Bybel slaag as handboek oor geslagsake

*******

Bybel slaag as handboek oor geslagsake | Volksblad

Mauritz Wentzel, Somerset-Wes

Volksblad, 29 Junie 2023

J.A. van den Heever se stellings oor seksualiteit en die outoriteit van die Bybel (28.06) getuig van diepgaande onkunde op ’n diepergaande vlak as dit waaroor daar op Henriëtta Klaasing se tone getrap word.

Net soos in die Bybelse tyd waar “seksuele voorkeure allermins op keuses berus het”, sien ons dat hierdie patroon nie uniek is nie, maar met die gevalle te bespeur in die Bybel self ooreenstem.

Bybelskrywers is deur die Gees van God geïnspireer en daarom is stellings soos: “As mense van hul tyd was die Bybelskrywers uiteraard totaal onbewus van hoe kompleks menslike seksualiteit en seksuele voorkeure is,” nie ’n aanval op die intelligensie van Klaasing of die Bybelskrywers nie, maar op die Skepper wat die mens geskape het.

Van den Heever plaas sy vertroue en definisie van die waarheid rakende seksualiteit op die siening van Dick Swaab, ’n uitgesproke ateis wat verklaar dat godsdiens in kinderbreine deur hul ouers geprogrammeer word.

Waar is sy navorsingstudies wat bewys dat geloof nes seksualiteit en gender al in die baarmoeder ontwikkel?

So ’n studie sal ook nie met die Skrif ooreenstem nie.

Die hele argument van Van den Heever bewys net weer eens hoe mense hul vertroue en geloof op veranderende wetenskappe en nie op die onveranderde Woord van God baseer nie.

Nie net is die Bybel korrek oor geslagsverhoudings nie, maar het die Bybel ook argeoloé, dokters, wetenskaplikes ensomeer op die neus laat kyk en verwonderd gelaat oor stellings en waarhede wat duisende jare voor die wetenskap al in die Skrif aangeteken is.

Ja, wetenskap is van uiterse belang. Absoluut. Maar wanneer die wetenskappe teenstrydig raak met die Skrif, word Christene uitgedaag om ’n keuse tussen vertroue in die mens en vertroue op God uit te oefen.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui