met vertroue kan aandurf, wetend dat Jesus, deer middle van die Heilige Gees, ons sal vergesel in elke tree wat ons gee, ons sal lei (Joh 17:13-15), en bewaar (Joh 14:15-18). Daarom is dit baie belangrik dat ons Jesus en sy kruisdood moet vereenselwig met ons geloof. Paulus skryf juis in 1 Korintiërs 15:14,17 oor die belangrikheid, aldan nie, van Jesus se opstanding na sy kruisdood, want as dit nie so was nie, dan sal ons geloof platval en is dus waardeloos. Die befaamde teoloog Gerald O’Collins skryf die volgende: “In a proufound sense, Christianity without the Resurrection is not simply Christianity without its final chapter, it is not Christianity at all.” Kom ons aanvaar Jesus as die Christus, seun van die Lewende God, wie vergestalt is in die Heilige Gees, om ons vry te maak van ons sondes en na ‘n ewige lewe te lei.

Philip Coetzee (Dip Bybel Ekseges, Bth Honeurs)

Jesus Apologeet en Aktivis

1 thought on “Die Opgestane Jesus verewig my Godsbegrip”

  1. Dis die waarheid wat ons vry maak..Ek is danbaar dat ek weet wat ek weet,,En dat daar mense is soos julle wat dit alle so mooi duidelik maak,

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui