Simon van Sirene

Kyk ook:

Simon van Sirene is die persoon wat Jesus se kruis gedra het toe Hy nie meer kon nie. Ons lees van hom in:

Markus noem dat hy die pa van Aleksander en Rufus was. Dit is opvallend, want Markus sou nie hulle name genoem het as hulle nie bekend was nie.

Ons lees nie weer van Aleksander nie, maar in Romeine 16:13 skryf Paulus: “Dra ook my groete oor aan Rufus, die voortreflike werker in diens van die Here, en aan sy moeder, wat ook vir my altyd ‘n ma was.

Die afleiding is dat Simon en sy gesin na Jesus se opstanding, deel geword het van die vroeë kerk.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui