André Bekker ondersteun Chris van Wyk se verkiesing

Deur André Bekker

14 Oktober 2021

Ek verwys na die berig Omstrede NGK-predikant nuwe moderator van sinode van Oos-Kaapland, 12 Oktober 2021. Ek is dankbaar dat dr. Chris van Wyk tot moderator van die sinode van Oos-Kaapland verkies is. Ek het hom leer ken as ʼn man van integriteit wat die Bybel as Woord van God met deernis en ontsag hanteer.

Hennie Pienaar, stigter van Queers Without Borders (QWB) se reaksie op Van wyk se verkiesing kom nie as ʼn verrassing nie. Dit is sprekend van sy onverdraagsaamheid en onwilligheid om diversiteit in seksuele oriëntasie te aanvaar, terwyl hy dit van ander verwag.

Toe Van Wyk in 2018 na pedofilie as ʼn seksuele oriëntasie verwys het, was hy in die kol en in goeie geselskap van vooraanstaande forensiese sielkundige en ander navorsers wat sy standpunt huldig.

Pienaar was egter opportunisties en kon nie gou genoeg politieke munt probeer slaan uit Van Wyk se uitspraak nie. Dit, ongeag of sy aantygings vals is en hy op mense van ander oriëntasie se waardigheid trap of teen hulle diskrimineer en hulle oriëntasie misken en verdagmaak nie. Vandaar dan die ongegronde haatspraak klagte by die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie (MRK).

Toe die MRK egter as klaer teen Van Wyk in die gelykheidshof opgetree, kon ek nie anders as om op 26 Augustus 2020 namens Voice of the Voiceless Advocacy (VOTVA) ʼn klagte by die voorsitter van die MRK raad, teen die MRK in te dien nie. Die klagte behels diskriminasie op gronde van seksuele oriëntasie en die skending van pedofiele se waardigheid deur die MRK.

Die klagte van Pienaar en uitlatings deur lede van die NG Kerk, onder andere dr. André Bartlett, het daartoe aanleiding gegee dat ek namens VOTVA op 30 September 2020 ʼn klagte by die MRK aanhangig gemaak het, teen onder andere die NG Kerk en Pienaar/QWB. Die klagte behels ook diskriminasie op gronde van seksuele oriëntasie en die skending van pedofiele se waardigheid.

Pienaar moet eerder hand in eie boesem steek en liefs eers die balk uit sy eie oog haal, dan sal hy mooi kan sien om die splinter uit ander sin te haal.

André Bekker
VOTV@Protonmail.com
083 419 8807

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui